Maar wat dan van skills?

Daar is natuurlik altyd die vraag oor skills. Ek bedoel, ouer dominees is immers meer ervare. En laat ek die eerste wees om die argument gelyk te gee. Ek het myself al oor en oor as uiters gelukkig beskryf om in die menigte inter-generatiewe verhoudinge met senior kolegas te staan waarin ek staan, en sonder twyfel is daar sekere sake wat maar ‘n stukkie ervaring kort, sekere skills wat hulle besit wat ek by hulle moes, en steeds moet, leer.

Maar tog is ek versigtig vir hierdie argument in die kerk. In kort, vir die argument om staande te bly moet dit waar wees. En alhoewel ek nie dodelik simplisties te wees nie, is dit hier nodig: ons mag slegs die meerdere skills van ouer predikante gebruik om die verhoudinge tussen ouer en jonger predikante te verklaar wanneer daar werklik meerdere skills is. Kom ek probeer weer: Ouer dominees het nie meerdere skills omdat hulle ouer is nie, hulle het net meerdere skills wanneer hulle meerdere skills het. Maak die uiters simplistiese nou sin?

Natuurlik weet ouer dominees partymaal beter. Maar hulle weet nie beter omdat hulle ouer is nie, hulle weet beter omdat hulle beter weet. En as hulle nie meerdere skills het nie, dan is dit nou ook maar so. Partymaal is jonger dominees bloot net meer bekwaam.

Waar ek hoor die spanning dan nou veral verskriklik hoog loop, ten minste in hoe jonger dominees dinge beleef, is waar ouer dominees nie noodwendig meer skills besit nie, maar steeds die rol van die ervare senior kolega try speel.

So in kort: natuurlik is daar ‘n argument vir ervaring, maar daai argument mag nooit gebruik word bloot net omdat daar so argument is nie. Dit mag net gebruik word waar dit actually van toepassing is. En hoe gaan ons besluit wanneer dit die geval is? Wel, dit is die catch. Ons gaan dit waarskynlik net kan besluit wanneer daar geen spesiale gesag aan ouer dominees gegee word omdat hulle ouer is nie. Waar hulle juis op volledig gelyke vlak met predikante uit alle vlakke hanteer word.

Dalk net ‘n ander opmerking rondom skills wat belangrik is. In die kerk het ons nogals so manier om jong dominees juis as uiters skilled te beskryf, en ook dit kan ‘n vorm van onderdrukking wees. Jong dominees het skills met jeugbediening en IT, en daarom moet hulle die jeugbediening en die gemeente website na kyk. Vir soveel jong voices wat egter beleef dat hulle nooit mag verwoord dat hulle regtig jeug en tegnologie haat nie, is hierdie toegeskryfde skill dan ‘n uiters onderdrukkende aspek van hulle werk.

Advertisements

6 Responses to Maar wat dan van skills?

  1. toortsie sê:

    Ek wil myself darem net meer duidelik stel… ek HOU van die jeug(of jonger mense??)! En hulle HET oulike idees en baie nuwe dinge geleer as hulle klaar studeer het (ek praat van ENIGE persoon wat klaar studeer het)… Maar die generasie-gaping sal daar maar altyd wees.. ons moet net leer om dit te oorkom en om die beste van albei kante maak – die wysheid van die grysheid, sowel as die moed, wil, waagmoed van die jeug… want ons het ALBEI nodig!!!

  2. bloedbek sê:

    Cobus, het ons voorgeslagte nie ook maar van die jeug in vele vorms van minagting gepraat nie?

    Daar is vele vorms van skills, sommige skills is aangebore en sommige aangeleer.

    My punt is, die optimale gebruik van die “skills” van oud en jonk is tot voordeel van die geheel…Die jeug moenie bang wees om hulle skills te gebruik nie en die oueres moenie bedreig voel deur die skills van die jeug nie. Gebruik dit tot voordeel van almal.

  3. Cobus sê:

    Toortsie. Dit is ‘n aspek wat ek dink ons na moet kyk ja, maar ek skryf hierdie met magsverhoudings in die agtergrond, en ek dink ons moet “voortvarendheid van die jeug” probeer verstaan met teorieë oor hoe mag werk in ons agterkoppe. Daarna dink ek moet ons ontwikkelingsteorie sterk bytrek, en voortvarendheid verstaan deur die lens van wat die sterk eienskappe van sekere ouderdomme is, en dit weer toets teen hoe hierdie eienskappe deur mag wat met ouderdom gepaardgaan onderdruk word. As ons dit goed gedoen het, dink ek sal ons steeds partymaal oor voortvarendheid praat, en dit dan net beskryf as iemand wat dom is en nie bereid om te leer nie.

    Maar dankie, ek dink jou opmerking maak vrae oop wat ons oor sal moet dink.

  4. toortsie sê:

    … maar daar IS iets soos die “voortvarendheid van die jeug” waarmee ons darem tog moet rekening hou… of is dit nie hier van toepassing nie??? (ekskuus, ek wonder net…)

  5. toortsie sê:

    Daardie is nie net ‘n probleem in die kerk nie….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: