Die sogenaamde “ouer dominees”

‘n Onlangse artikel sit die ouderdomsverspreiding van NG Predikange uiteen:

OUDERDOMSVERSPREIDING VAN PREDIKANTE IN NG KERK
  ONDER 30 31-40 41-50 51-60 BO 60
Getal 63 269 483 686 138
Persentasie 3,84% 16,41% 29,47% 41,85% 8,42%

Dit beteken in kort dat 50% van die kerk se predikante ouer as 50 is, en 50% jonger as 50 is. Vir die toekoms van die institusionele kerk (en ek los die oordeel oor die belangrikheid hiervan in jou hande) beteken dit dat ons net ‘n paar jaar oor het om die rolle wat die helfte van die predikante tans vervul aan die ander helfte oor te gee.

Daar is baie mooi stories in die kerk oor hoe die verhoudinge tussen hierdie verskillende generasies predikante lyk. Ekself kan heelwat sulkes vertel. In werklikheid vermoed ek ek mag dalk in ‘n uiters bevoorregte posisie wees om baie goeie verhoudinge met ‘n hele klomp predikante uit die groepe 30-50 en 50+ te hê. Kom ek stel dit nog sterker: Daar is ‘n verskeidenheid van ouer predikante wie ek ewig dankbaar is vir die manier waarop hulle my persoonlik, en jong dominees oor die algemeen, hanteer.

Om te maak asof die predikante-korps slegs deur spanning tussen verskillende generasies gekenmerk word sou dus ‘n absolute leuen wees, maar tog is daar baie stories van spanning ook. My belewenis is egter dat ons uiters lukraak omgaan met die krities belangrike proses van verhoudinge en gesprek tussen predikante van verskillende generasies. En waar ons pogings aanwend om wel hierdie saak op die tafel te sit (soos byvoorbeeld die mentorprogram) word daar bitter min, indien enigsins, aandag gegee aan die kompleksiteit van mag tussen ouer en jonger dominees.

Ek besef dat hierdie onderwerp baie sterk ‘n NG-kerk bias het, en moontlik vir party lesers uiters vervelig mag voorkom. Ek gaan egter vir die volgende paar dae ‘n klompie posts hieroor uitpak. Ek beskou die NG Kerk egter suiwer as ‘n voorbeeld, die konteks wat ek ken, maar die vrae wat ek op die tafel wil sit dink ek kan op ‘n verskeidenheid van ander kontekste van toepassing gemaak word. Of dalk is ek verkeerd, en is die kerk uniek in wat hier genoem word.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: