Ras, geslag, ouderdom – kom ons praat oor mag en ‘n genormaliseerde posisie

Die goed wat my op hierdie stadium uiters intrigue is vrae oor ras. Spesifiek oor witgeid, whiteness, en die bestudering van die genormaliseerde posisie in rasse-verhoudinge. Die benadering waarin ek myself gemaklik vind is om die genormaliseerde posisie van witmense raak te sien, en dit dan uit te daag. Rassisme sien ek dan as ‘n sisteem van bevoordeling op grond van ras (moet asseblief nie vashak by die politiek en regstellende aksie nie, bevoordeling binne ‘n sisteem het baie meer kante). Wanneer die idee dat bevoordeling van ‘n spesifieke groep normaal is gekombineer word met die mag om dit te doen, dan vind ons sterk vorme van onderdrukking.

Ons taak is dus in die eerste plek om die genormaliseerde posisie te verstaan en onder die vergrootglas te bring. Baie hard gestel, die probleem lê in die eerste plek by die genormaliseerde vorm. Die wit ras. Die manlike geslag. En nog aspekte soos godsdiens, taal, nasionaliteit, opvoeding kan bygevoeg word (let op dat genormaliseerdheid nie nie noodwendig beteken meerderheid nie, dit is bloot die posisie wat as die norm geneem word van hoe die “gemiddelde mens” veronderstel is om te wees).

My vermoede is dat soortgelyke patrone in spel kom rondom ouderdom, ten minste dan binne die voorbeeld wat ek bietjie oor nadink op die oomblik: predikante in die NG Kerk.

Soos wat mans nie noodwendig vroue onderdruk nie, of selfs goed van hulle weerhou nie, maar dat mans aanvaar dat hulle die prentjie van wat universeel “mens” is beliggaam, en feminisme nie net meer “goed” soek nie, maar die prentjie van wat die universele konsep “mens” beteken uitdaag, en soos wat ek vroeër unpack het, dieselfde geld vir ander uitdagings op die genormaliseerde posisie, so moet ons ook rondom ouderdom begin dink.

Waar ouer dominees jonger dominees werklik onderdruk (en daar is regtig sulke voorbeelde), sal meeste van ons gewoonlik onsself sterk daarteen uitspreek. Dalk juis veral in die kerk sal ons sê dat dit nie hier hoort nie. Maar dit glo ek darem is ‘n minderheid. Die default posisie van hulle wat die genormaliseerde posisie vol sit is om onkrities te aanvaar dat hulle posisie die onbestudeerbare posisie is, en dat hulle die universeelbare voorbeeld is van wat dit is om “mens” (in my geval dominee) te wees. Alle ander vorme word dus bestudeer as “afwykings” van die norm.

Uiteraard sal ek nou nog ‘n argument moet bou dat sogenaamde “ouer dominees” die genormaliseerde posisie inneem, wat ek vermoed redelik kompleks is. Dalk meer kompleks as in van die groter sisteme van bevoordeling. Maar syfers behoort ons te help. Kyk wie skryf in ons kerklike publikasies, kyk wie word afgevaardig na vergaderings toe, kyk wie se stemme word op kerkraadsvergaderings wanneer ernstig opgeneem. My gutt feel, en niks meer as dit nie, is dat die default prentjie van ‘n NG dominee is die manlike predikant tussen so 45 en 60. Ouer as dit en jy is ‘n “ou dominee”, jonger as 35 en jy is ‘n “jong dominee”. Daar is nog die groep tussen 35 en 45 wat ek sukkel om ‘n naam te gee. Maar wees ‘n manlike dominee tussen 45 en 60 en jy is maar net ‘n dominee. Onbeskryfbaar. Dalk in die kerk nie heeltemal onbestudeerbaar nie, maar in ‘n mate tog.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: