anderkant Margate. Respek vir ‘n oorgang

Die jeugwerker in my wou sien wat Beeld toe nou te sê het oor Margate vanoggend. Maklik om te vind, gaan na www.beeld.com, en jy het vandag hierdie skerm gekry (screenshot). Afrikaanse lesers wil weet wat gebeur by Margate. Beeld verkope en besoeke aan hulle website sal opgaan as hulle vertel wat by Margate gebeur. Daai boodskap is duidelik.

Die materiaal gaan met massas waarskuwings gepaard”

“Ouers wat nié wil weet wat hul kinders op matriekvakansie aangevang het nie, moet eerder nié hierdie berig lees nie.”

“Hierdie video bevat taalgebruik en beelde wat mag aanstoor gee.”

Wat verkoop is nie tieners nie, wat verkoop is “skokkende” gedrag. Die “skokkende” gedrag is natuurlik nie so skokkend nie. Wel, die skokkende gedrag is vir die van ons wat lank genoeg stilgebly het om na jongmense te luister nie skokkend nie, want ons moes hierdie stories lankal hoor. Maar die gedrag is veral nie skokkend nie, omdat dit is wat volwassenes daagliks mee besig is – ons maak dit skokkend omdat hierdie mense 18 is.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, die van ons wat jongmense deur een deel van hulle oorgang na volwassenheid (belydenisklas) begelei sit met ‘n vrees elke jaar as daardie selfde jongmense op matriekvakansie gaan. Nie in die eerste plek oor die eksperikante wat op die Beeld video uitgebeeld word nie, maar oor dit wat nie uitgebeeld word nie: die feit dat daar iewers ‘n ongeluk gaan wees waarin daar waarskynlik ‘n 18-jarige gaan doodgaan. Die feit dat morning-after en kondome ten spyt daar ‘n jong meisie voor die bitter moeilike besluit gaan staan of sy ‘n aborsie moet kry en of sy met die swangerskap moet deurgaan, en beide kante toe gaan met ‘n ongelooflike stuk trauma gepaard.

Maar wat is Beeld se video anders as om ‘n klomp jongmense op die voorblad te sit en te vertel dat “hulle mag nie doen wat ons doen nie”. Is hulle sonde dat hulle strippers kry vir hulle partytjie? Is hulle sonde dat hulle hulleself onkapabel drink? Natuurlik nie! Wat nuuswaardig is, is dat hulle 18 is. Dit is dat 18-jariges strippers betas. Daai sonde is genoeg om Beeld se website te cover.

Die Youth, Church and Culture Podcast met die titel “Rights of Passage” kyk na ‘n soortgelyke storie. Panama City in Amerika. In ‘n gesprek vroeër die jaar het ek en die navorsers (wat hier praat) bietjie oor die ooreenkomste met Margate gepraat, en alhoewel ek nie vinnige lyne tussen Amerika en Suid Afrika wil trek nie, vermoed ek daar is ‘n soortgelyke konteks vir die jongmense wat aan Margate deelneem (eintlik maar ‘n baie klein persentasie van matrieks) en die wat by Panama City bymekaarkom. Ek dink egter veral dat Micheal, Wendy en Todd met baie meer respek omgaan met hierdie oorgangsritueel as Nadine Theron (maar dan weer, hulle werk is nie om te skok of nuus te maak nie, maar om te verstaan en te begelei).

Hier stop ek vir vandag. Ek gaan nie probeer verduidelik nie. Ek hoop maar net dat Margate meer kan word as ‘n moment wat ons gebruik om te vertel hoe skokkend “die jeug van vandag is”, en eerder ‘n plek waar ons respekvol kan luister na hoe jongmense probeer sin maak van ‘n oorgang in hulle lewens. ‘n Poging om self sin te maak van ‘n oorgang, binne ‘n konteks van ‘n wêreld wat vir hulle gesê het “figure self uit”.

So, wie is die jeug-navorsers wat volgende jaar op Margate gaan sit?

Advertisements

2 Responses to anderkant Margate. Respek vir ‘n oorgang

  1. Tiaan sê:

    So is ‘n spul van “my Vryheid-matrieks” toe ook so 2, 3 weke gelede af Ballito toe vir “Matric Rage”. Sou almal saam in een van die meisies-hulle se huis bly, het vreeslike uitgewerkte kos-menu’s en die works gehad. Ek bother nie eens om waarskuwings oor gedrag te rig nie – veel eerder vra ek vir hulle dat hulle mekaar sal oppas wanneer (nie ‘as’ nie) hulle uitgaan.
    Behalwe vir ‘n paar fights en een van hulle (soos dit ongeluk/toeval/noodlot wil, die een dominee se seun!)wat deur die polisie met ‘n vangwa-rit skrikgemaak is, het hulle gelukkig heelhuids daarvan teruggekom. En dit klink darem nie of daar strippers was nie ;)!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: