Slavoj Zizek bespreek Nedbank

Rock-star van filosofie, Slavoj Zizek, bespreek Nedbank in hierdie video. Wel OK, nie direk nie, maar hy kon netsowel. Nebdank het mos hierdie idee die laaste paar jaar dat al wat jy hoef te doen in hierdie lewe om die wêreld uit te sort is om by Nedbank te bank. Nedbank sal dan VIGS, global warming, arm kinders in Mamelodi wat nie sokker balle het nie, of whatever nog uitsort. So al wat jy hoef te doen om jou taak as ‘n goeie mens uit te voer, is om by Nebdank te bank. Dit impliseer dat by ander banke moet jy jou geld bank, en dan dit weer trek en gee vir VIGS kinders, mense sonder water, of watookal nog, maar by Nedbank is als so half inmekaar gevleg. Jy bank jou geld, sus jou gewete, en maak die wêreld ‘n beter plek. Behalwe…

enige iemand wat enigsins somme maak kan uitfigure dat dit basically niks van jou geld is wat na VIGS en what have you gaan nie. Ek wou hierdie post al 2 jaar terug skryf, maar nooit daarby uitgekom nie.

Zizek vat sy analise van Nedbank (of wat netsowel Nedbank kon gewees het) nog so bietjie verder, so kyk gerus self.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: