ons moet die 80’s en Apartheid onthou

Selfs in my eie gedagtes, as ek van die “’80’s” hoor is my eerste gedagtes weird haarstyle, goeie musiek (in my opinie at least – dink Bon Jovi en Johanner Kerkorrel), daai helse donkerbrille…

maar ek weet dis nie die 80’s nie. Die 80’s is daai verhale waaroor ons nie regtig wil praat nie. Selfs wanneer ons oor Johannes Kerkorrel praat, dan is dit nie die politieke kant van die verhaal nie. Ons wil graag vergeet van die joernalis Jan Rabie. Die 80’s was die tyd van PW Botha, nood toestande, opstande, jongmense wat doodgeskiet word in ons townships, boikots, sanksies. Dit was die 80’s. Ek was nie hier nie. Ek’s in ’84 gebore, en het in Swaziland gebly. Bietjie kleuterskool gehad, maar die wit laerskool was nog oppad. Op 4 of 5 kan mens seker nog verskoon word as jy polities ignorant is…

My besoeke aan die Apartheidmuseum bring my altyd by ‘n oproep dat ons Apartheid moet onthou (My eerste besoek. My tweede besoek). In reaksie op die gewilde oproep onder wit Afrikaners, my eie groep mense, dat ons Apartheid tog net moet vergeet, dat ons moet ophou om alewig terug te gaan na Apartheid toe, pleit ek dat ons Apartheid nie moet vergeet nie. Dat ons moet leer om weer en weer daaroor te praat. Dat ons vir ons kinders moet vertel van die ongeregtigheid van Apartheid, en moet herinner dat dit nooit weer mag gebeur nie (en dat waar dit steeds voortgesit word ons dit wortel en tak moet uitroei).

Ek het gekies om vandag se besoek te fokus op die tydperk vanaf 1980 af verder. Die Nelson Mandela uitstalling, en vele ander dele ook, ken ek al baie goed. Maar hier rondom die noodtoestande en CODESA voel my geheue half vaag. Na ek so bietjie rondgedwaal het was die eerste stop dus die video oor die opstande in die 80’s. Dit was in hierdie geleentheid wat ek getweet het “how the hell can we think that the ’80’s isn’t still haunting us today. #apartheidmuseum“. Maar meer as ‘n tweet is nodig om dit te verduidelik.

Jy sit daar en kyk hoe jong mans wat net verby 18 is met gewere op mense moet skiet, hoe hulle jong swart mans moet jaag, skop, oor drade gooi, op hulle skiet. Daai jong mans, aan beide kante van die struggle, is vandag ons pa’s, oppad om oupas te word. Hulle sit op ons kerkrade, hulle is direkteure van maatskappye, hulle maak ons kinders groot. Hulle is die boetmans wat die bliksem in is, maar steeds hoor ek hoe jongmense my eie ouderdom vertel hoe hulle pa’s nie kan praat oor die tyd op die tye op die grens nie! Steeds hoor ek hoe vroue in die gemeente vertel hoe hul mans sukkel met die realiteit van dit waarvan hulle deel was in die verlede. En dan is daar die jongmense wat aan opstande deelgeneem het. Op een plek vertel een van die uitstallings dat die polisie met tye kinders van so jonk as 8 jaar oud vasgetrek het. Maak die sommetjies! Daai kinders is nou maar nog in hulle 30’s, en hulle onthou nog ‘n tyd toe die polisie hulle mishandel het!

So voor ons nog by Jansen se argumente kom oor hoe die ideologie van Apartheid voortgesit word in jongmense wat nooit onder Apartheid gelewe het nie, en dit ons moet forseer om erns te maak met ons Apartheid geskiedenis (en moet my nie verkeers verstaan nie, dit is ‘n baie belangrike aspek van die gesprek waarvoor my eie generasie voor sal moet verantwoordelikheid vat). Voor blote historiese bewussyn, en die feit dat jy nie kan verstaan wie jy is of waar jy is nie ons forseer om vir ons kinders weer te vertel van Apartheid, voor dit alles gaan ons weer oor die 80’s moet praat want dit is die spoke wat steeds by ‘n baie groot deel van Suid Afrikaners spook. Maak nie saak van watter ras jy is nie. Apartheidswetgewing het geval ja, maar ons moet oor Apartheid praat, want dit spook by ons. Ons kan nie maar net aanbeweeg nie.

Advertisements

One Response to ons moet die 80’s en Apartheid onthou

  1. Louis Marais sê:

    Die ongeregtheid van Apartheid hier gaan ons al weer. Jy dink omdat jy teologie gestudeer het dat jy nou sommer die antwoorde het vir Suid Afrika se multi kultuur. Die groot fout wat jy begaan is dat jy het geen idee waaroor apartheid en die beleid gegaan het nie. Doen jouself ‘n guns en gaan lees oor die gebeure van die vroeg 1900’s tot en by die 1970’s dan sal jy verstaan waaroor apartheid gegaan het. Jy kyk vas in die apartheid van Vorster en PW wat totaal verskil het van die Apartheid van Verwoerd.

    Apartheid was juis daar om ons te beskerm teen uitwissing wat tans teen ons volk gepleeg word. Gaan lees gerus die volgende op genocidewatch: http://www.genocidewatch.org/images/Countries_at_Risk_May_2011.doc

    Die mans op die grens het jou beskerm teen die kommunistiese gemors, en as dit nie vir hulle was nie was jy ook dalk nie vandag hier gewees om die stront kwyt te raak nie. So gaan vertel jy jou kinders oor die slegte dinge van Apartheid vir my kinders sal ek die geregtheid daarvan vertel, en gaan speel maar saam met jou swart boeties en vreet maar die Madiba propoganda, maar wanneer die land in ‘n bloedbad verander, gaan jou swart boeties en nog te min Madiba jou red nie. Nie eens die Pous vir wie jy so lief het gaan jou kan help nie, want jou vel is te wit vir Afrika en jy het nog baie om te leer.

    Gaan lees gerus ook daarna nog dieper in die verlede in, daar waar Martin Luther die 95 thesese teen die kerk muur gespyker het en hoekom hy dit gedoen het. Dan sal jy ook verstaan hoekom daar vandag witmense in Suid Afrika is, en miskien sal jy dan ook vir my kan vertel hoekom ons as Afrikaners nie selfbeskikking kan nastreef nie.

    Jou tipe sal ook seker nou nog my kommentaar sensuur soos al julle linkse liberale dit doen, leer hulle dit vir julle dalk by die universiteit?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: