oor kersfees moet ek dalk ‘n fundamentalis word

Toe ek laas jaar aan my kerspreek moes werk, het ek op tye die vreemde sensasie gehad dat ek so snaakse aanklank by fundamentalistiese stemme vind. Nie ‘n belewenis wat algemeen by my voorkom nie, so kom ek verduidelik:

Ek praat hier nie van die populêre fundamentaliste nie, maar die regtig hard-core lot. Jy weet, daai wat nie net die Bybel rondswaai en so 20 versies daaruit haal wat ons letterlik moet opneem nie, maar daai wat die ding actually lees, en met die vreemdste interpretasies kom omdat hulle alles try letterlik opneem. Dis nou die lot wat kersvader as demonies beskryf, kersbome as besete, en die besigheidsindustrie as die duiwel self omdat hulle Christus uit kersfees gehaal het. Ek praat nie van die lot wat kwaad raak as “Merry Christmas” na “Happy holidays” verander word nie, maar die werklike harde fundamentaliste, wat glo dat net skapies, herders, engele en Jesus in kersfees hoort, niks geskenkpapier nie.

Natuurlik lag ons hulle af. Ek doen ook. Sulke “wêreld-vreemde” mense wat actually dink dis moontlik om na ‘n pre-gesekulariseerde wêreld toe terug te gaan. By hierdie hiper-konserwatiewes is dit nie altyd so moeilik om ideologie raak te sien nie (net soos wat dit nie moeilik is om die ideologie agter die AWB te ontdek nie). Hulle is immers heel up-front met wat hulle ideologie is (alhoewel daar weer ander versteekte goed is, maar dis nie vir nou belangrik nie). Dis ons lot liberals wat die beste tools ontwikkel het om ons “-ismes” te ontken, die ideologie wat ons dryf onder die tafel weg te steek.

Woensdae aande dan kom kuier ‘n klompie vriende. Ons drink wyn of koffie. Lees filosofie en deel statistiek. Praat gereeld oor die kerk. Ons droom oor ‘n beter Suid Afrika. Praat diep. Hierdie mense vorm wie ek is. Dis in hierdie gesprek wat ek toe aan die wonder raak: is ons ongemak met hierdie vreemde lot fundamentaliste nie dalk dat hulle juis iets uitwys wat ons dryf wat ons almal weet, maar niemand wil erken nie. Dis immers nie meer ‘n geheim dat verskeie maatskappye se voortbestaan afhang van kersinkopies, en dat hierdie godsdienstige geleentheid ge-hijack is deur ‘n verbruikerskultuur nie. In die kerk hoor ons immers heeltyd preke oor die “ware betekenis van kersfees” (terwyl ons wonder watter een van die boeties en sussies die duurste geskenk gekry het), en ons neem ‘n tipiese posisie van mourning in (ek sal aan kersfees deelneem maar ek doen dit net terwyl ek treur oor die verlies aan dei godsdienstige van kersfees).

Die rêrige fundamentaliste maak dan die suiwer godsdienstige posisie vir die vier van kersfees in hierdie tyd oop. Dis immers voor die hand liggend: onttrek.

Hulle roete wil ek nie gaan nie. Dit voel immers na ‘n vreeslike moeilike roete om heeldag en aldag te moet uitwys dat alles in die wêreld net boos is. Maar vir ‘n oomblik, net vir ‘n oomblik wys hulle dalk op ‘n suiwerder manier as enige iemand anders die ideologie onderliggend aan hierdie tyd van die jaar uit. Die viering van die inkarnasie wat bloot toevallig nog saam met die viering van die verbruikerskultuur val. Die groot wit olifant in die vertrek dat Jesus se preke en kersfees soos dit vandag uitgepak word geensins bymekaar kan uitkom nie.

Ek kan nie ‘n fundamentalis word hierdie kersfees nie. Sal nooit kan nie. Maar ek gee dit vir hulle, van hulle bring noodsaaklike spieël op realiteit na die tafel toe.

Advertisements

2 Responses to oor kersfees moet ek dalk ‘n fundamentalis word

  1. toortsie sê:

    ek wonder sommer net – op grond van WAT word ‘n mens as ‘n fundamentalis gemerk? Hoe kan ek myself toets om te bepaal – is ek fundamentalisties of nie??

  2. Jacques sê:

    wat as iemand se mening is dat JESUS ook niks met kersfees uit te waai het nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: