Kan ouer dominees breek hiermee?

Ek dink aan ‘n spesifieke kolega vir wie ek ongelooflike respek het op die oomblik. Hy is waarskynlik die voorbeeld van die absolute teendeel van wat ek hier beskryf. Hy sal met tye eksplisiet in gesprekke aan my noem dat hy as jong dominee moes beleef wat ouer dominees aan jonger dominees doen, en dat hy homself voorgeneem het om dit nooit te doen nie. Hy sal bewustelik mag weggee, besluite oorgee, ruimte laat dat hy uitgedaag word. En tog, met tye dan beleef ek hoe my tong vashak, en ek dinge nie sê nie wat ek sou gesê het as ek tussen ‘n crowd was wat my eie ouderdom is.

In die analogieë wat ek gebruik kom hierdie natuurlik ook voor: vroue wat sekere goed net sal sê wanneer hulle op hulle eie is, selfs al is dit voor mans wat hard probeer om nie die mag wat hulle posisie as mans hulle gee te gebruik nie, of swart mense wat sekere goed net sal sê wanneer daar nie wit mense by is nie, selfs al probeer hierdie witmense baie hard om te breek met die bevoordeling en mag wat hulle ras bring. Daar is momente waar hierdie reëls nie geld nie, maar dit vat werklik ‘n lang tyd en diep verhoudinge om dit te veroorsaak.

Sekere goed wat dus natuurlik gesê kan word wanneer sekere magsverhoudinge ontbreek, word nie gesê nie wanneer hierdie magsverhoudinge teenwoordig is. En om bloot oor en oor te sê “Hierdie is ‘n veilige ruimte. Hierdie is ‘n veilige ruimte” los nie die probleem op nie. Slegs tyd, waarskynlik baie jare, en die bewys dat hierdie inderdaad ‘n veilige ruimte is, kan dit tot gevolg hê.

Op ‘n manier onderbreek ek myself met hierdie post, en dit was ook die laaste een in die reeks om te skryf. Ek skryf dit seker vir ‘n hele klomp predikante wat ek ken wat ongelooflik hard werk om hierdie tendens wat ek beskryf af te breek in die kerk, en ek moet byvoeg dit is waarskynlik danksy hulle dat ek actually waag om hierdie reeks te skryf (van hulle het my pertinent aangemoedig om dit te doen). Maar selfs vir hulle is die hartseer realiteit dat hulle steeds ‘n sekere magsverhoudinge indra, al wil hulle nie. Net soos wat ek doen wanneer ek met my ds. titel, my manlike geslag, my wit vel, in verhoudinge inkom.

Die onderbreking is dalk maar net om te pleit dat ons nooit mag onderskat nie, en nooit onsself bluf dat ons nie so erg soos ander is nie, of dat ons nie skuldig is omdat ons nie aangekla word nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: