en as jy trou, moenie die wet te hoog of te laag skat nie

Ek het lankal die gevoel gehad dat ons baie mooi moet gaan luister na mense wat saamwoon en dan kies om te trou. Partymaal selfs kinders het en dan kies om te trou. Daar is niks wat maak dat hulle moet trou nie. Hulle trou nie vir die seks nie. Hulle trou baie keer nie om families gelukkig te hou nie, want die families het in baie gevalle lankal vrede gemaak met hierdie verhouding, en kan selfs die ondersteuning wat families moet gee aan lewenslange verhoudinge reeds gee. (kyk gister se post oor huwelike en families)

So hoekom trou hulle? En as hulle trou, wat is die betekenis wat hulle aan “huwelik” gee? Ek het ‘n vermoede dit is baie hoog, en baie ernstig. Dalk is hulle selfs te ernstig oor hierdie huwelik ding, dat hulle te hard probeer om seker te maak dat die dag wanneer hulle trou dit gaan werk. Tog verstaanbaar, ek bedoel, dis nie asof daar hierdie wonderlike prentjie van standvastige huwelike is wat altyd nagevolg kan word nie.

Punt is, of mense saamwoon en dan trou, of nooit soen nie en dan trou, iewers kies ‘n baie groot meerderheid van mense rondom ons steeds om op een of ander punt ‘n wetlike verbintenis te maak om hierdie verhouding te help beskerm. Of is dit waaroor dit gaan? Ek wonder baie keer of my huwelikskontrak die huwelik werklik beskerm, en of dit net elkeen van hierdie individue op hulle eie beskerm dat die een die ander nie te veel kan skroef in die geval van ‘n egskeiding nie.

Maar goed, ons trou steeds, en daar is steeds wetlike aspekte daaraan verbonde. En ek dink dit is goed. Ek dink nie ons moet te idealisties met huwelike omgaan nie, en ons moet alles wat ons kan kry gebruik om hierdie een stabiele verhouding wat die samelewing nog bied te beskerm. Kontrakte en huweliksregisters en skikkingsadvokate (glo dit of nie) en partymaal selfs die hof is alles deel (of veronderstel om deel te wees) van ‘n sisteem wat eerlik is oor die feit dat twee mense op hulle eie nie ‘n lewenslange verhouding gaan uitgewerk kry nie. Dalk is die regsisteem maar net besig om te help dat egskeidings makliker kan loop, daar is immers baie geld daarin, maar ek wil tog hoop dat hierdie sirkel steeds help om huwelike op te pas.

En indien dit dan die geval is, dan moet ons hierdie sirkel nie te vinnig weggooi nie. Daar is tog iets daaraan as jy weet dat die hele publiek jou aanspreeklik gaan hou as jy nie moeite doen om hierdie verhouding te maak werk nie. As jy weet dat dit regsimplikasies het as jy rondskroef (baie keer letterlik) met hierdie verhouding. Ons moet hierdie sirkel dus nie te laag skat nie.

As ons egter dink dat hierdie sirkel as laaste linie van verdediging ons huwelike gaan in stand hou dan maak ons ‘n groot groot fout. Wanneer al wat oorbly om ‘n huwelik in stand te hou wetlike aspekte is, dan is die huwelik waarskynlik reeds verby. Moet dit dus ook nie te hoog skat nie. Moet nie te veel verwag van die wetlike nie, moenie al jou hoop daarop sit nie.

Advertisements

2 Responses to en as jy trou, moenie die wet te hoog of te laag skat nie

  1. […] in die derde sirkel om die huwelik Ek is steeds besig met die derde sirkel in opvolg op gister te post. Vir baie van ons is die dominee immers net die een wat help om die rituele waarin die gemeenskap […]

  2. Ronald sê:

    Ek het onlangs die voorreg gehad om mense wat “saamwoon” te “trou”. Weens allerhande redes het hulle alreeds die wetlike kontrak in November gesluit – en die trouseremonie was eers in Maart. Die bruidegom was seker die mees uitgestressde ou (op ‘n mooi manier nou, nie ‘n koue-voete manier nie) wat ek in my lewe gesien het. So ek dink ek stem nogal saam met jou!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: