Begin deur saam met Vice stil te staan

Die hoeveelheid reaksie op Samantha Vice se artikel “How do I Live in This Strange Place” bly groei, en ek dink dit is goed so. Sy verdien om ernstig gelees te word. Vice se gewaag om te vra dat wit Suid Afrikaners hulle skuld, beide gevoelens van skuld en die werklikheid dat ons etiese skuldig is aan die instandhouding van ‘n bevoorregte wit posisie, het witmense nou regtig goed op hol. Enige een wat by is met die populêre diskoers onder Afrikaanse wittes (ek kan nie praat namens Engelse wittes nie) weet immers dat ons “sal nie langer jammer sê nie“, “gaan nie skuldig voel nie”, “en dit was nie ons skuld nie”, so die reaksie is nie regtig verbasend nie.

Maar of Vice werklik gelees word is ‘n moeiliker vraag. Ons weet nou almal al dat Samantha Vice ‘n filosoof is wat ‘n artikel in ‘n akademiese joernaal geskryf het. Meeste van die mense wat in ‘n verskeidenheid van rubrieke reageer op haar artikel behoort te verstaan dat so konteks van haar artikel akademiese taal bevat wat met baie fyn genuanseerde betekenisse gelaai is, maar tog klink die reaksie maar bloot na ‘n oorsigtelike lees, en tegniese terme word sommer so uit die heup uit betekenis gegee.

Die reaksie van die FW de Klerk-stigting (of ten minste van die stigting se uitvoerende hoof) is bykans skokkend. Wanneer Du Preez skryf dat “Derdens is Vice eenvoudig verkeerd oor die idee van wit “voorregte”” wil ek bloot reageer met “Du Preez, jy is eenvoudig verkeerd oor jou idee van wit voorregte”. Du Preez maak ‘n dubelle fout. Die eerste, en die een wat primêr van belang is vir hierdie artikel, is dat hy nie ‘n idee het wat Vice met die term “privilege” bedoel nie. Dit gaan nie net oor ekonomiese welvaart nie, en gaan dan tweedens veral oor welvaart wat oor generasies opgebou is.

“White privilege” verwys na die hele sisteem van bevoordeling, wat internasionale verhoudinge, die manier hoe ek hanteer word wanneer ek by ‘n winkel instap, die opvoeding wat ek ontvang (en lees gerus bietjie die laaste maar maande se Mail & Guardian artikels oor onderwys om ‘n prentjie te kry van die verskeie sistemiese probleme rondom onderwys), en netwerke van mense wat vir my werk gee, die media aandag wat ek kry en nog vele meer insluit.

Die ekonomiese welvaart waaroor dit wel gaan is ekonomiese welvaart wat verkry is vanuit generasies van ongelykhede en opgeboude kapitaal, en vanuit ‘n verskeidenheid moontlikhede wat oopgemaak word vir my omdat ek ‘n wit vel het. As die Afrikaanse publieke diskoers so ver geval het dat die FW De Klerk-stigting ontken dat Apartheid ongelykhede geskep het wat generasies gaan vat om te herstel dan raak ek bitter bekommerd!

In die konklusie van wat moontlik amper as die standaard teks oor wit identiteit in ‘n post-apartheid Suid Afrika beskou kan word vind ons die volgende woorde:

While being gripped by ‘n dysfunctional guilt complex is clearly not going to take white South Africans forward, grappling with the pain of knowing that privilege was wrested in one’s name, and had real and debilitating consequences on the lives of others, cannot be discarded prematurely. Knowing this pain is intimately linked to the development of consciousness, of conscience, and leads to a responsible sense of accountability. Without this honesty, whites will deny themselves the opportunity for growth, and their relationship with other South Africans will still be based on denial and half-truths. In general, then, the extent to which the narratives are prepared to acknowledge responsibility for the past, and from that position create a different future in which whites can live with self-respect, will determine the quality of the contribution that each narrative makes to the New South Africa.

Melissa Steyn, “Whitenss Just Isn’t What It Used To Be”, p161

Daar is ‘n paar redes vir die lang aanhaling. Eerstens, ons hoor op verskeie maniere dat Vice maar net ‘n skuld-kompleks dryf. Dat party moontlik kan beleef dat Vice hulle sommer net wil laat skuldig voel is seker moontlik, maar binne die studierigting sal die vreemd wees as Vice se poging is om deur blote skuldgevoelens verandering te probeer bewerkstellig. Wat sy wel na wys is dat ‘n belewenis van skuld selfs vandag nog toepaslik is, ‘n stelling wat gebou is op ‘n verstaan van hoe die feit dat ek wit is steeds ‘n stuk bevoorregting bly inhou. Kyk byvoorbeeld hierna:

One is—even if unavoidably—a continuing product of white privilege and benefiting from it, implicated in and enacting injustice in many subtle ways; it seems to me that feelings of guilt are appropriate.

Vice, p328

Ek wil waag om te sê dat Vice goed bewus is van die algemene opmerking wat Steyn maak dat disfunksionale skuldgevoelens nie verandering veroorsaak nie, en dat dit geensins is waarvoor sy argumenteer nie. Wat sy wel voor argumenteer as dat skuld (en skaamte) “appropriate” (kyk gerus vir die gebruik van hierdie woord in haar artikel) reaksies is op die realiteit van ‘n bevoorregte posisie wat gebou is op die onderdrukking van ander (‘n ekonomie wat gebou is op uiters lae salarisse van mynwerkers tydens die Apartheid jare byvoorbeeld).

Hier wil ek nou met Steyn se aanhaling aanbeweeg, en sê dat erkenning van skuld noodsaaklik is as ek deur die verlede en my eie posisie wil werk. Dit is noodsaaklik vir ‘n eerlike gesprek. Dit is noodsaaklik as ek verantwoordelikheid wil vat om te werk om die Suid Afrika wat ‘n geskiedenis van Apartheid (en kolonialisme, maar daaroor meer in ‘n volgende post) het te help verander.

Hier wil ek dan van Vice tot ‘n mate verskil, en by my titel aansluit. Ek dink ons moet by Vice gaan stilstaan. Volledig stilstaan, tot ons haar argument begryp, tot ons die emosies wat sy beskryf kan begryp, tot dit ons visie van wat gebeur het en wat besig is om te gebeur verander. Ek stem met haar saam dat ons nie kan kyk na die verlede, of na ons huidige voortgaande (alhoewel veranderende) bevoorregte posisie sonder om te erken dat ons ‘n stuk skuld dra nie, al kan ons moontlik niks daaraan doen nie. Ek stem met haar saam dat ons moet leer om stil te bly, en dat ons veral moet leer om te luister. Maar ek wil een stappie verder gaan.

Allan Boesak het die volgende opmerking in 1979 gemaak:

There is another point I wish to make. We must remember that in situations such as ours, blackness (a state of oppression) is not only a colour; it is a condition. And it is within this perspective that the role of white Christians should be seen. Certainly I do not refer to those whites who for so long have been leaders in the black churches. Nor do I refer to those who happen to be in control of churches where blacks are the majority. I speak of those white Christians who have understood their own guilt in the oppression ot blacks in terms of corporate responsibility, who have genuinely repented and have been genuinely converted: those whites who have clearly committed themselves to the struggle for liberation and who, through their commitment, have taken upon themselves the condition of blackness in South Africa. In a real sense, they ‘hear the marks of Christ’. They are part of the black church, not as lords and masters but as servants, not as ‘liberals’ but as brothers and sisters, for they have learnt not so much to ‘do for1 blacks, but to identify with what blacks are doing to secure their liberation.

Allan Boesak, Running with Horses, p 50-51

Vice is dalk reg dat as ons haar argument volg ons moet leer stilbly. Maar as ek Suid Afrikaanse Swart Teoloë reg hoor, dan is wat ons by Vice hoor juis die rede hoekom sy ‘n stem in die samelewing moet hê. Nie bloot omdat die konstitusie dit toelaat nie (alhoewel ons tog Van Niekerk se argument maar kan luister), maar omdat die feit dat sy deur haar skuld werk en tot bekering kom (alhoewel dit moontlik niks met godsdiens uit te waai het nie), haar verantwoordelikheid vir die verandering van ‘n onderdrukkende sisteem aanvaar. Oor die laaste van Boesak se kriteria sal ek nie oordeer nie, maar ek dink hy wys in ‘n rigting waar Vice deur struggle stemme beskryf moet word as ‘n rede vir hoekom sy actually mag deelneem aan die politieke gesprek in die land.

Ek dink nie Vice is die ultimate nie. Ek dink ons gaan nog baie lank werk om die ongeregtighede van die verlede reg te stel. Maar ek dink as ons wil saam praat dan moet ons begin deur by Vice stil te staan. Ek dink ons mag aanbeweeg. Maar as ons aanbeweeg voor ons werklik deur die emosies en geskiedenis wat sy beskryf beweeg het, dan bly ons blind vir hoe ons in ons eie witgeid vasgevang is.

Advertisements

3 Responses to Begin deur saam met Vice stil te staan

  1. […] Ek deel McKaiser se gevoel. Ek dink ons het stemme soos die van Vice nodig, en as ek na die kommentaar die laaste paar weke op die massas artikels (en die inhoud van van hierdie artikels) luister, dan raak ek net meer oortuig dat ons Vice baie ernstig moet lees, moer verstaan waar sy verdaan kom, sodat ons vanuit hierdie tipe self-refleksie vorentoe kan beweeg. Daarom dat ek versoek dat ons begin deur by Vice stil te staan. […]

  2. Joh, Ditto. Self kan ek dit nie beter stel nie. Ek haal aan : “Interessantheidshalwe, ek het self jare gelede met ‘n ou swartman op ‘n plaas in ‘n afgeleë gebied gepraat wat vir my gesê het dat hy nie wil hê sy seuns moet die Westerse manier van doen aanleer wat in ons skole gedoseer word nie. Volgens hom moes hulle in die veld bees oppas en die leefwyse van sy eie mense aanleer. Sy weerstand en kritiek het nie soseer oor die onderrigtaal gegaan nie, maar eerder oor vakinhoud.
    Ek het dit heeltemal verstaan… en ek verstaan dit nou nog. Ek respekteer ander kulture se manier van leef en doen. Ek verwag egter presies dieselfde begrip vir wat “myne” is.
    Feit is, die inheemse volke sou nog verder agtergebly het as hulle totaal geïgnoreer was weens hierdie gesindheid van weerstand bied teen “die manier van die witman” en moes hulle net eenvoudig skool toe met Westerse leerplanne, noodgedwonge.
    As iemand ‘n probleem hiermee het, antwoord dan net die volgende vraag. Waar was die leermateriaal van die inheemse groepe op daardie tydstip, en wie is verantwoordelik dat dit nie bestaan het nie?
    Waarom het die inheemse etniese groepe nie die vertalings gedoen en die totale natuur-, regs-, mediese- en geesteswetenskap oorgeskryf en alle vakrigtings vir hulle kinders in hulle eie moedertale aangebied nie? Waarom moes dit vir hulle gedoen word; waar was hulle akademici ?
    (Hier verwys ek na die Afrikaner wat met die ontwikkeling van sy taal byna alle tersaaklike vakinhoud uit Engels, Hollands, Duits en Frans na Afrikaans oorvertaal het, ook nuwe begrippe, definisies en woorde gevorm het, die Bybel vertaal het… te veel om op te noem.)
    Geen geskrewe literatuur van enige aard met inheemse oorsprong is ooit in die inheemse groepe se besit gevind sover my kennis strek nie. (Die Boesman het wel baie interessante rotstekeninge agtergelaat.)
    Die rede vir gebrek aan parallelle ontwikkeling met dié van die Europese nasate daardie tyd was eenvoudig − inheemse groepe/gemeenskappe het nie die kapasiteit gehad om dit te doen nie. Punt.
    Dis feitelik korrek.”
    http://www.praag.co.za/feuilleton-magazine-386/opstelle-magazine-389/6903-apartheid-het-sin-gemaak.html?start=2
    En moenie my aanvat oor die redakteur/skrywers van praag nie, vat my aan oor die stellings.

  3. Joh sê:

    Cobus, ek moet ernstig met jou en julle verskil. Die kwessie is nie wit of swart nie. Ras het niks mettie saak te make nie. Dit het alles te doen met mag. Of jy magtig is of nie, word nie bepaal deur die kleur van jou vel nie.

    Julle wil so al trug verwys na die geskiedenis, maar ongelukkig met ‘n baie nou oogpunt: kyk hoe sleg wassie wittes. Nou moet ons almal eers skuld erken vir ons bevoorregte posisie wat deur die mag van ons voorvaders geskep is, en hulle het dit reg gekry omlat hulle WIT was. BOLS!

    Hulle het ‘n bevoorregte posisie vir hulle en hulle nasate geskep omlat hulle magtiger was as hulle kompetiese. Nie omlat hulle velle wit was nie.

    As julle argument geldig is moet alle Zulus vandag onner net so ‘n groot skuldlas staan omlat hulle eie Shaka so magtig was en vele kleiner stamme met geweld oorrompel het en innerwaarheid tot niet gemaak het. Meeste swart stamme wat destyds geweldadig van hulle grond ontein is behoort vandag voor Zuma se deur te staan en aan te dring dat hy, as verteenwoordiger van die eens magtige Zulu nasie, hulle grond moet trug gee. Nie net die grond nie, maar alle Zulus moet afstand doen van hulle self-toe-ge-eiende posisie van meerderwaardigheid teenoor anner swartes.

    Om julle argument op datum te bring met ons huidige situasie moet julle daarop aandring dat alle swartes vandag moet skuldig voel omlat hulle nou die magsposisie innie land het. As gevolg van hulle swart velle is hulle nou magtig en daaroor moet hulle skuldig voel en verkieslik afstand doen van daardie magsposisie.

    Sien hoe absurd die rassitiese siening is?

    Wat Vice doen is om nogsteeds die ras kaart te speel. So gee sy die swartes die reg om ook aan te hou om rassisme as basiese uitgangspunt te gebruik. Wat sy ooglopend nie verstaan nie is dat vooregte toe-ge-eien word op grond van mag, nie op grond van velkleur nie.

    Ns. Waar ek die woord “mag” gebruik, moet dit in ‘n die konteks van akademiese taal gelees word wat met baie fyn nuanses gelaai is. Dit verwys nie net na die fisiese nie, maar in ‘n wyer sin spreek dit van uitmuntendheid, vermoëns, en bekwaamheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: