Wat ons nie gehoor het nie: Tutu praat oor swart moorde

As dit nie vir die gemoan op twitter oor Tutu wat “wittes kap”, of meer spesifiek, vir die kritiek op mense wat moan oor Tutu wat “wittes kap”, was nie, sou ek nie eens geweet het van Desmond Tutu se toespraak die 11de Augustus nie. Maar dit is die wêreld waarin ons leef. Iemand ruk ‘n sin uit verband uit in Tutu se speech, en die wat regtig belangstel gaan kyk die hele speech op youtube.

Jy kan in Beeld lees waaroor die gemoan gaan. Maar daar is ‘n deel van sy toespraak waaroor Beeld nie skryf nie. Sy argument loop soos volg:

11 minute: “black-on-black” geweld moet teen die agtergrond van ‘n totale gesprek aan selfbeeld gesien word.

12 minute: Apartheid het die oortuiging dat ek “gemors” is onder swart Suid Afrikaners gevestig.

13 minute: Ons trek ons skouers op oor swart politieke leiers wat doodgemaak word.

14 minute: Ons trek ons skouer op oor swart kinders wat doodbrand.

(die opmerkings oor wit Suid Afrikaners kom by 15 minute in)

As ek Tutu reg hoor, dan moet ons sy opmerkings lees teen die agtergrond van die verskynsel dat die onderdrukte die beeld wat die onderdrukker oor haar/hom het internaliseer, en dus hom/haarself sien deur die bril van die onderdrukker. Ons kry dit nie net rondom rassisme nie, ook die verhouding tussen vroue en mans toon hierdie verskynsel.

Die een ding wat dit my lyk die media nie oor gepraat het na Tutu se toespraak nie, is hierdie “indifference ” (Tutu se woord) waarmee die dood van swart Suid Afrikaners vandag nog hanteer word. Hoe dra die media by tot die idee dat die dood van wit Suid Afrikaners op ‘n manier “erger” is as die van swart Suif Afrikaners? Binne die konteks van Tutu se toespraak sou ons egter twee verdere vrae kon byvoeg: Hoe herstel ons ‘n wêreld waar die onderdrukking van swart Suid Afrikaners veroorsaak het dat ook hulle skouers optrek oor die dood van swart leiers en kinders? En vir myself, steeds in navolging van Tutu, moet ek nie erken dat ek ‘n stuk van my menslikheid kwyt is as ek steeds die dood wat wittes as ‘n groter tragedie as die dood van swartes sien nie?

Kyk gerus die hele toespraak, dis die moeite werd:

Advertisements

One Response to Wat ons nie gehoor het nie: Tutu praat oor swart moorde

  1. Cobus, ja, jy is spot-on met jou vrae. Ek dink dat apartheid wel ‘n negatiewe invloed gehad het op die selfbeeld van swartes. Hier waar ek leef en werk hoor mens gereeld uitsprake, uit swart monde, soos: “Die Wambo’s is maar dom; Die Wambo’s, hulle verstaan nie; Die Boere, hulle is kwaai, maar ons kan niks sonder hulle doen nie.”
    Dis hartseer om dit te hoor. Ek dink om nie aan die saak iets te doen nie, is om te probeer vaskleef aan ‘n meerderwaardigheid wat hoegenaamd geen grond het om op te staan nie. Ek glo, en pas dit self toe, dat ons in ons handel en wandel mense se selfbeeld moet opbou, selfrespek moet leer ens. Dit is deel van die versoenings- en heropbou proses. Mense is enige land se grootste bate!
    Dankie vir hierdie krities belangrike vrae…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: