Tim du Plessis, jy praat nie my taal nie

Tim du Plessis wou my eers laat vloek, skel en deure toeslaan. Daarna het dit my vir ‘n oomblik verstom gelaat, ek bedoel, kon dit regtig wees dat hierdie rubriek gepubliseer is? Op die oomblik probeer ek maar respekvol te verskil van Tim du Plessis. Binne die huidige filosofiese klimaat word ons tog heeltyd herinner dat daar verskillende opinies is, dat ons mekaar se sieninge moet respekteer, en dat geen een van ons op sy/haar eie die finale antwoord het nie. Ek kom immers uit ‘n sekere geloofstradisie wat my gedagtes oor die “ander” sterk gevorm het. En dalk, soos wat ek op die oomblik besig is om te vertel op my engelse blog, het ek ook ‘n paar ervaringe in my lewe gehad wat my gedagtes hier rondom uniek gevorm het.

Wanneer ek Tim se rubriek lees, dan klink dit my hy sê basies die volgende: ten spyte daarvan dat alles teen witmense tel doen hulle nog steeds die beste, en ten spyte daarvan dat alles in swart mense se guns is, kry hulle niks reg nie. As my summary verkeerd is, help asseblief met ‘n beter ene.

Ek kyk sommer na een stukkie van wat hy skryf.

Cronjé bevestig wat almal lank al weet: Wit kinders vaar beter in openbare skole as swart kinders. Dis deels omdat hul ouers meer hulpbronne het, maar eintlik is dit omdat die ANC-regering SA se openbare onderwys in 16 jaar nie net verwaarloos het nie, maar verwoes het. Ek is by die punt waar ek voel dit traak my nie meer nie.

Die manier wat Tim “meer hulpbronne” afmaak asof dit eintlik maar ‘n klein effek het is skokkend. Ek kuier by die hoof van ‘n skool in ons omgewing ‘n ruk terug. Nie ‘n fancy skool nie, ‘n dood eenvoudige openbare skool met hoofsaaklik wit kinders. 65% van sy personeel word deur die skoolfonds betaal. Dit beteken dat ‘n soortgelyke skool 10 kilometer suid in Mamelodi met minder as helfte van die personeel moet oor die weg kom, en natuurlik gaan ‘n groot deel van sy skoolfonds ook vir fasiliteite, so die soortgelyke skool moet ook hier met heelwat minder oor die weg kom.

Voeg by dit dat die onderwysers nog nooit geforseer is om herversprei te word nie, en ons eindig op met ‘n sisteem waar die onderwysers wat skoolhou gevorm is in sisteme wat hierdie selfde ongelykhede. Die senior onderwysers, departementshoofde en hoofde, is 16 jaar na 1994 waarskynlik nog in ‘n Apartheids-skole sisteem gevorm.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek dink onderwys is absoluut krities, en ek raak woedend wanneer ek die stories hoor van hoe politiek in die onderwysdepartement besig is om kinders te benadeel. Die verwaarlosing van onderwys mag nooit verskoon word nie, of dit onder die leiding van die ANC geskied of onder die leiding van die NP (dis nie asof die NP die mees wonderlike werk rondom swart onderwys gedoen het nie). Maar Tim se gebruik van “verwoes” laat dit klink asof die ANC ‘n werkende sisteem gevat het en dit verwoes het. Realiteit is dat die ANC ‘n kruppel sisteem geërf het, en dit nie omgeswaai gekry het in 16 jaar nie. Iets wat baie jammer is, maar kom ons wees nou maar eerlik: Daar is ‘n goeie 40 jaar se baie harde werk ingesit om die sisteem van swart onderwys kruppel te maak, 16 jaar vir ‘n herstel wou ‘n wonderwerk gewees het, realiteit is waarskynlik gaan dit 2 of 3 generasies vat.

Maar goed, die punt waarby ek wil kom: Vanoggend sit ek by die bevestiging van ‘n vriend van my as leraar in die VGKSA. Hy kom van Orange Farm af. Vir Tim is die wêreld dalk mooi verdeel tussen “hulle” en “ons”. Tussen “wit” en “swart”. Ek lees Tim se rubriek net omdat die kleurling kolega wat langs my in die kerk gesit het my vertel het daarvan, anders sou ek nooit die moeite gedoen het nie. Ek weet ek is ‘n Afrikaner. Maar ek dink ek is ‘n ander tipe, want die tipe Afrikaner wat ek is kan myself nooit losmaak van Suid Afrika of Afrika nie. My Suid Afrika is nie verdeel tussen Zuma se mense en my mense nie. In my Suid Afrika is Jacob Zuma ons almal se president, en ons almal is krities wanneer hy foute maak. Service delivery is my issue, want dit raak Orange Farm en ander plekke waar van “ons” mense, menende mede-Suid Afrikaners, bly. Swak onderwys is ons issue.

Soos ek genoem het, daar is ‘n geloofsstorie ook. Want ek het gekies om daai wandering prophet van Galilea af te try volg. En in die tradisie wat uit sy lewe uit ontstaan het, is my naaste partymaal iemand wat ek glad nie ken nie, wat selfs ‘n “vyand” is. Binne hierdie tradisie kan ek nooit sê ek worry nie meer nie want “my mense” is OK, en “hulle” is nie deel van “my mense” nie. Ja, natuurlik is ons almal polities korrek, so ek gun Tim sy opinie, gun hom sy stem, erken dat ons verskillende ervaringe en ervarings het. Maar ek moet dit baie hard en duidelik stel: Tim du Plessis praat nie vir my nie. Hy praat nie namens hierdie Afrikaner nie.

Advertisements

4 Responses to Tim du Plessis, jy praat nie my taal nie

  1. Cobus, ek het nie soveel ooghare vir Tim nie, dus kan ek nie myself sover kry om hom te verdedig nie. Daarom berus ek my om net te se dat ek nie saamstem met jou interpretasie van Tim se skrywe nie. En of jy dit nou wil erken of nie…Suid-Afrika is ‘n verdeelde samelewing. Dit is ook wat die regering glo en wat die regering se beleidsrigtings rig, nie waar nie…?

    NS: En die ou NP-perd is ook nou al half doodgeslaan.

  2. Vlam sê:

    Die NP was nie volmaak nie en Apartheid was ‘n boosheid. Maar…die ANC het baie werkende sisteme ontvang en heeltemal opgemors. Swart onderwys was swak, maar die gereelde afbrand van skole en wegbly-aksies het nie gehelp nie.

    Inwoners in Balfour is in opstand oor die regering se swak dienslewering. En wat doen hulle? Brand hul enigste biblioteek af. Nog ‘n hulpbron minder vir die kinders van die gebied.

    Hoe lank moet ons skuldig voel? Ons WIL graag help en saamwerk om die land te laat werk, maar ons word nie toegelaat om dit te doen nie. Daar is net een ander uitweg: as ons nie mag bydra tot die land nie, moet ons ten minste na onsself kyk.

  3. Steve sê:

    Maar Tim se gebruik van “verwoes” laat dit klink asof die ANC ‘n werkende sisteem gevat het en dit verwoes het. Realiteit is dat die ANC ‘n kruppel sisteem geërf het, en dit nie omgeswaai gekry het in 16 jaar nie.

    En dis die waarheid. Dis die NP wat die sisteem verwoes het.

  4. Vlam sê:

    Hy praat my taal. 😉

    Flip Buys het gese: “Iets moet gedoen word om die mense weer te laat glo in die toekoms; hulle te laat moed skep.” Jy dalk nie, maar meeste Afrikaners dink daar is nie meer ‘n plek vir ons in SA nie. Dat ons onwelkom is. ‘n Jaar gelede was ek nog hoopvol dat ons saam die land kan maak werk. Nie meer nie. Om elke hoek en draai word ons in die bek geruk.

    Tim se rubriek was bedoel om ons weer – al was dit net vir ‘n minuut of twee – hoop te gee. Dat, no matter what, you can’t keep a good man down.

    Die ANC se service delivery is pateties, meer nog by die mense wat hom ingestem het. En weet jy wat? Met die volgende verkiesing doen hulle dit weer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: