ek’s klaar met kersfees

Siende dat September skynbaar die tyd is waarop ons oor kersfees moet begin reflekteer doen ek dit nou maar. Ja, werklik, is vandag gou in Menlyn gewees, en die kersfees rak in Game staan reeds. So, ek kan seker maar ook ietsie oor kersgees kwytraak.

Maar al wat ek wil sê is: Ek is klaar. Ek is klaar met kersfees. Ek kan wragtig nie langer so voortgaan nie. Ek kan wragtig nie langer deelneem aan die ultimate vorm van consumerism nie. Die feit dat Jesus so soortvan nog hieraan link traak my min, dis juis as gevolg van Jesus wat ek nie meer kan deelneem nie.

So hiermee my verklaring: Ek weier om kersfees te vier. Jammer aan al my familie en vriende wat geskenke verwag het (alhoewel, as julle goeie vriende is moes julle nie, julle weet ek’s al lankal vies vir die bunch), ek gaan nie koop nie. Jammer Maryke, ook nie vir jou nie. Ja, en ook nie vir die armes nie. Ek weet dis nie mooi om die armes in te sleep nie, maar vir ‘n oomblik het ek nodig om te breek, so die oplossing vir my besware gaan nie wees om nou maar geskenke vir die armes te koop i.p.v vir familie en vriende nie.

Ek weet nog nie wat ek gaan doen nie. Ek soek ‘n manier om my diep diep misnoë uit te spreek. ‘n Simbool waarin ek my woede oor die geweld wat aangedoen word aan hulle wat nie kan deelneem aan die vreugdefees nie, maar heeltyd moet vaskyk in advertensie na advertensie kan uitdruk.

Hier is laas jaar se preek van 25 Desember (slightly edited intussen). ‘n Poging om die goed op ‘n mooi manier in woorde te sit. Ek weet ek’s nie die enigste een wat hierdie issue het nie. So kom ons soek daai subversive simbool. Ja, ek weet ek’s ‘n verbruiker, maar ek wil daarteen werk, en as daar een tyd is waarin ek dit moet doen, dan is die kersfees.

Advertisements

4 Responses to ek’s klaar met kersfees

  1. Ronald sê:

    Hoor hoor! Ek is ten volle saam met jou op hierdie een! Dis Kersliedjies wat my die meeste kry. Ek weet nie eers meer of ek ‘n simbool soek om dit uit te druk nie, ek wil tydens Kersfees eintlik net wegkruip.

  2. Amen – nog nie heel gespeen nie, maar ons kom vinnig daar!

  3. Son sê:

    Dankie vir die besonderse preek – ek het dit ge-save om weer en weer te lees.

  4. Son sê:

    Ek is met jou op hierdie een!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: