Wie’s die gatekeepers in die kerk?

Ek drink die naweek op ‘n stadium saam met Kristy, Ryno en Tiaan koffie in ‘n Bar aan die southern punt van Jo’burg. Ja, ek weet daai sin maak ‘n paar vrae los oor dit dan nou gebeur het, maar daaroor wil ek nie praat nie. Ek noem dit omdat ek meer en meer oortuig daar dat my gespreksgenote my help om goed te sê wat ek nooit sou gesê het sonder hulle pushback nie (en nou moet ek seker die refrain van elke skrywer neerlê dat hulle nie verantwoordelik is vir die foute wat ek maak nie, maar ek dink dis ‘n leuen, ek dink my gespreksgenote is ook deels verantwoordelik vir my foute, maar kom ons laat dit nou daar).

Seth Godin se idee van Gatekeepers en Traders wat nodig is om groepe en organisasies in stand te hou. Waar Godin daaroor skryf, en of ons getrou aan Godin se teks gebly het, weet ek nie, oor die tweede deel twyfel ek actually nogals, tog het sy beelde ‘n gesprek aan die gang gesit wat belangrik is. Gatekeepers maar seker dat die groep getrou aan hulle tradisie bly, hulle hou wag oor wie en wat inkom. Traders loop rond by ander groepe en kyk wat kan hulle leen en kry om hulle eie groep mee te verryk. Gatekeepers moet partymaal seker Traders stop. Maar beide is nodig. Te veel of te min van een van die twee is ‘n probleem. Of so het ons besluit om Godin se metafore te interpreteer.

En die kerk? Het ons te veel Gatekeepers? Party dink so. Maar ek is nie meer so seker nie. Ek dink ons het dalk te min, en die wat ons het is die verkeerdes. Of dalk het ons nie te min nie, maar die wat ons het is steeds die verkeerdes.

Hoe sal ‘n Gatekeeper in die NG Kerk lyk? Ons kan vandag veilig sê ‘n Gatekeeper is nie die oom wat met sy laaste krag baklei om Apartheid teologies te regverdig nie (met alle respek aan my Hervormde vriende, ek gebruik hierdie voorbeeld omdat ons verby hierdie issue is). Kettery impliseer immers dat die tradisie afgewyk het van die straight and narrow af, en dus dat die Gatekeepers in die eerste plek nie hulle werk gedoen het nie. Maar op ‘n manier sal die Gatekeepers seker die “bewaarders van die Gereformeerde leer” moet wees. En ek dink dit is goed so. Maar dan moet ek verduidelik.

Julian Muller skryf iewers, ek dink in Reisgeselskap, dat in sy jongdae kon jy teologie vasvat met die drie B’s: Berkhauer, Barth en Bultmann. Berkhauer was goed, Barth was bietjie goed, en Bultmann was sleg. Vandag hoor ek steeds van tyd tot tyd Bultmann se naam in die NG Kerk, al het stemme dalk verby Bultmann beweeg, hy word genoem. Barth hoor ek once in a while, maar meestal by buitelandse vriende, en Berkhauer het gaan slaap. Ten minste, dis nou as ek na die “under-40’s” kyk. Ek kan verkeerd wees, maar wys dit dan asseblief vir my.

Beteken dit dat die lot skrywers van daai ander perd boek reg was en dat die houtperd regtig tot in die NG Kerk gekom het, met Bultmann en al? Nee, ek dink net die veilige Berkhauwer’s is vervang met ander karakters.

Jy sien, as die Gatekeepers uit ‘n vorige generasie Berkhauer gelees het, dan lees die Gatekeepers vandag skynbaar Piper en Driscoll. En dit is hier waar ek wil sê dat ons nie te veel Gatekeepers het nie, maar die verkeerdes.

Waar is die “goeie conservatives” in die NG Kerk se jonger teoloë? Daai stemme wat ‘n pushback wil gee deur terug te gryp na die Gereformeerde vaders? Die jong stemme wat Luther, Calvyn, Bavinck, Berkhauer, Barth en sommer die kerkvaders by dit lees? Want hierdie selfaangestelde Gatekeepers van die kerk het skynbaar die formidabele Gereformeerde stemme geskip, ‘n short-cut gevat deur American Fundamentalism, en geclaim hulle is besig om die “ou leer” aan te verdedig. Wat hulle nie is nie. Fundamentalisme is ‘n onlangse teologiese ontwikkeling, en daai wegraping lot is net so ver weg van die tradisie waaruit ons kom af.

So wie gaan die 20- en 30-somethings wees wat ons help om belydenisskrifte te lees, wat die Reformatore herinterpreteer en uitlê vir ons dag, wat die groot Dogmatieke van die 20ste eeu herlees vir ons tyd? Want ek’s nou wel nog nie Berkhauer gelees nie (sy bande en bande vol boeke staan in ‘n boks op my rak), maar ek is seker hy praat meer sense oor natuurrampe as Piper, en oor sonde as Driscoll. Wie gaan die rol van Gatekeeper oorneem by die selfaangestelde lot wat wil kom hekwag speel met allerhande bad Amerikaanse quotes en argumente? Ek dink nie ons het te min Gatekeepers nie, ek dink ons het die verkeerdes…

(PS. Of is die tyd verby waarin ons met die groot tradisies van die kerk werk, en moet ons die teologiese lyne nou maar redraw en klaar kry?)

Advertisements

7 Responses to Wie’s die gatekeepers in die kerk?

  1. vilma sê:

    Goed

  2. Beste Kobus,
    Hier stem ek nogal met jou saam. Deur die Here se genade kon ek in Durham worstel met Bart en Bultmann (van Berkhouwer het ek al so twee boeke gelees). Dit was opwinded om veral die latere korrespondensie tussen Bart en Bultmann te bestudeer. Veral die belangrikke diskussies oor die eksistensie filosofie en eksegese.

  3. GerhardvR sê:

    Ek dink jy is reg as jy sê die Amerikaanse Fundamentaliste is die verkeerde Gatekeepers.Wie sou egter die beter opsies wees? Wat van Jurgen Moltmann en Michael Welker? (Hulle leef ten minste nog!)Of die engelsman Alister McGrath? Miskien is die vraag nie soseer wie dit moet wees nie maar bloot dat ons versigtig moet wees vir die al te maklike antwoorde wat uit Amerika(Of elders kom).Daar is beslis werk vir julle ouens!Moet asb. nie terugdeins daarvan nie.Julle nadenke en erns is baie nodig sodat die kern van wat ons glo tog wel relevant bly.

  4. cobus sê:

    Ons het elkgeval maar ‘n losse omgang met die metafore gehad, so die gesag is nie belangrik nie;-) Maar as dit Kiefert is moet ons erkenning daaraan gee.

  5. Hanno sê:

    Vermoedelik is dit nie Godin wat oor Gatekeepers en Traders skryf nie, maar Pat Kiefert. Ek raai bietjie want ek het nie laasgenoemde se boek gelees nie, maar heelwat van Seth Godin in die laaste maand of wat.

    Ek het wel ‘n boek van Pat Kiefert wat vir my gegee is om te lees oor Gatekeepers en Traders, maar het nog nie daarby uitgekom nie. Sal gaan kyk

  6. cobus sê:

    Geensins nie, maar ek dink nie dis waar die probleem lê nie. Ons kon nogals aan name dink onder die senior predikante (en veral ons emeriti dosente) wat goed binne hierdie profiel pas. My kritiek is dus harder op my eie generasie en die net ouer as ek as op 40 en 50’ers.

  7. Nou wat van ons 40’ers in die kerk- is ons ook al oor die muur? Maar jy vra baie goeie vrae!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: