en as ons trou, moenie die families underplay nie

Noudat ek eers begin skryf het oor huwelike, hardloop my kop sommer in ‘n klomp rigtings. Ek hou van die drie sirkels wat James vir ons geskets het (alhoewel ek vrees ek hom quote op maniere wat dalk net vir my pas), en ek sal graag bietjie verder daarop wil ingaan.

Daar was ‘n tyd wat ouers namens hulle kinders huwelike gereël het. Verskeie faktore kon hier ‘n rol speel. Ek’s ‘n skaap-boer, jy’s ‘n mielieboer, ek het ‘n dogter, jy het ‘n seun… hierdie klink na ‘n blink transaksie. Of dalk, ek het ‘n mooi dogter, jy is ‘n ryk slagter (onthou jy nog Fidler on the Roof), hier kan ek ‘n winsie maak. Dalk was daar ouers wat selfs sou kon dink oor wie by wie sou pas.

Daar loop ‘n storie in ons familie dat my een oom by my een ouma gekom het met ‘n meisie jare terug, en my ouma na die eerste naweek wat hy haar huis toe gebring het vir hom gesê het dat hierdie meisie nie gaan werk nie. Volgens die verhaal het hy haar toe gelos op hierdie aanbeveling, en gesê hy sal nooit ‘n vrou trou wat nie my ouma se goedkeuring wegdra nie. Wel, soos ek my familie ken is daar waarskynlik bele mitiese elemente aan hierdie verhaal, maar dit herinner tog aan ‘n tyd toe “ouers vra” nog die moontlikheid ingehou het dat daar “nee” gesê kon word.

Toe ek en Maryke besluit om te trou was “ouers vra” regtigwaar nie veel meer as “ouers inlig” nie. Goed, die verskil tussen ons huwelik en die van Abram en Sara was dat ons mekaar toe reeds jare geken het, en elkeen die ander een se ouers reeds baie goed geken het. Dat die rol van families drasties verander het oor die laaste eeue, en ook in die laaste paar dekades, is egter seker.

Wat ek vrees is dat familie egter hulle verantwoordelikheid om huwelike te ondersteun afskuif na die tweede of derde sirkel toe. Asof die dominee moet plan maak dat die kinders se huwelik hou, en asof daai kontrak wat hulle geteken het hulle bymekaar moet hou. Die familie, as hierdie close groep mense wat deur goed en sleg ‘n paadjie met mekaar saamstap, glo ek moet primêr verantwoordelikheid vat om huwelike, daai permanente verbintenisse tussen twee mense, te dra.

Hier moet egter ‘n kwalifisering inkom. Vir baie van ons is die “uitgebreide familie” dood. Nefies en niggies sien jy amper nooit meer teen die tyd wat jy jou 20’s bereik nie. Ouma en oupa het dalk nog ‘n rol te speel, ma en pa darem gewoonlik, maar nie noodwendig nie, en broers en susters in baie gevalle darem nog, maar ook nie altyd nie. Wie “familie” is vir die twee mense wat besluit om ‘n lewenslange pad saam te stap gaan verskil van verhouding tot verhouding. Dalk is daar geen manier waarop binnelandse sake sal kan uitfigure dat hier bloedbande tussen twee mense is nie, maar op ‘n verhoudingsvlak is hulle familie vir mekaar. Wie familie ookal is, vir wie ookal jy familie is, jy is deel van die eerste sirkel, die eerste heining, wat jou familie se huwelike moet help beskerm. Hierdie verantwoordelikheid mag nie vir die godsdienstige of wetlike sirkels oorgegee word nie.

Advertisements

3 Responses to en as ons trou, moenie die families underplay nie

  1. Cobus, ek weet (en jy weet) dat Ouma Hettie elke dag van haar lewe vir haar kinders en skoonkinders en kleinkinders en later agter-kleinkinders gebid het. Sal ons ooit die effek daarvan kan bereken? En miskien is dit die eerste plek waar familie betrokke moet raak in ander se huwelike.

  2. Annemie sê:

    Thomas is reg! ‘n Goeie balans is in elk geval goed – maar virseker kan mens hierdie saak nie aan die owerhede, WIE hul ookal is, oorlaat nie. Een van my seuns het vir sy skoonma op ‘n stadium, reg in die begin van die huwelik, gesê sy is BAIE welkom BY hulle, maar nie IN hul huishouding en huwelik nie…

    Waar jy van bloedband en binnelandse sake praat, Cobus, het ek eers iets anders verstaan– en die iets anders wil ek tog noem. Dis BAIE BAIE belangrik dat die eksogame aspek wat deur die meeste volke en stamme in die wereld gehandhaaf word, ernstig toegepas word. Ek het genoeg pyn en smart gesien waar dit nie gedoen is nie – en dis ‘n pyn wat jou hele lewe saam met jou loop – In so ‘n geval veroorsaak die swak gene in die “familie-bloed” wat dan van TWEE kante af kom, dikwels verskillende soorte abnormaliteit… Dis een soort lyding waaroor ons WEL beheer het!

  3. Thomas sê:

    Phew. Extended family can be a good thing if it sees its role as supportive, encouraging, upbuilding. But it can be one of the most destructive forces otherwise.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: