Genormaliseerde ouderdom, bevoordeling en mag

Woman is the other, man is the norm. He has a place . . . . Woman has no place. With the glace of a speechless foreigner, Woman, the inhabitant of an alien planet, looks from outside into the reality in which she does not belong.

Elfriede Jelinek wat aangehaal word in ‘n boek van Christa Gűrtler, wat weer aangehaal word in Violence.

Nou die vraag, kan ek enigsins die claims van die vorige post in die reeks verdedig? Ek is versigtig om dit te doen, soos ek reeds vroeër genoem het, want ek wil nie die werk van hulle wat op gender en ras werk goedkoop maak deur die op ouderdom toe te pas asof dit presies dieselfde is nie, want ek dink ouderdom werk anders op plekke (wat ek sal probeer verduidelik in van die posts wat kom). Maar ek dink tog ons moet dit ernstig opneem as ons verhoudinge tussen verskillende ouderdomme mense wil verstaan.

In jeugbediening skryf David White oor hoe ons adolossensie bloot ‘n tyd gemaak het van “nog-nie-volwasse-wees-nie”. Die tyd waarin jy nie werklik ‘n bydrae tot die samelewing moet maak nie, maar moet leer om ‘n goeie volwassene te kan wees sodat jy eendag iets kan bydra. Wanneer adolossensie stop is natuurlik ‘n vraag waarmee jeugbediening baie worstel.  Maar op hierdie manier word jongmense gereduseer tot hulle wat “nog nie ‘n plek het nie”, wat “nog nie ‘n stem het nie”. Ons verwag van hulle om een of ander rol te vervul as ‘n tipe van ‘n time-filler tot hulle eendag aan die regte wêreld sal kan deelneem.

Maar wanneer is dit die regte wêreld? Wanneer is daar ‘n normale proses van opleiding waarin ‘n ouer generasie ‘n jonger generasie mentor en deelmaak van ‘n omgewing wat geken moet word, en wanneer is daar ‘n sisteem wat seker maak dat jonger stemme nie ernstig opgeneem word nie, uit sekere posisies gehou moet word, nie volledig plek kan hê nie, omdat hulle, in die geval van die wêreld wat ek ken, nie “normale dominees” mag wees nie.

Mag sal in hierdie konteks dan beteken om die beheer te hê oor wat is aanvaarbaar om te sê, beheer op grond van geen ander rede as ouderdom nie. Natuurlik sal dit in ons polities korrekte liberaal demokratiese omgewing selde, indien ooit, eksplisiet so uitgespel word soos “kinders moet gesien word en nie gehoor word nie”, die gevaar lê dalk juis daarin dat hierdie reëls, asook die uitvoer en instandhouding daarvan, versteek bly.

En indien dit waar is, wat natuurlik oop is vir debat, dan sal ek my analogie ‘n stappie verder vat en sê dit is waar omdat dit sekere voordele by hulle wat die genormaliseerde posisie inneem instand hou. Wat hierdie voordele is is natuurlik nie altyd so eenvoudig om te bepaal nie. Dalk die versekering van werk in ‘n tyd toe werk skaars was in die NG Kerk (en massas opgeleide predikante wat vandag in hulle 30’s is uiteindelik ander werk moes gaan soek). Dalk die blote gevoel van mag wat bloot vir die ervaring daarvan instand gehou moet word (ek is seker daar is al studies gedoen oor hoe ons wat dominees is, en ek moet myself dan insluit, met mag behep is). Dalk daai lekker plekkies waarin predikante hulleself inwerk oor jare waar hulle eintlik bitter min doen, maar die kerkraad so onder beheer het dat hulle vet salarisse trek en niemand vrae vra nie.

Hoe dit ookal sy, as daar ‘n genormaliseerde vorm is wat met mag in stand gehou word, gaan soek maar vir hoe hierdie vorm die wat dit instand hou aanhou bevoordeel.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: