Nou wat wil die jong dominees dan hê?

‘n Vriend van my wat ‘n sterk voice vir black theology in ‘n post-Apartheid Suid Afrika is help my verskriklik baie wanneer hy die vraag antwoord: nou wat wil swartmense dan nou hê? Jy weet, vir die kwaai swart man/vrou vra ons mos altyd: nou wat wil julle swartmense dan nou hê? Of beter nog, wat wil julle swartmense dan nou nog hê? Ons dink mos ons het alles klaar weggegee.

Dan antwoord hy dat swartmense wil hê dat hulle interpretasie van gebeure as legitiem beskou moet word. Dat hulle ‘n voice kan word wat die verlede herinterpreteer, en dat daarna geluister word. Ek wil byvoeg, en ek is seker hy sal hiermee saamstem, dat swartmense se interpretasie van die huidige situasie ernstig opgeneem moet word, selfs wanneer, of eerder, veral wanneer, dit die dominante interpretasies uitdaag.

En dalk is dit maar al wat jong dominees op die tafel wil sit: Wanneer ons ons monde wil oopmaak, wil ons veilig voel om dit te doen. Wanneer ons sê dat ons nie veilig voel om dit te doen, dan wil ons nie belaglik gemaak word nie. Wanneer ons ‘n interpretasie van die verlede of die hede deel, weet ons dit gaan krities bespreek word, en dit is reg so, maar ons vra dat dit nie ignoreer word net omdat dit ‘n jong persoon is wat die interpretasie op die tafel sit nie.

Die kerk wat ek leer ken het is vol groepe. In hierdie kerk is daar massas gesprekke wat aan die gebeur is onder jonger voices. Ons sê vir mekaar goed wat ons nooit sal waag om te sê in die geselskap van die “grootmense” nie. Die uiteinde van hierdie kort reeksie gedagtes is dalk net presies dit: dat hierdie gedagtes uitgespreek sal mag word, omdat dit ewe legitieme idees is as ander wat wel vir hierdie kerk-sisteem waarbinne ons leef sosiaal aanvaarbaar is, en verder dat as dit nie uitgespreek word nie, ons raaksien dat hier ‘n magspel rondom ouderdom binne hierdie sisteem aan die werk is wat ons nie kan of mag van die tafel af vee met mooi woorde, kwotas, of selfs die jong voices wat bereid is om volledig hulle rol as jong dominees in ‘n wit 50+ manlik gedomineerde sisteem te speel nie.

Rondom die laaste groep moet ons raaksien dat sulke voorbeelde tog te vinde is rondom vroue wat mans as die genormaliseerde posisie instand hou, swartmense wat die wit ras as die genormaliseerde posisie instand hou, en indien jy die genormaliseerde posisie inneem mag jy nie hierdie voorbeelde gebruik om die kritiese stemme van die tafel af te vee nie. Rondom ouderdom mag dit dalk selfs nog meer die geval wees, want daar is altyd op die horison die realiteit dat die jeug en die jongheid verby gaan, en dat ek een van die “ooms” gaan word (hier die realiteit dat die onderwerp ‘n totaal ander kleur gaan hê vanuit die oë van vroue), en dat ek dus maar vir nou sal buk, my houe vat, die slawewerk doen, want eendag gaan ek weer kan uitdeel. So is ons tog geleer in ons ou Afrikaner kultuurtjie. Wees ‘n standers 6, wees ‘n eerstejaar, gaan deur die ontgroening, want dan kan jy ‘n oom word. Dit is dalk die ding wat ons die hardste teen gaan moet baklei…

Advertisements

2 Responses to Nou wat wil die jong dominees dan hê?

  1. […] wat is die punt dan nou van jongmense in die gemeentes? In die conclusion van die reeks oor jong dominees in die kerk het ek geskryf oor wat jong dominees wil hê: Wanneer ons ons monde […]

  2. GerhardvR sê:

    Ek lees netnou ‘n artikel van Erna Olivier van Unisa “Afrikaner Christianity and the concept of Empire”.Sy bespreek die konsep van “Empire” en sê dan die volgende:”In structuring the lives of the people, the Afrikaner Empire used a hierarchical system of controlling public opinion. The Afrikaans-speaking churches use hierarchical structures of church government, inherited from John Calvin’s theology.
    Each church also has its geographical centre where the central church offices and the training facilities are located”.Toe ek dit lees begin ek dadelik te wonder of dit nie nogsteeds die hele probleem is met die ouer Ds. nie!Dit is presies wat jy ook sê.Lyk my die geskiedenis probeer ons ‘n les leer.Hierdie hele hierargiese struktuur sal moet afgebreek word voor ons enigsens sal vorder.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: