Beste NG teologie student by Tukkies

Beste NG teologie student by Tukkies

Ek sien daar word vir jou briewe geskryf. So laat ek nou maar die genre uitbou en ook my 2cents worth ingooi.

My briefie is kort.

Ek weet jy stel nie belang in watter grade ek met lof gekry het of op watter notules my naam staan nie, so ek gaan jou nie daarmee verveel nie. Elkgeval dink ek jy is deel van ‘n generasie wat weet hoe om te google as jy dit sou wou uitvind.

Daar is nie twee kampe in die NG Kerk nie. Raak ontslae van daai idee, en hou op luister vir mense wat jou wil vertel dat die kerk in twee gedeel kan word. Daar is nie twee kampe in jou klas nie. Die kerk is divers. Dit is lekker. Jou klas is divers. Leer daaruit.

André Bartlett is ‘n vriendelike ou. Publieke memorandums oor mense is simpel. Gaan drink koffie saam met hom en leer hom self ken. Moenie laat daar vir jou voorgeskryf word wat jy oor mense moet dink nie.

As jy vooraf besluit jy is reg en alle ander mense is verkeerd, moenie verbaas staan as jy mense irriteer nie. Maar as jy wil saam reis, dan is Pretoria gepak met massa teoloë en lidmate wat graag worstel met die moeilike vrae oor die lewe, en baie van hulle se deure sal vir jou oopstaan om diep te gesels.

Geniet die volgende 6 jaar.

Cobus

 

Advertisements

8 Responses to Beste NG teologie student by Tukkies

  1. Toortsie sê:

    Ons gewone lidmate, ons wie nie teoloë is nie, wil sommer net die Here dien, deel wees van ‘n gemeente waar die predikante nie onderling met mekaar baklei nie, maar waar die gemeenskaplike visie is om God en ons Naaste te dien. Ek weet nie van stadsgemeentes nie, maar hier in die platteland is gemeentelede nog lief vir hulle predikante.

  2. Cobus

    Jou briefie is naïef en simplisties.

    Daar is twee kampe. Die een kamp glo God is God en die mens is skepping.

    Die ander kant glo die skepping is God en die mens is dus God.

    Die een kant glo dit het God behaag dat sy Seun verbrysel is vir die mens se sonde.

    Die ander kant glo dat dit kosmiese kindermishandeling sou wees. Jesus het slegs gesterf om vir ons ‘n voorbeeld van onvoorwaardelike liefde te wees. Jesus se sterwe en opstanding is slegs die weg vir ons eie vergoddeliking.

    André Bartlett is wel ‘n nice ou. Hy is ‘n goeie ou. Maar hy het hom baie duidelik in die kamp geplaas wat glo die mens is God.

    Julian Muller (en dus by assosiasie André Bartlett, wat Julian hand en tand verdedig het) glo dat vryheid is om van die kettings van God se openbaring bevry te word.

    Julian Muller: “Die postmoderne mens voel hoedat die kettings van hom/haar afval. Die verslawing van konsepte wat van bo afgekondig word, volgens die Teologiese Wêreldbeeld, word nou verbreek.”

    “Konsepte van bo afgekondig” = Goddelike inspirasie.

    En dit is wat die Bybel vir Muller en sy meeloper André Bartlett sê”

    Es. 28:6: “Daarom,” sê die Here my God, “omdat jy jou verbeel het jy is ‘n god, daarom gaan Ek ander nasies, wrede volke, teen jou laat optrek. Hulle sal die prag wat jou wysheid vir jou gebring het, met die swaard aanval en jou prag skend. Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van ‘n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see. Sal jy vir dié wat aan jou ‘n einde gaan maak, nog kan sê jy is ‘n god? Vir dié wat vir jou dood gaan sorg, sal jy ‘n mens wees, nie ‘n god nie.

    Dit is dus van uiterste belang in watter kamp die student hom bevind.

  3. Beste NG teologie student by Tukkies? Veilig om n vraagteken te las.Wie is die betekenis van sy uitlaating. Het die persoon n viessie om man en vrou deel temaak van sy opmerkingsdit waardeur as dit moontlik deur epos na almal wat vra aan gestuur word epos mag aangestuur word

  4. Danie Krüger sê:

    Die grootste uitdaging is om jou eie menings, vooroordele ens eenkant te skuiwe en regtig net te luister wat ‘n ander persoon sê. Dalk hoor jy iets nuuts as jy jou kop oophou , jou ore oopmaak en jou mond lank genoeg toehou. Ons kort baie sulke mense…

  5. Ek is al vir baie jare ‘n Tukkie en ek ken baie van die profs en ek ken vir Andrè en dit bly ‘n groot voorreg om deel te wees van die fakulteit waar ek in die afgelope 25 jaar die Here nog beter leer ken het.

  6. Fanus Hansen sê:

    Cobus, ek is so bly jy reageer so mooi, so reg.

    Beste student, ek is ook in die predikantswese, en soos Cobus sê, daar is nie twee kampe nie, maar ek hoop daar is 20 kampe, en ek hoop hulle kan in die volgende paar jaar mekaar sommer lekker slyp. Ek onthou ons klas debatte nog soos gister, daar was vromes en gereformeerdes, en charismatiese ouens en fundamentaliste en ander wie se teologie so op die koffie was, dat as hy vir oggend stiltetyd Oom Sollie se boek gelees het, dan was dit sommer sy “teologie” vir die dag!

    Gryp veel eerder die geleentheid aan en sorg dat jy deur jou dosente, profs, mede studente kruisbestuif word, want ‘n heerlike bediening erens in ‘n gemeente wag op jou; en die dag as jy instap gaan jy besef: oepsie, die 20 kampe is ook hier. Leer hard, baie hard, sodat jy eredienste sal inrig waarin alle kampe inpas, waarin almal die heerlikheid van God ontdek en beleef!

    En oor Andre, persoonlik dink ek Andre is die beste ding wat met ons fakulteit gebeur sedert ons jaaaarrrre gelede van Maties afgestig het. Hy is ‘n briljante prediker, teoloog, akademikus. Soos Cobus sê, nooi hom vir ‘n koffietjie, ek belowe jou, hy gaan die rekening ook nog betaal.

    Sterkte vir die swottings, sorg dat jy elke oomblik geniet, drink in, sif die nonsence uit, hard leer! Die kerk, wag, laat ek dit beter stel; die Koninkryk van God het julle jongmense bitter nodig!

  7. msteenkamp sê:

    Vir wat dit werd is …my deur in Jo’burg staan ook vir julle oop!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: