Wat ouderom anders maak: mense gaan dood

Daar is natuurlik een ding wat ouderdom anders maak as ander aspekte van onderdrukking soos ras, geslag, klas (en lengte, moet darem net hier noem wat ‘n paar mense die laaste maande vir my uitgewys het: mense is ongelooflik bevooroordeels rondom lengte): mense gaan dood.

Ja, bietjie kras, maar die realiteit is dat ons die jare van ons jeug moet geniet, want ook die jeug en jonk wees kom tot niks… wel, nie heeltemal waar nie, die jeug en jonk wees lei tot ouer word. In die kerk lei dit daartoe dat jy kort voor lank nie meer die jong dominee is nie.

Dis nou sekerlik nie die mees significant observasie nog nie, maar ek dink tog belangrik na ‘n paar kante toe wanneer ons met hierdie onderwerp besig is. Wel, seker maar net twee kante: party mense was iemand jonk gewees, en ander gaan iewers nie meer jonk wees nie. So as ons hierdie magsverhoudinge bestudeer dan is dit altyd in beweging, en is ons altyd besig om van die een na die ander te beweeg.

Ouer voices onthou iewers ‘n tyd toe hulle die jong stemme (of gesprek aan stemme) in die kerk is, en jonger voices weet dat iewers gaan hulle die met die mag wees. In laasgenoemde lê dalk die grootste probleem, en ons het in Afrikaans ‘n baie mooi woord om dit te beskryf: ontgroening. Eerstejaars gaan deur ontgroening met as grootste motivering dat hulle vorentoe die kan wees wat ander ontgroen. Dit is die wortel wat gebruik word. Seniors ontgroen eerstejaars, want as hulle daardeur moes gaan, dan moet hulle die geleentheid kry om ander weer te ontgroen.

In die kerk vermoed ek dit is ‘n baie belangrike rede hoekom ‘n ernstige kritiek op die magsverhoudinge wat rondom ouderdom uitgespeel word baie moeilik is. ‘n Ouer generasie predikante is iewer sop getrap deur ‘n nog ouer generasie (luister maar net die stories van hoe jong stemme hulle plekke moes ken op sinodesittings), en hulle daar moes deur om hulle plek te “verdien”, dan moet vandag se jong dominees dit ook doen (let wel, ek het nog nooit iemand dit so hoor uitpak nie, maar ek glo tog die vergelyking is belangrike). Aan die ander kant, sou jong dominees ernstig ‘n kritiese gesprek oopmaak oor hierdie magspel, dan gee hulle daarmee saam hulle reg weg om ooit een van die “ooms” te word, dan kan hulle nooit in daai stoele gaan sit nie.

Ek het nou nog nie by die dood uitgekom nie, maar ouer word lei maar altyd daartoe (vir nou elkgeval, dalk is een of ander sci-fi writer wel reg gewees en kan dit iewers verander). Die feit dat rondom ouderdom almal iewers al die verskillende rolle gaan speel maak dit anders as baie ander magsanalises, en maak die reaksies van almal wat deel van die sisteem is anders as ander vorme van magsverhoudinge.

Ontgroening sal immers nooit van so aard wees dat dit verhoed dat ‘n volgende generasie deel word van die sisteem nie, want dan is daar nie meer ‘n sisteem nie. En daar is altyd die vrees by die ontgroendes dat hulle dalk nooit mag sal vind as hulle nie maar buk en die houe vat nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: