Ag, hy’s maar net ‘n angry jong dominee

‘n Vriendin het my so ruk terug na die musiek van Ani Difranco gewys. Bi-seksuele musikant en feministiese icon uit die Amerikaanse scene. Ek love haar, deels omdat sy actually kan musiek maak, maar ook omdat van haar lirieke absoluut briljant is. En ek het maar ‘n liking in die feministe wat al hoe dieper en dieper besig is om gewortel te raak, en hopelik leer hulle my al hoe meer en meer om van my privilege rondom die blote feit dat ek ‘n man is te deconstruct.

In not a pretty girl sing sy

I am not an angry girl

but it seems like I’ve got everyone fooled

every time I say something they find hard to hear

they chalk it up to my anger

and never to their own fear

Dalk skryf ek hierdie nou as ‘n voorlopige apologie vir enige iemand wat oor die afgelope paar dae se blogposts gestumble het en bietjie vies was oor die jong dominee wat nou al weer net heeltyd moan. Dalk skryf ek hierdie as sommer net ‘n stuk selfregverdiging, en roep ek quotes van belangrike mense in.

Maar die punt is dat in alle ander power relations die beskuldiging dat iemand kwaad is gebruik word om mense stil te maak. Die “angry black man” is een wat ons eintlik net bietjie moet ignoreer, en eerder luister na die stemme wat mooi inpas in ons wit gedomineerde wêreld. Die “angry girl” label gee ons ‘n rede om ‘n feministiese stem te ignoreer, want wie wil nou na ‘n kwaai girl luister, ons luister een na die nice vroue wat “praat soos wat vroue veronderstel is om te praat”.

Kry ons dit nie dalk rondom ouderdom ook nie?

Ons soek jong dominees wat  binne die rol sal bly wat vir hulle gegee word. Daai rol vra natuurlik ook dat hulle ‘n sekere stuk kritiek moet lewer op die kerk, maar die kritiek wat gelewer mag en moet word is ek vermoed grotendeels voorafbepaal. Die stemme wat aan die heilige koeie raak, die wat power relations ernstig uitdaag, op ‘n sisteem-vlak, kan so maklik beskryf word as sommer net onvergenoegd, as kwaad, as bakleierig, en daarvoor het ons nie tyd nie.

Maar soos in alle ander power relations, vrees ek dat ons die bakleierigheid van die dominante groep (mans, witmense), en die geweld wat hulle aan ander aandoen gemaklik aanvaar, maar nie die kwaai stemme wat sisteme van mag uitdaag nie.

Advertisements

2 Responses to Ag, hy’s maar net ‘n angry jong dominee

  1. toortsie sê:

    Hello, ek hoor jou frustrasie, en ek weet ek het nou al by ‘n paar van jou skrywes geantwoord. As ek jou irriteer, vra ek om verskoning. Ek dink sommer net nou hieraan, en as “bemoediging”? wil ek graag vir jou net sê: Onthou, ons word maar almal getoets, waar ons ook al is, of dit nou in die bediening is of waar anders in die lewe. Die gemeenskap toets jou, die mense saam met wie jy werk, en veral God toets jou ook. Ons raak soms gefrustreerd as ons in ‘n pos is wat ons dalk nie graag in wil wees nie. Maar ek het geleer dat as jy dit wat oor jou pad kom, voluit doen, met oorgawe, al is dit nie heeltemal wat jy WIL doen nie, gaan die REGTE paaie later vir jou oop. Kou bietjie hieraan… Die mense (gemeente of seniors) sien dat jy dit wat jy kry om te doen, GOED doen, en dan begin hulle LUISTER en HOOR wat jy graag WIL doen, en laat dit selfs dalk toe!! Wie weet???

  2. GerhardvR sê:

    Ek dink die grootste probleem is die sisteem waarbinne daar gewerk word.Om die sisteem uit te daag sal uiteraard probleme veroorsaak omdat dit die status quo aanvat.Werk jy buite die sisteem sal jy seker gesideline word en bloot geignoreer word (Mind you dit is presies wat op die ou end binne die sisteem ook gebeur!)Miskien moet die sisteem self aangevat word.Iets wat ek in geval baie sterk ondersteun.Anders werk buite die sisteem en wag totdat die ouens in die sisteem sien wat jy doen en begin agterkom jy is tog reg!Sterkte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: