Solidariteit se onderrok hang uit agter die kruiwaens

Vir ons jong demokrasie om sinvol te funksioneer het ons natuurlik goeie publieke debat nodig. Ons het nodig dat wanneer die heersende party, of die staatspresident, of die parliment, of die kabinet, of watter stem wat enige magsposisie het, of nie het nie, ookal ‘n uitspraak maak, dit krities evalueer moet word. Daar moet erken kan word wanneer sinvolle opmerkings gemaak word, en wanneer foute gemaak word dan moet dit ook maar in hierdie publieke gesprek aangespreek word. Maar om sinvol te funksioneer sal ons ook moet leer om sinnelose kritiek en ondeurdagte opmerkings partymaal maar te ignoreer.

Ons het op ‘n stadium ‘n konsultant gebruik om ons met sekere aspekte van die gemeente se kommunikasie te help wat ook werk vir Solidariteit gedoen het. Volgens hom was Solidariteit die organisasie in die land wat dit die beste reggekry het om nuus te maak. Hulle weet hoe om goed te doen wat maklik in die koerante sal kom en groot reaksie sal ontlok. Of daar egter diepte in hulle optrede is dink ek moet ons bietjie vrae oor vra.

Hulle 23000 “briewe” natuurlik vandag se voorbeeld. Hulle website kan jy ‘n “brief” stuur. Vul jou inligting in, en kliek op “stuur”, en daar val nog ‘n brief in die kruiwa. Hierdie word gewoonlik ‘n petisie genoem, een brief met ‘n klomp name onderaan wat daarmee saamstem. Dit is nie 23000 mense wat die moeite gaan doen het om ‘n unieke brief met ‘n eie storie en belewenis van geweld te skryf nie, maar net ‘n doodgewone petisie met 23000 handtekeninge wat net met ‘n groot show rondgestoot word.

Hulle brief maak my ook bekommerd. Die bietjie wat ek van misdaad verstaan maak dit vir my duidelik dat om misdaad op te los sal ons ‘n paar ander dinge moet oplos: Onderwys en opvoeding is belangrik in die stryd teen misdaad. Werkskepping, die ekonomie, en veral die afbring van die gini-koefissiënt is krities om misdaad in ons land op te los. En alhoewel misdaad ‘n krisis in ons land is, is VIGS een van die grootste krissise in die wêreld op die oomblik, en Suid Afrika word die swaarste daardeur getref. En verder is die opbou van gesonde gemeenskappe, met toegang tot basiese dienste, noodsaaklik om ‘n omgewing te skep waarin kinders gesond kan grootword en kan weerstand bied teen die werwing vir misdaad. Solidariteit so gemoan omdat onderwys en opvoeding, ekonomie en werkskepping, gesondheid en dienslewering meer aandag as misdaad gekry het maak my uiters bekommerd.

Of dalk hang hulle onderrok maar net uit. En moet ons hoor dat hierdie brief maar onderteken word deur mense wie se kinders reeds in skole is waar daar ‘n bo 95% slaagsyfer in matriek is, reeds aan die bokant van die ekonomie sit (alhoewel hulle waarskynlik hou daarvan om aan hulleself as arm te dink), wie water en elektrisiteit het, en ‘n kar om die vullis mee weg te ry as dinge bietjie ophoop, en ‘n mediese fonds wat hulle na privaat hospitale stuur. Maar as hulle deel van Suid Afrika was sou hulle besef het dat hierdie dinge krities belangrik is vir die meeste van ons. En as hulle nie net iets gesoek het om oor te moan nie, sou hulle dalk kon erken dat hierdie sake krities belangrik is as ons misdaad wil oplos.

Misdaad is vir almal van ons ‘n krisis. Gaan soek maar vir Kameeldrif op Beeld as jy dink ek’s nog nooit geraak nie. Maar sinnelose kruiwaens vol briewe wat nie kan saam soek om die sake wat aanleiding gee tot misdaad op te los nie, gaan ons nêrens bring nie. Dit bring ons dalk net weer by Zuma se “shoot-to-kill” idee, en as daar nou iets is waaroor Solidariteit dalk moes moan, dan was dit die ding gewees…

Advertisements

8 Responses to Solidariteit se onderrok hang uit agter die kruiwaens

  1. Reggie, dis nie my bedoeling om te skok nie (dis “Die Antwoord” se afdeling daardie). Ek baseer my stelling op die feit dat vele lande met dieselfde sosiaal-maatskaplike problematiek as SA, nie deur geweldsmisdaad geteister word nie. Daar is ‘n plek en ‘n tyd vir langtermyn-strategiee, maar alvorens sulke strategiee suksesvol uitgevoer kan word, rus die onus op die wetstoepassers om misdaad tot ‘n beskaafde vlak te laat daal. Langtermyn strategiee is nie ‘n vereiste vir ‘n daling in misdaad nie, maar ‘n drastiese daling in misdaad is eerder ‘n vereiste vir langtermyn-beplanning, sou ek se. Vergelyk dit met die onlangse aardbewing in Haiti. ‘n Langtermyn strategie is nodig om Haiti weer heeltemal op die been te bring en die sosiale problematiek aldaar aan te spreek. Maar dit was nie die eerste prioriteit nie, want lewens was onmiddellik op die spel. In SA praat ons oor menselewens wat elke dag deur misdaad verwoes word. Om dit bloot eenvoudig te stel, moet daar drasties opgetree word om eers die krisis op hande te stabiliseer, alvorens ons teoretiese redenasies en scenarios bou wat geen troos inhou vir die daaglikse slagoffers van misdaad nie.
    Ek stem saam dat Solidariteit veel meer legitimiteit sal kry, indien hulle sulke aksies, soos hier bo, in samewerking met ander groepe loods. Maar ek glo nie hulle behoort afgeskiet te word bloot op grond van hulle rasse-profiel, wanneer hulle ‘n situasie aanspreek wat van kritiese belang is nie. Ek dink indien bg aksie deur Cosatu geloods is, sou dit baie meer steun geniet het en sou hulle nie so bevraagteken gewees het nie.

  2. alleman sê:

    Reggie ons dink al baie jare lank oor geweldsmisdaad. Baie studies is gedoen, en boeke is geskryf.
    Die probleem is soos BiB dit beskryf, en die probleem is dat ons vir lank ‘n president gehad het wat die probleem ontken het, ‘n minister wat op rassistiese wyse die slagoffers van misdaad gespot het, en ‘n polisiehoof wat waarskynlik self ‘n misdadiger was.
    Dinge lyk nou heelwat beter, want ons het nou ‘n rigtinglose president, ‘n simpatieke minister (wat bietjie van ‘n party animal is), en ‘n cowboy polisiehoof. Ongelukkig is hulle nie opgewasse tot die taak om die situasie radikaal te verbeter nie, maar ek glo nogtans hulle is genoegsaam beter om ‘n verskil te maak.

    Hoe kan die maatskaplike- en onderwysprobleme gepak word as die mense wat ‘n verskil kan maak, nie veilig is nie?

  3. Vlam sê:

    Jip, verskillende stemme en verskillende koppe…solank hulle net nie wit is nie.

  4. Reggie sê:

    Boer, ek verskil van jou. Jou stelling ‘Analitiese en akademiese mooipraatjies oor langtermyn strategiee is nie was SA nou nodige het nie’ is skokkend. (Ek verbaas my dat jy so iets sou se). Ons het juis nodig dat daar dieper gekyk word na geweldsmisdaad en ook hoe daarna gekyk word. Dis dieselfde stelling as die een van ‘Vlam’: ‘Ons kan nie wag vir onderwys, ens, om eers in plek te val nie’. Hierdie tipes van redenasie help nie vir ons hier in SA nie. Wat nodig is, is ‘n breer beweging, waar verskillende stemme en koppe lewenskragtige oplossings bied. Solidariteit en Afriforum is te ekslusief om enigsins daardie rol te speel.

  5. “SA het ‘n regering nodig wat die politieke wil het om ongewilde besluite te neem ten einde die basiese mensereg van veiligheid weer aan die burgers van die land terug te gee.

  6. Ek skaar my by Vlam. Almal ly onder misdaad en kerm en dan word daar gese daar moet iets gedoen word. Wanneer ;n buite-parlementere groep dan ‘n demokratiese protes-aksie loods, is dit ook nou weer nie goed genoeg nie. Die veranderlikes wat jy noem (werkloosheid, VIGS, gebrek aan dienste, armoede ens) kom in vele Afrika-lande voor (en op ‘n veel groter skaal) maar daardie lande is nie ‘n virtuele oorlogsveld nie. Die regering het met die kortsigtige beleid van regstellende aksie, die veiligheidsdienste, geregshowe en korrektiewe dienste gestroop van kundigheid en nou pluk ons die wrange vrugte. Daar moet binne die demokratiese raamwerk druk op die regering geplaas word om tot inkeer te kom en hulle sosiale kontrak met die burgers van SA na te kom.
    Wat ek wel mee saamstem, is dit Solidariteit se aksie hoogs moontlik ‘n oefening in futiliteit was. Die regering steur hulle bloot net nie aan groepe met ‘n Euro-Afrikaanse profiel nie, want dit vorm nie hulle steunbasis nie. Tog haal ek my hoed vir hulle af dat hulle steeds probeer. Hulle verdien ondersteuning van almal in die land wat bekommerd is oor die anargistiese bloedvergieting wat daagliks hoogty vier in SA. Analitiese en akademiese mooipraatjies oor langtermyn strategiee is nie wat SA nou nodig het nie. Suid-Afrika het ‘n regering wat die politieke wil het om ongewilde besluite te neem ten einde die basiese mensereg van veiligheid weer aan die burgers van die land terug te gee.

  7. Vlam sê:

    Sjoe. En as Solidariteit poef! verdwyn, wie bly oor om te ‘moan’ oor die dinge wat aan almal krap? Misdaad is ‘n probleem wat NOU aangespreek moet word. Ons kan nie wag vir onderwys, ens. wat eers in plek moet val nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: