Ek gaan vanaand iets oor die groot-M van Pretoria Oos sê

waarskuwing: hierdie post mag dalk deurgaan as Moreletapark-bashing, so indien jy sensitief is daarvoor. Skip maar oor na die volgende een toe (daar defend ek so klein bietjie vir oom Angus, op ‘n manier).

Komende Vrydag se Rekord hoofartikel is vandag ter sprake. Ek vind hom nog nie op die internet nie, maar het vandag reeds die koerantjie ontvang. Dit gaan steeds oor die plakkerskamp daar by Moreletapark gemeente. Ek sal begin deur dit vir Moreletapark te gee, hulle is actually betrokke by die plakkerskamp. Vele gemeentes sou die petisielyste om van die plakkerskamp ontslae te raak tydens die erediens sirkuleer het, sonder om eers te wonder oor die teologie implikasies van so handeling.

Volgens die artikel deel Moreletapark “komberse, Bybels en klere” by plakkerskampe uit, en woon die plakkers eredienste by Moreletapark by. Die kerk gebruik die geleentheid van plakkers op hulle voorstoep “om God se evangelie aan die plakkers te verkondig”. Maar dan eindig die artikel met die paragraaf:

Volgens Diana Rabie, woordvoerder van Moreletapark-gemeente, is die kerk nie by enige reëling van die metro of polisie betrokke nie. “Die kerk sal wel by evangelisasiewerk in die kamp betrokke bly” sê sy.

Die ergste is, ek vrees dat die opmerking in verdediging van die kerk gesê is. Asof dit ‘n goeie ding is dat die kerk-handjies nie vuilgemaak word met politiek en sekuriteit nie. Asof hierdie kerk immers haar taak nakom deur die arme plakkers te evangeliseer.

En ek wonder wat dit oor ‘n verstaan van die evangelie sê wanneer ‘n gemeente komberse, Bybel, klere en die hemel uitdeel vir mense, maar nie by hulle stryd oor gemeenskapsake soos sekuriteit, grondbesit ens betrokke is nie.

Ek wou die titel van die post maak: “hoekom die kerk publieke teologie nodig het”, maar nie gedink jy gaan dit dan lees nie. Maar kom ek verduidelik dus net kortliks hoekom ek dink hierdie kerk het publieke teologie nodig. In publieke teologie probeer om die kerk leer dat die agenda van die gemeenskap aan die hart van ons teologiese refleksie sit. As die plakkers se stryd met die metro en polisie is, dan is die evangelie die manier waarop die kerk geregtigheid help teweeg bring rondom hierdie issues.

Noudiedag het ‘n klompie pentacostals my flack gegee oor die praatjie waarin ek ongelukkig was oor die manier waarop Elsa Meyer se Turn2God in die publiek teologie try beoefen. My ongemak met die opmerkingtjie in Rekord is egter meer oor hoe die kerk as kerk deelneem aan publieke vraagstukke.

Dalk is die punt net dit. Moet asseblief nie jouself op die skouer klop omdat jy nie betrokke is by die lewensbelangrike vrae van plakkers nie, maar net die “evangelie verkondig”. Ek is bewus dat Moreletapark nie slegter vaar as die gemiddelde gemeente op hierdie gebied nie, maar is ongemaklik wanneer dit lyk of hulle actually trots is oor hulle met hierdie verskraalde evangelie werk.

Advertisements

One Response to Ek gaan vanaand iets oor die groot-M van Pretoria Oos sê

  1. Jeanie sê:

    Uitstekende post.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: