wat leer ons kinders in ‘n post-apartheid Suid Afrika?

Ek het nie kinders nie. Maar jeugbediening is al vir ‘n lang tyd so half deel van waar my gedagtes rond hardloop, en onderwys word dit meer en meer. ‘n Swart intellectual met wie ek vriende geword het oor die laaste maande vertel die naweek bietjie stories oor sy kind se onderwys ervaringe in ‘n “ou model-C skool”, waar 70% van die kinders nou al swart is, maar die onderwysers bly bykans uitsluitlik wit. Hy praat oor hoe dit by sy kind die prentjie gevestig het dat alle witmense onderwysers is, en alle swartmense by hulle moet leer (ten spyte daarvan dat sy pa en ma twee ongelooflike intelligente mense is!). Maar belangriker nog vir wat ek nou wil sê, hy vertel oor die ongemak met die manier waarop die storie van Suid Afrika vir sy kind geleer word. Dit is nie die eerste keer wat ek dit hoor nie, ‘n swart teoloog vriend het een aand vertel oor sy ongemak wanneer sy kind, ook in ‘n “ou model C skool” by die huis kom met sekere interpretasies van die Suid Afrikaanse geskiedenis wat hy weet net nie waar is nie, en nie dit waaraan hy self deelgeneem het weerspieël nie.

Ek dink daar is ‘n belangrike gesprek wat gevoer moet word oor swart kinders wat in skole kom waar die onderwysers uitsluitlik wit is, en die probleme wat gepaardgaan met die onderwyskorps van ‘n spesifieke skool wat nie getransformeer word nie. My eie vraag gaan egter vandag oor wit kinders. Wat moet ons ons wit kinders leer in ‘n post-apartheid Suid Afrika? Beverley Tatum help my vanuit die sielkunde om te verstaan hoe racialization in verskillende fases van ontwikkeling gebeur, en Shannon Sullivan het interessante teorieë oor hoe dit reeds by babatjies gevestig raak. In ons eie konteks het Jonathan Jansen belangrike goed geskryf oor jong wit Afrikaners die rassisme van hul ouers oorneem, sonder dat dit eksplisiet geleer word soos onder Apartheid. Wat moet ons dus vir wit kinders leer?

Daar gaan definitief verskille wees tussen wat vir wit en swart kinders geleer moet word. Hulle is op verskillende manier geracialize, en ons sal dit moet verstaan wanneer ons oor hierdie vraag dink. Maar wat as ons Justice Malala in ‘n tradisioneel wit skool, ‘n tradisioneel wit kerk, tradisionele wit gemeenskap lees, en sy antwoord ook ons antwoord maak. Wanneer hy skryf

“For the sake of our children and their children, we must constantly remind ourselves why there was a freedom struggle in this country”

dan link dit ongetwyfeld aan die onderwerp wat hier ter sprake is. Maar lees hom nou as ‘n wit ouer. ‘n Wit onderwyser. ‘n Wit predikant. In ‘n wit gemeenskap.

The first step is to accept that memory is crucial. We need to teach our children what happened here and how 46 years of apartheid nationalism nearly ruined us all. We need to teach them, in our schools and in the way we rebuild our country, that a crime as heinous as Nazism took place in South Africa.

Crucially, we need to entrench the values for which we fought in our children. It is not enough for us to just teach, it is also important to be non-sexist and non-racial. Unlike the racism preached by Botes, our children must see us living and mingling freely with our fellow countrymen. How we live our values is far more important than how much we teach them.

Die realiteit is dat ons dalk presies die teenoorgestelde probeer doen. Ons probeer om ons kinders geskiedenis-loos, konteks-loos groot te maak. Hoe minder hulle weet van die verlede, sodat hulle “skoon kan begin”, hoe beter. Dit dink ek moet verander. Ons moet ond kinders, wit en swart, leer oor die allerverskriklikste misdaad wat in hierdie land plaasgevind het. In die kerk moet ons ons kinders leer dat ons kerk (ten minste vir myself) foute gemaak het. Maar ons moet dit leef. En dit is dalk die werklike uitdaging wat voor ons lê. Hierdie geskiedenis, en die waardes wat ons wil kweek, kan nie in ‘n wit gemeenskap, ‘n wit kerk, ‘n wit skool met uitsluitlik wit onderwysers geleer word nie. Ons kinders moet ons sien waar ons gemaklik meng met die wye verskeidenheid van mense wat deel is van hierdie land.

Dit gaan moeilik wees. Dit is die reis wat voor ons deure lê.

 

Advertisements

2 Responses to wat leer ons kinders in ‘n post-apartheid Suid Afrika?

  1. Krista sê:

    Wel, wat IS eintlik REG? In die “ou era” het Onnies die kinders geleer wat “reg” is – volgens die geskiedenisskrywers [van die tyd] en nou – ja nou is “dinge” skielik “anders”. Dus, wie is eintlik nou reg? – want die huidige geskiedenisskrywers skryf dit dalk eerder soos HULLE dit WIL interpreteer – en die “hulle” verwys ek na die huidige regering. Ons moet ALBEI kante se sieninge saamsnoer in EEN “siening” en boeke moet die korrekte feite weergee en nie wat die regering van die dag wil propageer nie. Die huidige regering glo dalk dat die “ou” geskiedenis boeke nie die feite korrek weergee nie – en vice versa. Ook, die huidige regering sal dalk nie sekere dele in die geskiedenis WIL insluit nie – agv hul siening ens. terwyl ons [wat daardeur is] dit ingesluit wil hê terwille van “ons” geskiedenis. Dus… wat nou?

  2. Gerhard van Rooyen sê:

    Cobus,
    Ek lees nou al ‘n ruk lank jou blog en alhoewel ek in ‘n ander wêreld as jy leef moet ek met jou saamstem oor hierdie inskrywing.Ek gesels vandag met ‘n jong zoeloe seun (Wat geskiedenis op skool as vak het)en vra hom wat weet hy van Sharpeville.Hy sê toe dat hy niks daarvan weet nie.Dis nie die eerste keer dat ek so ‘n reaksie kry by zoeloe jongmense nie.Ons is dus blykbaar nie die enigstes wat hierdie probleem het nie.Ek het my kinders geleer van nie-rassisme deur my optrede maar nie almal leef elke dag grootliks tussen mense van ander rasse nie.Dis een van die redes waarom kerkeenheid so belangrik is sodat ons jongmense blootgestel kan word aan mekaar.Ek het verlede jaar my belydenisklas na die plaaslike VGK geneem en toe hulle met hulle eweknieë begin praat oor Apartheid blyk dit dat hulle gesinheid deur ouers gevorm word.Dit lyk vir my is steeds ons grootste probleem!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: