geloof, versoening en rassisme – het dit enigiets met mekaar uit te waai?

Ekself, Reggie en Rothney Tshaka was gisteroggend in gesprek op Praat Saam op RSG. Die aanbieder het die vraag formuleer as: “Ons vra vanoggend wat gebeur in die kuberruimtes in die koppe van die jonger geslag denkers oor verhouding tussen geloof, versoening en rassisme?“. Reggie maak die opmerking dat die gesprek voortgaan, en ek stem heel saam. Vir my het die gesprek voortgegaan gisteraand saam met ‘n groep wit studente en jong werkendes wat bereid is om die moeilike vrae aan te pak. Vir baie van ons gaan die gesprek al lank voort op blogs en facebook, en dit sal voortgaan. Daar is sonder twyfel ‘n “jonger generasie denkers” wat die vrae aanpak, en te minste in die wit gemeenskap, wat as ‘n generasie na Apartheid besig is om meer en meer kritiese vrae te vra wat ons eie ouers moontlik nooit sou kon vra nie.

Maar ek wonder hoe wyd is hierdie jong denkers onder die wit gemeenskap. In reaksie op een opmerking wat gesê het dat jongmense in die townships min kerk toe gaan (rondom 46 minute) vertel Reggie van jongmense wat aan rassisme werk, wat teen die rassisme werk, wat ook ras-grense bou aan ‘n nuwe Suid Afrika. Of hy dit so bedoel het weet ek nie, maar wat ek by hom hoor is dat ons geloof sien waar jongmense teen rassisme werk. Reeds toe die vraag gevra is, het ek egter gedink aan die jongmense (hoërskool ouderdom) wat ek mee te doen het, en gewonder hoeveel van hulle sou actually enigsins dink dat geloof iets met rassisme uit te waai het. Mat rassisme soos dit populer verstaan word wel, menende dat ek nie moet lelik wees met swartes nie, maar met die sisteme van onderdrukking waarna ons in die program verwys het weet ek nie so mooi nie. Ons wit Suid Afrikaners weet mos hoe om geloof en politiek uitmekaar te hou, en om geloof aan regstelling van die ongeregtigheid van Apartheid te koppel sal waarskynlik heel vreemd op die oor val.

Maar ons moet dalk nie te hard wees op die jongmense nie. In Neither Calender nor Clock verwys Piet Naudé na navorsing wat al in die laat 80’s wys hoe Afrikaners sprekendes godsdiens geprivatiseer het. Godsdiens het vir Afrikaners min uit te maak met vrae van eenheid, versoening en geregtigheid (ala Belhar). Die sending-oplewing wat tans in die NG Kerk aan die gang is het volgens my vermoede ‘n primêre fokus op “ontwikkeling” (menende ons moet die armes opbou), en bitter min dryf om deur die kompleksiteite van ons geskiedenis te krap, om te praat oor geregtigheid (daai tipe geregtigheid wat beteken wit mense vra vrae oor hulle eie wit bevoordeling), en om eenheid iets te maak waarsonder ons nie kan leef nie (eenheid is wel vir ons iets wat nice sal wees).

Praat jong witmense oor geregtigheid, eenheid, versoening? Oor ‘n post-Apartheid omgewing? Sê hulle meer as net “Ek sal nie langer jammer sê nie”? Van hulle doen ja. Ek vermoed meeste verkies om hierdie vrae te ignoreer. Maar bitter min maak outomatiese konneksie tussen ons geloof vandag, en die vrae wat ons verlede op ons tafel sit. Ons sal dus baie bewustelik daarop moet fokus op ‘n godsdiens te vorm wat op die vraag of daar nog geloof onder jongmense is antwoord: “ja, hulle baklei teen rassisme”.

Advertisements

One Response to geloof, versoening en rassisme – het dit enigiets met mekaar uit te waai?

  1. […] as politiek). Is dit moontlik? Ek dink tog so, maar ons staan voor ‘n groot uitdaging, want ek dink nie ons wit jongmense het ‘n natuurlike instink om oor sistemiese vraagstukke oor die ekonomie en politiek te dink nie. En ek dink ons vaal as dit […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: