Loop jou eie paadjie jong dominee

Ek het in die vorige post na Ani Difranco se not a pretty girl verwys.

As ek dan egter die feministe wil inroep tot steun vir hierdie reeks blogposts, dan moet ek dit egter ook konsekwent doen. Difranco se lirieke in die res van die song, wat ek dink ook ongelooflike toepassings het rondom racial issues, en rondom die kerk se benadering tot sending, maak dit duidelik dat mans asseblief daai patronizing ding dat hulle al wat vrou is moet “red” van ontslae moet raak.

Jong voices in die kerk moet dit hoor. So hard as wat ons teen structures wat onderdruk moet baklei, mag ons nie as oplossing een of ander “sagte opheffing” aanvaar nie. Die genormaliseerde posisie van die “ouer dominee” moet uitgedaag word. Die sisteem wat jong stemme doodruk moet uitgedaag word. Dit moet hard uitgedaag word. Maar die laaste ding wat ek wil wees is ‘n kwota! Daarmee sê ek nie kwotas mag nooit gebeur nie, kwotas is egter net ‘n teken dat die sisteem diep problematies is rondom magsverspreiding. Kwotas is dus partymaal nodig, maar niemand wil ooit ‘n kwota wees nie, en ek ook nie.

Ek wil doen wat ek doen, wees waar ek is, op grond van die bydra wat ek kan maak. Die ander kant van die muntstuk is natuurlik dat jy my woede kan verwag as ek suiwer op grond van ouerderdom weggehou word van ‘n plek waar ek wel ‘n bydra sou kon maak.

So, as jy lus het om iemand te red, moenie ‘n jong dominee as projek gaan soek nie, soek ‘n katjie wat uit ‘n boom gehaal moet word (dankie aan Difranco vir daai briljant beeld). As jy egter iets aan die magsverhoudinge in die kerk wil doen, daag die sisteem uit wat seker maak dat hierdie space beheer word deur wit mans bo 50.

Soos in soveel ander gesprekke oor mag, is die kreet van jong voices in die kerk bloot net vir ‘n regverdige kans. Om gehoor te word daar waar ons werklik ‘n bydra kan maak.

 

Advertisements

3 Responses to Loop jou eie paadjie jong dominee

  1. Ronald sê:

    Vinnig moet ek darem ook byvoeg, al het ons nie almal tyd om Don Quixote te lees nie, sal dit goed wees om die hele affêre met die windmeule te onthou; ‘n status quo is nie op sigself verkeerd nie.

    Gits, voel ek nou skuldig – gaan gou Don Quixote op Kindle soek. 🙂

  2. toortsie sê:

    Doen jou ding. Maar probeer om nie die “ou klomp” te kwaad te maak nie. Doen dit klein bietjies op ‘n slag, en so, sonder dat jy dit amper agterkom, begin jy jou merk maak… en kort voor lank gaan jy resultate begin sien… doen juis jou ding daar waar jy dit “mag” doen, op jou manier, en so begin jy die boodskap uitstuur dat daar tog dinge is wat dalk anders gedoen kan word. Sterkte!

  3. GerhardvR sê:

    Aha,Ek sien jy stem saam dat die sisteem uitgedaag moet word soos ek in reaksie op jou vorige post gesê het.Die probleem nou is om seker te maak jy word gehoor!Dit gaan nie so maklik wees nie want jy kan verwag dat jy dalk vinnig geëtiketeer gaan word (en waarskynlik vermy gaan word)of bloot geignoreer gaan word.Ek dink hier is baie wysheid nodig.Tog dink ek jou opskrif van die blog is in ‘n sin die antwoord :loop jou eie paadjie! Erens gaan iemand tog agterkom hier is groot fout en dat ons ernstig oor die status quo sal moet besin.Sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: