George Claassen en die “gemiddelde lidmaat”

Vandag was weer een van daai interessante dae van wyd uiteenlopende ervaringe. Van George Claassen tot by die “gemiddelde lidmaat”. Wel, ek moet darem net kwalifiseer dat die “gemiddelde lidmaat” in my eie opinie ‘n bitter slegte beskrywing is, en gewoonlik meer dui op wat die gebruiker daarvan wil hê die “gemiddelde lidmaat” moet wees, as wat empiries bewys sou kon word. As dit by sake soos ewolusie kom, is ons gemeente moontlik ook nie die “gemiddelde gemeente” nie. Ons het al op verskeie geleenthede as predikante ons waardering teenoor die wetenskap uitgespreek, en Bybelse skeppingsverhale gepreek as geen wetenskaplike teorie nie, maar as betekenisgewende narratiewe bespreek.

Elkgeval, kom ons aanvaar nou maar “for the sake of the argument” dat die gemiddelde lidmaat die mense was wat ek in die uur of twee voor George Claassen se bydrae by die fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria se fakulteitsopening. Twee gesprekke staan vir my uit. Een met iemand wat probeer sin maak van standpunte wat ‘n gepersonifiseerde duiwel verwerp, en ‘n ander van iemand wat met die realiteite van Christen-Ateïstiese huwelike in ‘n familie moet werk.

Claassen praat van bygelowe, maar ek sien hoe “gemiddelde lidmate” van hierdie bygelowe begin ontslae raak, en dit sonder die hulp van die new-atheists. ‘n Goeie dosis teologie help hierin. Wens hy wou dit erken.

Na Claassen se bydrae het ek beleef dat gelowig en ongelowig nou so sterk gepolariseer is dat ons min vir mekaar te sê het, maar die realiteit is dat menigte mense in baie nou verhoudinge saamleef, mekaar se opinies leer waardeer, en saam sin maak van die wêreld sonder om mekaar te hoef te oortuig, alhoewel hulle steeds in kritiese gesprek bly. Ek wens hy wou net met bietjie meer waardering luister.

Moet darem ook net byvoeg dat ek dink Claassen het vandag sy crowd bietjie misgelees. Daar is min sin daarin ‘n kerkgebou vol professors en gedoktoreerdes in die teologie te probeer oortuig om Darwin ernstig op te neem nie. Dit help nie om hulle op dieselfde vlak te sit as Stellenbosch se kreasioniste nie (jammer Stellenbosch, ons het hulle ook, ek verbeel my net George het op ‘n stadium oor Shofar geblog toe hy nog geblog het).

Elkgeval, ek sal maar teruggaan na die gewone lewe toe, waar baie Christene en Ateïste dit regkry om in liefde saam te werk vir die greater good van die samelewing.

Advertisements

One Response to George Claassen en die “gemiddelde lidmaat”

  1. Albert sê:

    Die verskillende antwoorde wat George Claassen gegee het op vrae aan hom gestel asook sy antwoord aan die referente het dalk die balans waarna jy soek teruggebring. Selfs Nelis se bedanking het dit positief belig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: