oor rugby en geweld

My vriende weet ek kyk nie rugby nie. Ek het een keer ‘n wedstryd gekyk met die 2007 wêreldbeker, die semi-finals, maar het geslaap deur die finals. Hier en daar het ek seker ‘n wedstryd of deel van ‘n wedstryd by die skoonfamilie gevang, maar die familie weet dat ek liewer nie daar sal wees nie. Dis ‘n interessante posisie om in te neem, Afrikaner in Pretoria wat net regtig nie ‘n idee het wat in die Rugby aangaan nie. Ek weet nie wie is die Springbok kaptein op die oomblik nie… om eerlik te wees die laaste een wat ek nou vinnig kan onthou in Francois Pienaar, maar ek weet dis nie meer hy nie.

My storie is seker nie soveel anders as ander Afrikaner seuns s’n nie. Moes seker my eerste rugbybal gekry het voor ek skool toe is. Kon nie bulletjie-rugby speel nie, ons het bietjie ver gebly op daai stadium, maar teen 1993, toe ek graad 3 was, het ek begin speel, ten spyte daarvan dat ons steeds 50 kilometer en ‘n grenspos van die skool af gebly het, en dit ongelooflike ongerief vir my ouers moes veroorsaak (maar dit was nie die eerste of laaste keer wat hulle ongelooflike ongerief moes beleef sodat ons aan diverse aktiwiteite kon deelneem nie). Wat my storie wel anders gemaak het was seker die feit dat ek dwarsdeur my laerskool loopbaan die kleinste die my graadgroep was. Ek het dus die B-spanne en 3de span (behalwe daai een wedstryd vir die 2des in 1997) op skrumskakel en heelagter verteenwoordig.

1998 was die jaar wat ek hoërskool sou tref. Ek was bietjie van ‘n late bloomer, en het my growth spurt eers in 1999 geslaan, so vir daai oomblik, waar almal skielik al hoe groter word en ek steeds die kleinste in die jaargroep bly, het rugby baie minder aanloklik gelyk. Of dalk was dit lank voor dit nie regtig meer vir my ‘n aanloklike sport nie, maar was die idee om te moet erken dat ek nie gaan rugby speel nie erg genoeg om te keer dat ek eers oorweeg om op te hou. Na 1997 het ek dus nooit weer vir die skool gespeel nie.

Maar elke Saterdag was ons by die kerk vir die watter game nou ookal uitgesaai word. Onthou, dit was in die tyd toe niemand DSTV gehad het nie, en die rugby net op DSTV uitgesaai is. So ‘n klompie van die manne (ja, ek vermoed dit was net manne) het saamgeklub en vir die kerk DSTV gekry, en dan het die gesinne daar saam bymekaargekom en biltong en naartjies geëet terwyl ons kwaad geword het vir die refs en die spelers wat net nooit so goed kon wees as wat die ooms sou gewees het as hulle self op daai veld was nie.

Dit was egter nie lank nie, of my belangstelling in die spel het heeltemal verdwyn. Teen 1999 se wêreldbeker kan ek nie onthou dat ek een wedstryd gekyk het nie. Dalk was ek op ‘n a-sosiale tiener stadium, en het rugby gevra dat ek saam met ander mense goed doen, waarteen ek gekies het, maar ek glo nie. Krieket sou my belangstelling veel langer hou. Wie kan dan die 1999 se semi-final vergeet, Hansie in 2000. Rondom krieket sou ek nog saam met die familie bymekaar kom.

My verskoning om op universiteit te wees was dat ek kom teologie swot het, en oor tyd het ek darem begin klas bywoon en teologie lees. Dit was hier wat ek die eerste keer my kritiek teen rugby as ‘n geweldadige sport verwoord het. ‘n Sport wat geweld verheerlik. Aanvanklik het ek dit gedoen met ‘n diep geloof in die goedheid van die mens, en daarom geglo dat rugby, soos boks, maar bloot oor tyd die pad van die gladiators van Roma sou loop. Dat soos wat die mens meer en meer verlig sou word, ons sou agterkom dat hierdie sport barbaars is. Ja, ek was dalk bietjie van ‘n liberal gewees, en moet vandag seker die erns van die sondeval maar erken, en raaksien dat ons nie op ‘n pad is waar ons geweld uit sport uit wegwerk nie, maar dit op plekke juis toeneem. Geweld moet in sport, soos op alle ander plekke, as ‘n ernstige probleem wat ons hard sal moet werk om op te los gesien word, ons is nie besig om met ‘n eenvoudige proses van verligting minder en minder geweldadig te word nie.

En dit bring my terug by my laerskool jare. Op die platteland (dalk in die stad ook, maar ek weet nie) het jy partymaal net so jaargroep gekry wat ongelooflik uitstaan. My beste vriend uit kleuterskool-dae was in so jaargroep gewees, en hulle het jaarliks die provinsie se finaal gehaal. Ek onthou dit soos gister hoe hy my (ek dink in 1995) vertel het hoe hulle span by ‘n spesiale rugbyskool geleer is om vuil te speel in skrums op so manier dat dit nie teen die reëls is nie, of jy nie gevang word nie. Op die ouderdom van 11 kon ek uitfigure dat hierdie verkeerd was. Dat dit nie is hoe ek dinge wil doen nie. Dalk het ek daai dag reeds my gly in rugby gekry…

Advertisements

3 Responses to oor rugby en geweld

  1. Kristy sê:

    Dankie Cobus,altyd goed om te hoor dat ek nie die enigste Afrikaanse persoon is wat net nooit vat aan rugby kon kry nie! (daar is `n hele secret society in Pretoria van nie-rugbyliefhebbers dink ek)

    Oor die geweld stem ek ook saam.

  2. […] post is eintlik soortvan in gesprek met ‘n post van ‘n vriend oor rugby en geweld, en dis eintlik ‘n goeie idee om daardie post eers te […]

  3. alleman sê:

    Nee man. Rugby is grootliks ‘n positiewe ding. Gaan lees maar Dana Snyman se stuk oor dorpsrugby. En kyk bietjie skolerugby of koshuis rugby.

    Ek moet egter erken die nasionalisme van internasionale rugby irriteer my.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: