asseblief moenie “worship DVD’s” maak nie!

Ek het die afgelope kwartaal bietjie by Jakaranda kinderhuis uitgehelp met die “geestelike werk” terwyl my kolega, wat predikant daar is, op kraamverlof was. Hulle doen ‘n tipiese jeugaksie ding daar. Kom in, kyk ‘n kort video wat snaaks is, sing ‘n paar songs saam, kort boodskap, en kleingroep bespreking. Vanaand was die band nie daar nie, toe is ons aangewese op DJ Cobus. Gelukkig is daar vir my ‘n DVD in die hand gestop van ‘n waar ‘n moerse band vir ‘n klomp kids musiek maak om te gebruik sou die band nie kom nie, so ek het ‘n backup gehad.

My konklusie is egter dat niemand ooit sulke DVD’s moet maak nie. Daar is about 20 mense in die band, met ‘n mooi blonde poppie wat op en af wip terwyl sy die kids entertain, opsweep, en dan in ‘n trans inlei. Seker so 100/150 kids in die crowd, hier senior laerskool ouderdom about, en hulle is absoluut into hierdie worship ding. Ek bedoel, vir daai uur focus hulle soos wat ek nie in die kerk kan fokus nie! Nevermind in ‘n uur lange praise & worship session, wat gewoonlik my verloor teen song 3.

En hier agter my staan ‘n klomp kids van die kinderhuis. Hulle lewens is regtig ‘n mess, hulle kan nie vir 3 minute stilsit nie, hulle kan nie een song sing sonder dat hulle aandag afgelei word nie. En die DVD is deurlopend besig om vir hulle te vertel dat ware worship lyk soos hierdie kinders wat in ‘n bedenklike fase van bewustelikheid is, wat lyk asof hulle nie eens weet dat daar mense rondom hulle is nie. En nou kan mens dink dis net oor die kinderhuis wat dit gaan, maar ek vermoed daai kinderhuis is beter gekerk as my gemeente se kids!

Uiteindelik vertel hierdie DVD net een ding vir kinders, of enigiemand wat dit kyk, buiten vir ‘n paar baie emosioneel gelaaides wat actually in dieselfde vibe kan inkom, en dit is: Julle is nog nie daar nie. Julle is nie werklik besig om te aanbid nie. Julle gemeente is nie goed genoeg nie. So in kort. As jy ooit oorweeg het om ‘n DVD te maak waarin jy hierdie uitgesoekte bunch mense wat regtig into hierdie cliché vorm van aanbidding kan gaan bymekaar sit om vir almal te wys hoe dit kan wees, wil jy nie asseblief stop nie. Vat liewer jou kitaar, sit saam met die average groepie kids in die average gemeente, waar hulle nie regtig into die sing ding is nie, en doen iets wat real is.

Advertisements

5 Responses to asseblief moenie “worship DVD’s” maak nie!

  1. Gawie sê:

    Amen! Preach it brother!

  2. James Kirkpatrick sê:

    Cobus, my hoop is op jong dominees soos jy en andere wat vir jongmense kan help om te verstaan waarom Jesus gekies het om eerder die kneg/dienaar/seerkry pad te loop. Dankie vir wat julle doen

  3. tiaan sê:

    Man, Cobus my vriend…jy sien, jy moes by die goed gebly het wat werk (en Hendrien, jy ook for that matter!). Oom Jan de Wet en sy Loflaaities se dvd’s werk baie beter vir hierdie tipe ding, want die kids gaan nie in ‘n “trance” nie en Nadine Blom raak nie supercool nie.
    (Interssant, Willie en die Wenspan sing “C4J – Cool 4 Jesus”, maar Nadine sing “SUPERcool 4 Jesus”…dan moet ek in die woorde van Jack Parrow te vra, “Dink sy sy is cooler as ekke (of as Willie ;-))?”. Buitendien het ek nog nooit geweet wat is die verskil om cool te wees SPESIFIEK vir Jesus en om net cool te wees nie – wat de flip leer ons ons kinders??? Maak ons hulle van kleins af in hierdie dualisme groot en wonder later waar het alles verkeed geloop???)

    Anyhoo, horses for courses. Jy koop daai “worship”-dvd net as jy by die opname was en self die ding weer wil kyk of saamsing of watookal. Jy gebruik hom nie as ‘n worship-tool nie. Toegegee, die vrou by ons kids doen dit ook,maar dan is dit Willie en die Wenspan se goed wat spesifiek gemaak is vir saamsing, soos Oom Jan se dvd’s – dit het die woorde by en weird graphics en alles. En ons “trance” niemand.
    Ons was ook laasjaar by Luidkeels 3 se opname en ja, ons het die dvd gekoop, maar ek gebruik dit nie om ons eie praise & worship sessies te lei nie. Die mense wat nie daar was nie voel anyway dan net uitgesluit.

  4. Annemie Bosch sê:

    YES! Ek stem!

  5. drien20 sê:

    Ag sorry! Sal volgende keer vir jou ‘n real dude/dudette met ‘n kitaar organise!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: