Die most patronizing opmerking ooit!

Ek beskou myself nogals as iemand wat my pose kan hou, wat nie maklik my humeur verloor nie, nie maklik ‘n scene gooi nie. My huismense sal dalk ‘n ander storie vertel, hulle moet immers dan sien hoe ek rondom aandete afgaan oor wat my pla. Baie ander mag ook dalk lag vir die opmerking, en dink dat die bloot onder ‘n ilusie leef, en dat ek eintlik glad nie regkry om wat ek dink vir myself te hou nie.

Een plek waar ek egter van tyd-tot-tyd lus voel om my humeur te verloor, my toys uit my kot uit te gooi, ‘n vloermoer te gooi, myself soos ‘n stout kind te gedra, en alle moontlike tekens van volwassenheid wat elkgeval ontken word opsy te skuif, is wanneer ek met die most patronizing opmerking ooit gekonfronteer word.

“Toe ek so oud soos jy was het ek ook sulke dinge gesê, maar noudat ek ouer is…”

In die kerk kom dit gewoonlik uit wanneer jong stemme droom oor wat die kerk kan wees of droom oor wat die wêreld kan wees.

Dalk is my woede onregverdig. Ek bedoel, daar is tog sekere goed wat tipies aan sekere fases in jou lewe is. En vir jong stemme om die dromers te wees is ook nie so vreemd nie. En om daai drome te verloor ook nie.

Maar ek dink wat my laat in tale praat en demone uitdryf is dat iemand anders sommer vir my besluit dat ek my drome moet opgee, dat ek nooit verandering sal kan help bring nie. Meer nog, dat ek eintlik half belaglik is om nie die genormaliseerde standpunt in te neem wat hy (ja, meestel ‘n hy) inneem nie.

Verder dat hy actually dink ek is nie instaat om te kan weet dat wat ek sê is ‘n droom, en een wat bitter moeilik waargemaak gaan word nie. Meeste dalk dat hy assume dat my drome maar niks meer of minder is as wat hy gedroom het nie.

Die punt is dalk net dat ek gemanipuleer voel om my stem te moet stilmaak. Ek mag nie as ‘n 20-something, ‘n dromer, ‘n teoloog in eie reg, my stem en stempel afdruk op die idee van die kerk nie, ek moet maar bloot inval by watookal die “ouer dominee” sê, omdat “ouer dominee” vanuit die alwetenheid uit besluit wat ek gaan dink wanneer ek eendag ‘n “ouer dominee” word.

Hartseer is dalk dat dit partymaal ‘n self-fulfilling prophecy word.

Jong dominees moet jong dominees op hulle eie manier kan wees, nie bloot in na-aping van wat vir hulle neergelê word, of volgens die reëls wat die genormaliseerde posisie dominee daarstel nie. Dit beteken dat drome en ander prespektiewe vir ‘n oomblik ernstig opgeneem word as deel van die stem van die groep “dominees”.

Advertisements

5 Responses to Die most patronizing opmerking ooit!

  1. bloedbek sê:

    Santie as jy jou drome wil droom doen dit en as jy iets wil aanpak en almal dink dis ‘n great gedagte, los dit, maar as niemand wil saamdroom nie, dis die droom om te volg. Die rede mense wil nie hulle comfort zone verlaat nie en daarom is mense baie bang vir die onbekende, die onbeproeftde.Alle vernuwing en verandering en innovering begin met ‘n droom/gedagte/visie….

  2. Santie sê:

    Daar is rerig niks so aaklig soos as mense vir jou sulke goed sê nie. Ja ek weet ek nog ietwat naïef oor wat ek kan of wil regkry met die kerk en die jeug, maar is dit nodig vir die ou dominee om altyd te reaggeer op dieselfde manier? “Jy mors net jou tyd. Ek het ook gedink ek gaan iets regkry hier, maar eendag sal jy sien.”

    Ek het nog nie eers ‘n droom behoorlik gedroom nie, dan word die bubble al gebars. En dit gebeur als klaarblyklik net om my te beskerm, sodat ek nie te teleurgesteld is as alles fail nie. Ek word nie net gekeer om te droom nie, maar sommer ook ingelig vir watter mense ek nie eers moet probeer betrek nie, want hulle sal nie belangstel nie.

    Ek wil nie eers meer my gedagtes en drome deel nie, want dit word afgemaak as nikswerd.

  3. leerder sê:

    Frustrasie, omdat mens nie jou visie kan uitleef binne ‘n sekere domain nie, kan wel oorvloei in woede. Ek vermoed egter dat die diepste (ontkende) bron van daardie woede nie die onderdrukkende beperkings is nie, maar bloot mag wees omdat mens homself (vrywilliglik, of steeds) in daardie tipe milieu bevind.

    Dit is die taak van profete om die status quo aan te spreek; om vir die koning te vertel hy doen nou verkeerd; om die volk te vermaan, en die regte rigting aan te wys. Maar profete verwoord nie hulle eie drome nie; hulle seg: So spreek die Here!

    En hulle spreek so ‘n woord gewoonlik vanaf ‘n plek buite die establishment, nie in onderdanige diens daaraan nie. Hulle het steeds gesag, want die bron van hul gesag is nie die establishment nie, maar die Hoegere Hand van Waarheid.

    ‘n Ander ouer man mag dalk, in aanmoediging van mens se drome, geseg het: “Kom uit haar uit, ou seun,” maar so ‘n oom sou nie meer ‘n dominee wees nie.

  4. bloedbek sê:

    Ek stem saam. Moenie ophou droom nie. Ons kort dromers, dromers wat bereid is om die status quo te “challenge”. Maar ek moet ook verskil met Gerhard, gesien in die lig hoeveel jong mense die kerk verlaat bloot omdat hulle nie mag dink of droom nie. Indien die oues van dae net kan besef hulle het hulle beurt gehad, gee oor aan die jonger geslag, behalwe as die oues van dae, jonk van gees is, bygeseg.

  5. GerhardvR sê:

    Ek is nie ‘n Ds nie en volgens jou klassifikasie waarskynlik net so oud soos die ouer dominees.Ek raak net so gefrusteerd met die feit dat baie van die jongmense in ons gemeente nie wil droom oor die kerk nie en niks wil doen om die wêreld te verander nie!Al probeer ‘n mens hulle aanmoedig is hulle net te gemaklik met die status quo.Moet asb nie ophou om te droom en te probeer om groter en anders oor die kerk te dink nie.Dit is juis wat ons nou nodig het!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: