kerk-wees as die tattoo-parlor toemaak

In Menlyn mall, as jy op vlak 6 parkeer en dan instap na die flieks toe, dan het jy altyd daar verby die tattoo-parlor en dan CUM boeke gestap. Daai tattoo-parlor was volgens party nogals ‘n dodgy een, so girl met sulke leather straps wat die nodige toemaak het die plek se voorste ruit gedecorate. Reg langsaan was die CUM. Sekerlik een van die grootste simbole van Christian culture hier in Suid Afrika. Die twee so langs mekaar was nog altyd vir my ‘n mooi prentjie van die tension waarbinne ons leef. Tot gister toe…

Toe ek daar verbystap, sien ek die tattoo-parlor is weg, en CUM is besig om vergroot te word, lyk my in die tattoo-parlor in. CUM het die tattoo-parlor oorgeneem. Die tension is weg. Al was oorbly is Christian culture. En dan loop ek deur CUM, waar boek na boek verskillende vorme van voorspoedsteologie en fundamentalisme verkoop. Christian consumerism.

En dan moet ons kerk wees. Dan moet ek preek. En by default word ek as dominee met CUM se boeke identifiseer. By default verwag soveel mense dat die kerk die tipiese CUM boek moet ondersteun. Dit is immers Christelik. O, en by default vermoed ek is die kerk veronderstel om die toemaak van die tattoo-parlor met die girl met die leather straps oor te juig. Maar ek juig nie.

Ek sukkel om die gekruisigde Jesus te sien in ‘n vergrootte CUM boeke. Menlyn vlak 6. Geen boeke verkoop so goed soos Christelike boeke nie. CUM herinner my dat die kerk nie onderdruk word nie, dat die kerk in ‘n magsposisie is. En daaroor moet ons huil. Ons moet huil oor die kerk wat die tattoo-parlor met die girl met die leather straps uit die samelewing verdryf om meer plek vir
Christelike consumer-goods te maak.

En wat dan van kerk-wees? Ek weet nog nie mooi hoe om dit te formuleer nie, maar op ‘n manier voel dit vir my ons het meer kerk nodig wat vrae vra oor die groot Christelike boekwinkel langs Menlyn se movies, wat ‘n counter-cultural voice kan wees op die heersende Christian culture. Ek hoop die kerk kan dit doen…

Advertisements

4 Responses to kerk-wees as die tattoo-parlor toemaak

  1. cobus sê:

    @Ronald, die “onderdruk” waarna ek verwys link aan die “vrees” van noudiedag, die lyn wat ons so gereeld hoor om goed te motiveer in die kerk.

  2. Ronald sê:

    Stem saam met Skoor – christelike geloof pas dalk beter, maar dis dalk ‘n kwessie van terminologie. Aan die ander kant, nie almal wat deel is van die christelike geloof koop boeke by CUM nie.

    Nog iets wat my “pla” (ligtelik bedoel), is dat een sin so verstaan kan word: “CUM herinner my dat die kerk nie onderdruk word nie … En daaroor moet ons huil.” Maar ek besef jou issue is eintlik met die magsposisie van die kerk … wou dit maar net help uitwys.

    O, en om nog bietjie by Skoor aan te las – ek weet darem van ‘n ander paar tattoo parlors as jy dit oorweeg.

  3. Skoor sê:

    Ek sou ‘kerk’ vervang met ‘Christelike geloof’. Mense van verskillende kerke kom hier bymekaar om geld te spandeer op ‘n evergrowing industrie.

    Jitte, wat meer kan ek se? Miskien het die parlour geskuif? Miskien moet jy gaan soek? Of die girl met die leerstraps het eenvoudig bitter swak inkwerk gedoen 😆

  4. kaneelsuiker sê:

    Dis maar net harde besigheid wat die parlour toegemaak het. Vraag en aanbod. Geestelike boekies verkoop soos soetkoek. Bietjie gullible as jy my vra…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: