ek is toe al die tyd ‘n volslae verbruiker

Ek beskryf myself nog altyd as een wat sterk krities staan teen die verbruiker kultuur hier rondom my. Ek is trots op my waardering vir die kommuniste, en vind dit pret om my vriend(inn)e wat hulle siele aan die advertensiewese verkoop uit te wys op die etiese vrae aan enige deelname aan die advertensiewese. En die res van my huismense sal waarskynlik nogals saamgaan met die vorige twee sinne. Maar weekliks dan land die Rekord en ‘n hele pak advertensies hier in ons posbus, en sal een van ons die moeite doen om dit uit die posbus te gaan haal en op die eetkamertafel te gooi. Buiten die die Mail & Guardian wat so once in a while hier in die huis rond is, is hierdie die enigste koerant wat ooit in die huis kom (sien, ons het capless-internet en weet hoe werk RSS readers).

Nadat die rekord en die advertensies van bykans elke groot winkel wat jy hier in die Pretoria-Bible-Belt vind hier geland het, dan volg daar die weeklikse ritueel van so lui-lui deur die advertensies blaai. Eers Game en Incredible connection se rekenaar advertensies. Nee, ek is nie van plan om ‘n rekenaar te koop in die volgende drie jaar nie, maar ag, ek wil darem net sien waar staan die pryse. Daarna volg die hardeware advertensies (moet my glad nie vra hoekom nie), asook general huisware. Ek skip die kos advertensies, maar Maryke kyk hulle deur (hierdie is waarskynlik die enigste deel van die oefening wat sinmaak, want kos moet ons koop, en Maryke weet hoe om die beste deal op kos te kry). Waar ek begin bekommerd raak is wanneer die week se advertensies die tweede keer begin deurgekyk word…

Iewers deur die loop van die week dan begin ek uiters skuldig voel oor die pak advertensies wat op die eetkamer tafel lê en wat ons lui-lui-leesstof is vir die aande na ete as ons sommer net sit en kuier en veronderstel is om te kyk wat in die koerant aangaan, en dan sal ek dit gaan weggooi. Dit was op hierdie punt vanaand wat ek besef het: ek is ‘n volslae verbruiker. Jy sien, dit is regtig baie advertensies wat hulle vir ons uitdeel. Dis eers wanneer die jy die pak so moet bymekaarmaak en na die buitenste asblik moet loop (want die een in die kombuis is vol) wat jy besef hoe baie dit is. En my weeklikste ritueel is om iets in hierdie pak te soek om te koop. Ek is nie ‘n goeie winkel-dwaaler nie, en het al gewerk daaraan om ‘n weerstand op te bou, so ek val darem selde vir die versoeking, maar week na week pak ek die ritueel aan om te kyk of daar nie tog ‘n ou uitverkopingtjie is wat ek net nie kan laat verbygaan nie.

Ek is Cobus. En ek is ‘n verbruiker. Dit is nou 24 uur vandag ek laas ‘n advertensie gekyk het…

Advertisements

3 Responses to ek is toe al die tyd ‘n volslae verbruiker

  1. […] nie die enigste een wat hierdie issue het nie. So kom ons soek daai subversive simbool. Ja, ek weet ek’s ‘n verbruiker, maar ek wil daarteen werk, en as daar een tyd is waarin ek dit moet doen, dan is die […]

  2. Hulle wag jou in om elke hoek en draai!

  3. tiaan sê:

    Hahaha! En ons sê almal: “Hallo, Cobus…”
    Admittance is the first step to recovery. Onthou net om al daai advertensiepapiere te herwin.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: