vroue.

Jacob Zuma trou hulle, en het seks met hulle. Met baie.

Die “gemiddelde man” ken ‘n paar goeie grappe oor hulle.

Oom Angus beklemtoon deesdae baie dat hulle nie onderdruk moet word deur hulle mans wat hernude gesag gevind het nie.

Hulle is die meerderheid van die menslike spesie.

Hulle leef generally langer as mans.

Hulle het by verre die minderheid van oorloë deur die geskiedenis gemaak.

Deesdae kan hulle mos stem, mag werk, mag swot. So hoe sal ons dan nou waag nog oor vroue ‘n woord uiter?

Baie dinge het my aan die dink oor vroue hierdie week. Die belangrikste Sondag se preek (en wat hiermeer gelykstaan is meneer Zuma se eskapades). Op 18 was feminisme vir my ‘n vloekwoord. Weet nie wat ek oor feminisme gedink het nie, maar dit was nie goed nie. Ek weet Yolande Dreyer het my kop begin swaai. Eers deur hoe sy een oggend in ‘n klas debat oor die uitbeelding van Jool prinsesse die gesprek hanteer het. Later deur ‘n artikel wat sy vir ons voorgeskryf het (wat ek weer iewers sal uitkrap) wat skielik op 20 my kop radikaal geswaai het.

Nog ‘n belangriker stem in my opvoeding oor gender was die vrou wat vandag aan my grtroud is. Sy was 16, en ek ‘n jong arrogante teologie student, en sy moes my kom leer dat sy ‘n totaal ander beeld van God het, want sy is ‘n vrou. Sy het my godsbeeld verander.

My vroue-kolegas in die kerk het oor tyd vir my ongelooflik waardevol geraak. By hulle het ek perspektiewe gevind wat van ongelooflike waarde was. Vroue, vriendinne, het belewenis van die transendente kom wys, en as ek ooit sal kan sê dat ek iets van die misterie van God ervaar, dan sal dit wees danksy soveel vroue wat oor my pad gekom het. Hulle het my kom leer oor vrede. Oor vergewe. Oor omgee. Oor liefde. Ja, oor die belangrikste van geloof.

Ek waardeer hoe ver my eie kerk al gekom het, dat ons 20 jaar lank al vroue predikante het, en dat vroue al hoe makliker beroepe vind. Maar ek wonder of hierdie sisteem wie se sleutel leiers bykans uitsluitlik manlik bly sal bereid wees om dit vir vroue so veilig te maak dat hulle werklik ‘n radikaal ander perspektief op die tafel sal sit? Om as vroue deel te neem al voldoen hulle nie aan ons manlike vereistes vir “sterk leiers” nie. Want as ons dit nie doen nie, dan wonder ek oor al ons gepraat oor die kerk en die toekoms, en of ons hoegenaamd gaan vorder.

Dalk is ek te negatief. Maar as dit net mans gaan wees wat sê ek is te negatief, dan gaan ek maar vereers my bekommernis troetel…

Advertisements

4 Responses to vroue.

  1. Marina sê:

    Cobus,dankie dat jy die tyd neem om met vroue te praat en actually te luister. Ouens soos jy gee my die selfvertroue om ook te kan sê wat ek dink. En ja, wat die kerk betref het ons al ‘n hele ent gekom, maar die reis is nog nie klaar nie. En ‘n mens kan seker lank praat oor gesindhede onder mans wat moet verander, maar ek bly dink aan wat Rene August by Amahoro gesê het: Ons vroue moet ook ophou bang wees. Vir mans. Vir mislukking. Vir ‘n klomp goeters. En dan moet ons iets na die tafel toe bring. Omdat dit wat ons sê, nodig is om gesê te word. Omdat juis ons weerloosheid ‘n onontbeerlike en ‘n wesenlike deel van die kerk se verhaal is.

  2. tiaan sê:

    Hehe, ja ek is nou nie ‘n vrou nie, so ek sal eerder net ‘n versigtige opinie waag…
    Ek deel Cobus se bewondering en waardering vir ons vroue-kollegas. Hulle is awesome. Een van hulle is onlangs in ons sinode bevestig en ek kan nie wag om by die opkomende predikante-konferensie saam met haar te kuier nie. Granted, sy is een van bitter min in die provinsie, en die provinsie is nie baie groot nie, maar nogtans. Hulle help ons om met sagte oë na die lewe rondom ons te kyk.

  3. Sonkind sê:

    Ek is geen feminis nie en ek hou daarvan om ‘n vrou te wees en soos een behandel te word. Ek staan egter my plek vierkantig vol wat ‘n ekonomiese bydrae in my huishouding betref. Ek dink wel dat, as vroue van altyd af aan die hoof van lande se regerings gestaan het, sou daar nooit oorloe gewees het nie. Dis maar net my opinie, alhoewel ek ook al gehoor het daar is niks wreder as ‘n vroulike terroris nie 😈

  4. Annemie sê:

    Gesien vanuit my agtergrond is dit soveel beter vandag as toe ek my studie voltooi het, want deesdae WORD vroue predikante en WORD hul selfs beroep! Hou dus maar moed want een van die dae sal die manne wel weer selfbeeld-probleme hê as die vroue in die sleutelposisies aangestel word/ verkies word — hopenlik sal dit nie dan slegs vroue wees wat die leiding neem nie – ons het nie ‘n omgekeerde toestand nodig van wat nou die reël is nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: