die toekoms van denominasies

‘n denominasie is ‘n groot groep kerke wat onder een naam, struktuur en hiërargie (alhoewel hulle dit sal ontken as hulle Gereformeerd is) hardloop. Soos die NG Kerk.

Daar is massas gesprek die laaste dekades oor die toekoms van denominasies en institutionele godsdiens. Persoonlik is ek nie te geworry oor die einde van godsdiens nie, ook nie die kerk nie, maar denominasies is ‘n ander vraag. Daar was ‘n tyd wat mense geworry het oor wat groot kerkvergaderings sê… wel, ek dink mense worry nogsteeds so bietjie, anders sou daar nie soveel media coverage aan Algemene Sinodes gegee word nie, maar daar was ‘n tyd wat mense actually hulle optrede verander het n.a.v wat groot kerkvergaderings gesê het. Daai tyd dink ek is verby.

Gemeentes en dominees doen basically wat hulle wil (ten minste in ons NG Kerk konteks). Hier en daar is daar nog klein goedjies wat dominees gefire kan kry, en dan try hulle nog die system bypass of verander, maar in die meeste dag tot dag goed gaan ons aan ten spyte van wat ookal watter moderator of kerkvergadering nou ookal mag sê. Kerkvergadering kan aanbeveel dat ons liedboek x gebruik, of handleiding y vir die erediens, en ons sal dit doen solank dit ons pas en as ons daarvan hou. Partymaal is dit good stuff wat daar uitkom, ek bedoel, iemand het immers vir ‘n paar dae langer as ek agter sy/haar lessenaar gesit om die goed te skryf, maar as ekself of ‘n gemeente in geheel nie daarmee saamstem nie, of nie daarvan hou nie, dan ignoreer ons dit bloot.

So wat is die toekoms van denominasies?

Lang gesprek, maar kom ek gooi ‘n paar goed in en kyk waarheen gaan dit.

  • Ek dink ‘n kerkvergadering wat nog wil besluite maak oor wie is in en wie is uit mors sy tyd. As ons mense wil in die kerk toelaat gaan ons, en as ons nie wil nie, gaan ons nie. Kerkvergaderings gaan nie gemeentes meer geforseer kry nie.
  • Kerkvergaderings wat massas van hulle tyd moet spandeer om uit te figure hoe kerkvergaderings en groot kerkstrukture moet funksioneer wat niks anders as die groot kerkstruktuur dien nie, se dae is getel. Iewers gaan iemand ophou om geld te gee vir die speletjie.

Maar:

  • Die kerk het serious teologiese gesprek nodig! Enige strukture wat op die langtermyn kan help om hierdie gesprek te fasiliteer, en sinvol te begelei, sal nog vir baie lank ‘n rol kan speel.
  • En die kerk moet kan engage met die groot vraagstukke wat die wêreld face, en netwerke wat gevorm word wat kan help dat groot groepe Christene se stem gehoor kan word oor publieke issues gaan nog vir lank ‘n rol kan speel.

Dus, ek dink kerkvergaderings wat ‘n serious teologiese gesprek kan help fasiliteer oor werklike issues wat voor ons deur lê kan vir ‘n rukkie nog ‘n bestaan maak.

Advertisements

One Response to die toekoms van denominasies

  1. Reggie sê:

    Jis, Cobus, jy praat hier ‘n ding, jong. Vir baie NG ouens is dit seker nie meer ‘n issue nie, of self vir emergents nie meer ‘n topic nie. In fact, ek dink baie van hierdie ouens kyk na ons wat nog in structures aan ploeter, met ‘n mate van ongeloof en verbystering. In my eie kerk is structures nog big en ons probeer hard om dit instant te hou-veral omdat baie jonger ouens lank uitgesien het om ook soos die ouer generasie kerkpolitici, die banke vol te sit het. Dis seker te verstane. Maar ons verloor ons mees skerpste nuwe stemme en belangriker nog, ons word totaal irrelevant om op die kritiese openbare vraagstukke nog iets te sê, of ons kan nie iets sê nie en hide dan in die structures. Nou dis vir my scary..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: