President Zuma, L… sal ongelukkig wees met jou!

Op 22 April het ek as onafhanklike observeerder by die verkiesing opgetree. Langs my het ‘n jong swart student uit een van die local plakkerskampe het naby ons gemeente gesit. Oor tyd het ons mekaar bietjie leer ken. Kom ons noem haar maar net L… . L… moes die aand saam ons terugry, maar omdat die verskillende verkiesingstasies op verskillende tye klaargemaak het, en ons s’n nogals vroeg klaargemaak het, het ek en L… nog ‘n goeie uur of twee gewag vir ons lift.

Binne die konteks van die dag het ons natuurlik bietjie politiek gepraat. Ek weet L… het nie vir die ANC gestem nie, en wou graag uitvind hoe sy dan nou dink. Oor Zuma het L… ‘n opmerking gemaak wat blywend aan my knaag. Haar grootste kritiek op die man was nie sy opvoeding of korrupsie of moontlike kriminele rekord eers nie (die goed wat ek maar gereeld gehoor het in die kringe waar ek beweeg), maar dit was wat Zuma aan vroue in hierdie land gaan doen. As Zuma president word, of op daai stadium eerder wanneer Zuma president word, gaan dit nie goed wees vir vroue in Suid Afrika nie, dit gaan dinge vir ons moeiliker maak. So was die trant van L… se kritiek.

Ek het Zuma van tyd tot tyd al gemention op hierdie blog, en meestal was die negatief voor die verkiesing, maar die een kort opmerking na die verkiesing was positief. En ek moet erken, daar is baie wat gebeur het in die laaste paar maande waaroor ek positief was, en gedink het hy verbaas my eintlik met regtig goeie skuiwe. Maar L… se kritiek het aan my bly knaag. Toe Zuma nog ‘n vrou vat het ek oor L… gewonder. Nie omdat ek per se ‘n moreel-etiese probleem met poligamie sal hê binne sekere kontekste nie, maar omdat ek gevoel het dit versterk die persepsie dat vrouens veronderstel is omtotaal afhanklik  te wees van magtige mans, en die idee dat mans seksuele masjiene is wat nie deur een vrou bevredig kan word nie.

Maar vanoggend weet ek: L… sou baie ongelukkig gewees het. Vanoggend se nuus sou herinner het aan die verkragting-sage van vroeër jare. Dit sou weereens bevestig het dat ons in ‘n land bly waar mans (en moet nie vir ‘n oomblik dink wit mans is onskuldig nie) seksueel beheer uitoefen, en waar dit eintlik moreel aanvaarbaar geraak het vir mans om hul eie vrouens nie te respekteer nie, en seks te hê waar hulle ookal wil en kan regkom.

President Zuma: Soos jy kan dink sal L… baie ongelukkig wees met die huidige gebeure. En met goeie reg word daar oor HIV en vroueregte gepraat. Kan ek maar dalk net nog ‘n gedagte byvoeg? Een van die grootste onregte wat die Apartheidsregering aan die land gedoen het, was die trekarbeid sisteem wat massas gesinne opgebreek het, huwelike verwoes het, kinders vaderloos gelaat het. Die effekte gaan nog vir generasies by ons bly. Sulke optrede soos wat ons nou al weer oor moet praat, versterk die problematiek wat hiermee gepaardgaan. Asseblief, ek smeek jou. Die land het vir jou gestem deels om die probleme wat steeds oorbly n.a.v Apartheid te help oplos, moet dit asseblief nie vererger nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: