SA draai na Allah

Christene moet dink! Ons beskou dit as ons goeie reg om die dominante godsdiens te wees, om billboards die hele plek vol op te sit, om al wat Christelike tydskrif is in al wat winkel verkoop te hê. Ek wil nie eens dink wat die reaksies sal wees as ons daai borde verander na SA draai na Allah nie. Ons is soos kinders wat voorgetrek is: wanneer ons in die regte wêreld kom dan weet ons nie wat om te maak behalwe om tantrums te gooi nie.

Ek dink nie dit is net Christene nie. Die wêreld is vol daarvan dat die dominante godsdienstige groep billboards maak en wette uitvaardig waar hulle vies is as ander godsdienste dieselfde doen (en sekere vorme van anti-godsdienstigheid toon natuurlik sterk ooreenkomste met fundamentalistiese godsdienste). Maar dis nie net billboards nie. Gebed in skole. God in die grondwet. Christelike tydskrifte wat nie verkoop nie op rakke.

Ek dink daar’s ‘n argument daarvoor te maak dat die emosies wat uitkom wanneer Christelike boodskappe van billboards en rakke af verdwyn tekenend is van ons diep struggle om vas te hou aan geloof. Daai diep oortuiging dat die tradisie wat deur die Ou en Nuwe Testament gekom het ‘n beter hoop is as die magte van geld en politiek. Ons glo dit nie. Ons sukkel om dit te glo. Maar solank ons die woordjies “God” en “Jesus” orals kan splash dan hoef ons nie te face dat ons dit nie glo nie. Dan glo die billboards, dominees wat by skole open, tydskrifte wat op die rak lê en stof opgaar, dan glo dit vir ons.

Solank as wat al hierdie simbole in stand gehou word kan ons Albert Nolan ignoreer:

“On the whole we don’t take Jesus seriously – whether we call ourselves Christians or not. There are some remarkable exceptions, but by and large we don’t love our enemies, we don’t turn the other cheek, we don’t forgive seventy times seven times, we don’t bless the poor, and we don’t put all our hope and trust in God. We have our excuses. I am no saint. It is not meant for everybody, surely? It’s a great ideal, but it’s not very practical in this day and age.” (Jesus Today, xxvii)

Moet my nie verkeerd verstaan nie. My argument is nie vandag dat Draai na God billboards, gebed in skole, God in die grondwet of Christelike tydskrifte wat nie verkoop nie sleg is nie. Op ander dae sal ek dalk daai argument maak. My argument is net dat hierdie goed ons oneerlikheid in stand hou. Ons gaan nie noodwendig beter Christene, of mense, wees as dit weggeneem word nie. Maar ek vermoed dit gaan ons forseer om baie meer eerlik met onsself en die mense rondom ons te wees, en hopelik sal daai eerlikheid uitvloei in ‘n dieper navoling van Christus. Nee, ek dink eerlikheid opsigself is reeds ‘n dieper navolging van Christus. Die blote handeling van eerlik wees bring ons reeds nader aan wat Jesus op die tafel kom sit het.

Advertisements

6 Responses to SA draai na Allah

  1. […] kerk te laat goed lyk?), en ten minste in ons samelewing bly ons grotendeels Christelik (onthou jy my voorstel dat ons ‘n klompie “SA draai na Allah” borde in Pretoria opsit om te kyk wat die […]

  2. […] My eerste reaksie, geskryf op die 20ste Oktober, was om my vermoede uit te spreek dat hierdie krampagtige reaksies op ‘n sogenaamde bedreiging moontlik ‘n diep twyfel oor ons eie wortels wegsteek. Uit ‘n ander hoek wil ek egter my vermoede uitspreek dat hierdie tipe reaksies (en die Woolworths storie is maar een voorbeeld) pogings is om ‘n werklike losmaak met ‘n tyd van Christelike bevoordeling uit te stel. Ons konstrueer dus heeltyd ‘n sogenaamde vyand wat skynbaar besig is om die kerk te ondergrawe, en gebruik dan die mag wat ons het (want die fenomeen wat rondom Woolworths afgespeel het bewys maar weereens dat ons nog ‘n groot stuk mag het) om hierdie vyand by te kom. […]

  3. […] My eerste reaksie, geskryf op die 20ste Oktober, was om my vermoede uit te spreek dat hierdie krampagtige reaksies op ‘n sogenaamde bedreiging moontlik ‘n diep twyfel oor ons eie wortels wegsteek. Uit ‘n ander hoek wil ek egter my vermoede uitspreek dat hierdie tipe reaksies (en die Woolworths storie is maar een voorbeeld) pogings is om ‘n werklike losmaak met ‘n tyd van Christelike bevoordeling uit te stel. Ons konstrueer dus heeltyd ‘n sogenaamde vyand wat skynbaar besig is om die kerk te ondergrawe, en gebruik dan die mag wat ons het (want die fenomeen wat rondom Woolworths afgespeel het bewys maar weereens dat ons nog ‘n groot stuk mag het) om hierdie vyand by te kom. […]

  4. tiaan sê:

    Ek het net bits en pieces van die hele Woolworths-ding gevang, en ook van die getweetery rondom dit. Het my tog laat dink aan daai kwasi-filosofiese vraag:
    As ‘n boom in ‘n woud val, maar daar is niemand om dit te hoor nie, het dit regtig ‘n geluid gemaak?
    Sien, hier op die platteland het ons nie ‘n Woolies Foods soos elke Engen garage in Pretoria nie. Die meeste wat ons het, is die neut-sjokolade voor jy by die til betaal (in die Woolworths). So, hier was dit regtig nie ‘n issue, hoegenaamd nie, terwyl die internet-bohaai dit na ‘n nasionale krisis laat lyk.
    Julle spesialiseer al meer daarin om ‘n berg van ‘n molshoop te maak…

  5. toortsie sê:

    tog maak dit vir my BAIE bekommerd…….

  6. Rudolph Scharneck sê:

    Ek kan nie anders as om saam te stem nie. Het ons regtig nodig dat elke liewe winkel Christen tydskrifte verkoop om te glo in God? Uit mense se reaksie lyk dis so, maar ek dink nie dit is so nie. Ek verstaan eerlikwaar nie die hele bohaai oor Woolies nie. As hulle nie die goed wil verkoop nie hoef hulle mos nie. Hulle is after all nie CUM boeke nie. Ek dink ook dit gaan oor iets diepers. Dit gaan dalk oor die vasklou aan mag. Ons as Christene wil baie graag he as ons brul moet almal sidder soos in die dae van Apartheid. Daarom brul ons, die probleem is net dat ons nie meer die leeu is wat ons was nie en kry ons ten beste n “miaau” uit.
    En dis nie sleg nie. Dalk is dit tyd dat ons minder brullend mense wil verskeur en meer miaauend saggies in liefde teen mense kom staan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: