Jeugbediening: Uit vrees or geloofsoortuiging?

‘n Artikel van my uit die laaste Kerkbode uit. As jy hom daar gelees het, jammer vir die totale mess-up wat met die inleidende paragraaf gemaak is, ek het dit ook eers gesien wat die koerant daarmee gemaak het na dit gedruk was. En die eerste sin van die artikel sal jy sien moes nie daar gewees het nie. “Drukkersduiwel”. Maar nou ja, hier is die artikel.

As kind is ek deur verskeie konserte, jeugweke en kampe waar vrees definitief ‘n belangriker dryfveer was as geloofsoortuiging. Nie noodwendig die vrees dat ek op ‘n slegte plek gaan opeindig die dag wat ek doodgaan nie, maar die vrees wat die kerk gehad het dat hulle dalk nie genoeg gedoen het om seker te maak dat ek nie daar opeindig nie, en die element van vrees wat hulle gebruik het om ons jongmense te kry om in ons massas te reageer op die konserte en jeugweke.

In die dag-tot-dag aktiwiteite van die gemeente was dit minder die geval. Die prediking het nie werklik dieselfde vrees vir die duiwel en die hel ingeprent nie. Maar ek vermoed ‘n ander vrees was hier aan die werk. Die vrees dat die kerk gaan leegloop. Die vrees dat ons “soos Europa” gaan word. Die vrees dat ons kinders en kleinkinders dalk nie gaan deel in dieselfde singewende geloof wat ons kerkmense tot dusver gedra het nie.

Deur hierdie vrees aan te blaas kon ek “ou ooms” oortuig om allerhande dinge toe te laat in die kerk, sodat die jeugbediening kan seker maak dat sy kleinkind kerk toe kom. Met hierdie vrees is duisende rande bewillig om net seker te maak die kerk oorleef nog ‘n generasie. Vir baie was daar sterk motivering om hierdie vrees aan te blaas. Hoeveel van ons jeugwerk het gebeur en is gefinansier net om te keer dat die kerk nie doodloop nie? Net om seker te maak dat nog ‘n geslag jongmense in die kerk sal bly.

Hoe sal dit lyk as ons jeugbediening nie uit vrees gebore word nie? Nie uit vrees vir die hel nie. Nie uit vrees vir die einde van die kerk nie? As ek na die gebeure in Suid Afrika kyk lyk dit elkgeval nie vir my of die kerk enigsins naby sy einde is nie. En hopelik is ons in die NG Kerk lankal verby die punt waar vrees vir die hel ons motivering is. As ons jeugbediening gebore word uit ‘n diep geloofsoortuiging om ‘n volgende generasie te vorm om God se koninkryk te laat kom. Om God se droom vir Afrika te gaan soek. Om nie veilig in die kerk te sit nie, maar om lewens te leef wat ‘n wêreld van geregtigheid, liefde en hoop laat gebeur. Ek vermoed jeugbediening sal drasties anders lyk.

Advertisements

2 Responses to Jeugbediening: Uit vrees or geloofsoortuiging?

  1. madeleburger sê:

    Ja! Liefde verdryf vrees!!! Die lekkerste sal wees as die oues van dae ook sal leer om die tieners sommer net LIEF te he, hulle te aanvaar soos hulle is. Die jonges moet soms (meestal) na oumenspreke luister – hoekom werk dit nie andersom ook nie? As ons ALMAL meer respek en aanvaarding en liefde betoon, sal die hele bediening anders lyk. Dan hoef die kinders nie meer met oulike planne kerk toe gelok word nie, maar hulle kom kerk toe omdat hulle WELKOM voel daar.

  2. Tiaan sê:

    Ek het gedink daai eerste sin was nogals ‘n lekker aandagtrekker 😉 maar die inleidende paragraaf se taalredigering was shocking, jy’s heeltemal reg.
    Dit laat ‘n mens wonder: Met hoeveel ander dominees se berigte peuter die “drukkersduiwel” (excuse the pun) mee voordat dit in die finale Kerkbode verskyn?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: