om te trou of nie te trou

Op verskeie maniere is die vraag om te trou of nie te trou skielik op die tafel in die NG Kerk op die oomblik. Reeds in die tyd wat ons geswot het moes ons eerlik begin worstel met die realiteit dat massas huwelike wat vandag in die NG Kerk voltrek word twee mense insluit wat reeds “saamgewoon” het. En dan is daar nog die wat besluit om nooit wetlik of voor die kerk te trou nie, maar ewig hulleself aan mekaar te verbind. En die pensionarisse wat net voor die kerk wil trou en nie wetlik nie, omdat hulle dan pensioen verloor. En dan die vra oor homoseksualiteit. En deesdae is dit die dominees wat vra: sal ons aanhou wetlik trou of nie?

Dis vir my ‘n persoonlike ding, want as ek mense wil wetlik trou moet ek nog daai eksamentjie gaan skryf, en nou hoor ek net ho kla dominees in die koerante oor al die moeite wat die liewe binnelandse sake maak as ons huwelike wetlik wil hou. Om die saak vir my te vererger het ek al voor die ou bommetjie gebars het met die staat gewonder of ek regtig mense wetlik wil trou.

James Kirkpatrick het laas week met ons Ring (Wonderboom) gepraat oor die huwelik, en ek dink ‘n baie mooi prentjie van die huwelik geteken. Hy praat van drie mure wat deur die eeue ontwikkel het om huwelike te beskerm. Mure waaroor ons bly moet wees, want die huwelik is so mooi instelling, dit is die moeitewerd om te beskerm!

  1. Huwelike begin as ‘n familieverbintenis. Twee families kom bymekaar. Aanvanklik reël hulle die huwelik, deesdae kan paartjies self besluit om te trou, maar steeds is die families daar. Die families sê dat hulle hierdie twee mense sal bystaan, dat hulle deel sal wees daarvan om hierdie huwelik te maak werk.
  2. Ons het huwelike ook godsdienstig gemaak. Meer as die familie is hier ter sprake. Sekere rituele ontwikkel waarin ons die groter gemeenskap, veral die geloofsgemeenskap, deel maak van hierdie huwelik. Stanley Hauerwas sê dit baie mooi op ‘n plek: Twee mense wat sê dat hulle vir ewig, deur goed en sleg, tot die dood hulle skei, trou sal bly aan mekaar weet nie wat hulle besig is om te sê nie. Daarom sê ons dit voor die geloofsgemeenskap en voor familie, om vir hulle te sê: “ons gaan hierdie nie op ons eie regkry nie, ons het hulp nodig”.
  3. Huwelike is verder ook wetlik. Amper asof ons weet dat hierdie twee mure nie genoeg is nie, dat mense nogsteeds met mekaar mors, en dat ons iets nodig het waarmee die huwelik en die onderskeie persone in die huwelik beskerm kan word. Ons stel dus kontrakte op wat keer dat een persoon die ander finansieël opmors, en wanneer die huwelik eindig word dit ‘n regsproses waarin ons seker maak dat dinge regverdig verloop.

Binne alles wonder ek of ons ooit stop om vir onsself eerlik af te vra hoe belangrik elkeen van hierdie sirkels afsonderlik is. En ek wonder of dit nie tyd is dat ons in die kerk vir mekaar begin afvra hoe belangrik die derde sirkel vir die kerk is nie. En as dit vir ons belangrik is, op watter manier en hoekom dit belangrik is, en hoe ons op die beste moontlike manier mense wat lewenslank hulleself aan mekaar wil verbind kan help om gestalte hieraan te gee.

Advertisements

2 Responses to om te trou of nie te trou

  1. *****
    Ek stem veral saam met jou slotparagraaf.
    Ons het ook nodig om te kry was die implikansies is as een van die sirkel uitgelaat word en die pynlike werklikhede van die lewe gebeur.

  2. […] om te trou of nie te trou […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: