“between danger and opportunity”: waar die kerk kreatief nuut dink

David Bosch begin sy summa missiologica, Transforming Mission, met as eerste opskrif “between danger and opportunity”. Met verwysing na Kosuke Koyama skryf hy dan

The Japanese character for “crisis” is a combination of the characters for “danger” and “opportunity” (or “promise”); crisis is therefore not the end of opportunity but in reality only its beginning, the point where danger and opportunity meet, where the future is in the balance and where events can go either way.

Gevaar kan die kerk in twee rigtings laat gaan: of ons trek laer, of ons bring kreatief iets nuuts na vore. Bosch lys van die gevare. Vir hom gaan baie daarvan oor die veranderende verhouding tussen die kerk in die “Weste”, die tradisionele homeground van die kerk, en die kerk in die res van die wêreld. Dit sluit die westerse kerk wat krimp in, asook die komplekse refleksie op die verlede wat nodig is. Verder die spanning tussen ryk en arm en die implikasie van die ontwikkeling in wetenskap en tegnologie vir teologie en kerk.

Laer trek of iets kreatiefs na vore laat kom… en waar gebeur dit?

Ek het al voorheen my skeptisisme oor ons alewige gekla oor die kerk was krimp uitgespreek, en ook dat ek twyfel of ons grootste krisis werklik getalle is. Vanaand wonder ek egter oor iets anders. Orals maak ons die claims dat die kerk ‘n krisis beleef, maar die oplossings wat ons najaag kom gewoonlik vanuit die plekke waar die kerk die minste van ‘n krisis beleef. Willow Creek, Saddleback, Moreletapark. Almal kerke wat in van die rykste moontlike suburbs geleë is. Iemand sê vir my Mars Hill is in ‘n stad wat van die hoogste kerkgaande syfers het. Ek moet vra of die kreatiwiteit wat ons op sulke plekke kry gedryf word deur ‘n dreigende krisis, en of dit die luxury van sekuriteit is wat kreatiwiteit moontlik maak.

Nou moet ons eerlik wees, as jy weet daar is ‘n paar miljoen in die bank dan maak dit sekere eksperimente moontlik wat nie moontlik is as die bankbalans in rooi koeverte gepos word nie. Maar daar is ‘n ander kreatiwiteit wat ek dink ons mis as dit ons modelle is. Dit is die kreatiwiteit wat jy net kry wanneer jy werklik die krisis aan jou lyf voel, en nie net wanneer jy die krisis simuleer omdat jy iewers gehoor het die kerk is veronderstel om ‘n krisis te beleef nie.

Die obvious plekke wat ons dan moet gaan kyk is daar waar die derde wêreld teologieë ontwikkel het: dit was in reaksie op werklike krisis. Vandag natuurlik in ons werklik arm gemeenskappe. Hulle moet kreatief nuut dink oor kerk. Hierdie plekke kan ook laer-trek plekke word. As die geld min word, dan kan ons maklik besluit dat enige eksperiment te gewaagd is. Of ons kan besluit dat ons nou moet waag anders gaan ons dit nie maak nie.

Twee goed het my laat dink oor waarheen ons kyk wanneer ons wil praat oor die toekoms van die NG Kerk. Ben van Dyk van Kwazulu Natal sinode het so twee jaar terug hulle bedieningsmodel op ‘n blog gegooi (ek het dit vanaand weer gelees, wat hierdie post tot gevolg gehad het). En die eenvoudige antwoord is dat ek vermoed hulle is baie van ons voorste stadsgemeentes ver voor. Hy beskryf die krisis, kies teen laer trek (die blote feit dat die hele kerkfamilie saam aan oplossings dink is reeds ‘n teken hiervan) en probeer kreatief nuut dink. Maar met alle respek aan Natal, daai is nog nie eens so kreatief nie. Maar laasgenoemde opmerking is dan eintlik net ‘n ongelooflike kritiek op die res van die kerk, omdat ons nie die prioriteite wat hier heers op ons tafels sit nie. Opleiding van lidmate om self kerk te kan wees is immers eintlik net basic teologiese common sense. Dalk neem dit egter ‘n krisis om by hierdie common sense uit te kom.

En nou weet ek dat ons groot gemeentes ook massas opleiding van lidmate doen. Hier is immers dalk ‘n ander krisis, hierdie een die verlaagde gemiddelde geldelike bydrae per lidmaat in groot gemeentes (daar mag uitsonderings wees, maar klink my hierdie is tog ‘n tipe tendens), wat maak dat die aantal lidmate per predikant al hoe meer word hoe groter die gemeente is. Maar Natal se opmerkings het ‘n ander tipe radikaliteit daaraan. In ons groot gemeentes sal ons praat van die opleiding van lidmate wat saam met predikante kan werk om ‘n groot aksie te hardloop. Natal praat van die opleiding van lidmate sodat hulle gemeentes kan hardloop, sodat hulle self kan droom oor bedieninge.

‘n Tweede voorbeeld. Renier Lourens is deesdae predikant doer in Namibië somewhere. Jy weet, daai plekke vanwaar mense vlieg om by ons in die stad te kom leer, maar waar ons nooit gaan kuier om te kyk wat doen die kerk daar nie. Ek maak ‘n opmerking ‘n tyd gelede op facebook oor ‘n gesprek rondom ‘n “non-racial future for the church” waaraan ek moes deelneem. Renier vertel dat daar in die noorde van Namibië sit hulle in ‘n “multi-kulturele” gemeente. Ook maar omstandighede? ‘n Krisis? Geforseer om kreatief nuut te dink?

Wanneer die kerk ‘n krisis beleef gaan ons shots vat. Dink maar aan die NG Kerk se middestad gemeentes wat op sulke strepe toegemaak het of bloot verouder het tot op ‘n punt waar dit vandag van die hoogste gemiddelde ouderdomme het (ten spyte van die ongelooflike vibrant jong community in die middestede). Partymaal trek ons laer. Partymaal is daar kreatiewe goed wat gebeur in gemeentes lank voor hulle enige krisis beleef, ons is immers nie stupid nie, en weet dat as ons nie nou begin luister na wat oor die toekoms gesê word nie, gaan ons irrelevant wees oor 20 jaar. Maar die een storie wat ek myself nogals wil verbind om meer van te hoor in die toekoms is om die kreatiewe goed wat op die fringes gebeur na te luister, en nie net die kreatiewe goed in die sentrums nie.

Waar is die fringes? Kom ek kwalifiseer, waar is die fringer waar die NG Kerk enigsins reeds beweeg (want in baie van die fringes is ons net soos in glad nie)? Natal, Oos-Kaap en Namibië sinodes. Middestede all over. Party gemeentes in die platteland (onthou, beide laer trek en nuwe moontlikhede sal op die fringes voorkom), ander is maar net in sweet spots waar niks verander nie. Ek vermoed ons gaan ander goed sien as beide kreatiwiteit en ‘n werklike krisis kriteria word vir die plekke waar ons gaan leer, eerder as net kreatiwiteit.

Advertisements

2 Responses to “between danger and opportunity”: waar die kerk kreatief nuut dink

  1. Ek het so ietsie meer oor ons gemeente hier geskryf http://imizindlo.wordpress.com/2011/03/29/ons-krisis-ons-eksperiment-ons-vertroue/
    Dit is geensins volledig nie, maar hopelik gee dit ‘n oorsig oor die proses waarmee ons besig is; miskien spoor dit ander aan om ook hulle krisis, eksperiment en vertroue met ons te deel en so ‘n gesprek aan die gang te kry waarby ons almal kan baat?
    Dankie Cobus vir jou “insight” en bereidwilligheid om hierdie dinge op die tafel te sit. Dit inspireer my, en ek glo baie ander, om ook ons stories en woorde te skryf en so hopelik meer helderheid te kry oor ons eie situasies.

  2. […] Cobus Van Wyngaard skryf dat wanneer die kerk ‘n krisis beleef, die kerk in een van twee rigtings kan gaan: of ons trek laer, of ons kan iets kreatief na die tafel bring. Ons gemeente beleef tans so tipe krisis (Met krisis verwys ek egter nie na ‘n dreigende-lewe-of-dood-in-die-onmiddelike-toekoms tipe krisis nie; hoewel dit uiteindelik daarheen kan lei). […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: