‘n agenda vir ‘n post-vingerwys-kerk

Verskeie predikante kan stories vertel van daai vriend wat hulle op fakulteit gehad het met wie hulle heeltyd gestry het. Ek het ook so vriend gehad. Ek dink ons het begin stry die derde week van ons studies in die Dogmatiek klas, en ek dink ons stry nogsteeds alhoewel minder (tog nie omdat ons minder verskil nie).

In daai tyd toe mense petisies geteken het het ons opgehou praat.Ons het nooit wat ek kon onthou baklei oor wat aan die gebeur was in die fakulteit nie, dit was asof ons net ‘n stille ooreenkoms gemaak het dat dit beter vir ons vriendskap is as ons liewers nie met mekaar praat nie. Ons het nie saamgestem oor wat aan die gebeur was nie. Ons het diep verskil. So ons het maar liewers mekaar vermy.

Ons het ook verskil oor die hantering van die Ferdie Mulder sage, maar nadat Ferdie die kampus verlaat het, het ons eendag weer gepraat. Dit moes kom, osn moes die waters van ons vriendskap weer toets. Ons het steeds verskil, diep verskil. Maar daar was die moment toe ons nie verskil het nie: ons het beide ten diepste geglo dat die manier hoe miljoene onder armoede ly teen die wil van God was, en dat ons ‘n roeping het om ‘n beter wêreld te help vorm.

Deur die jare was daar eintlik baie waaroor ons saamgestem het. Ons het ‘n liefde vir die skepping gedeel, en geglo dat die manier waarop mense hierdie skepping verwoes is verkeerd. Ons het beide geglo dat dit beteken ons word geroep om ‘n eenvoudiger leefstyl te leef, want ons is immers volgelinge van Jesus.

Dalk het ons dit ook gedeel: dat ons beide Jesus ernstig opgeneem het. Ons het beide geglo dat as Jesus gesê het ons moet ons vyande liefhê, dan is dit belangrik om dit na te volg.

In die laaste jare van ons studies, en die eerste jare daarna, het ons minder gestry. Nie omdat ons minder verskil het nie! Ons verskil steeds (laaste keer wat ek gecheck het) diep oor die dinosourusse en die vloed en allerhande derglike dinge (dinge wat eintlik vir ons beide diep belangrik is). Dis nie net dat ons beide besef het daar is iets groter as ons verskille is nie, ons stry nog van tyd tot tyd. Maar dalk het ons geleer om ons verskille te waardeer, om die manier waarop die een die ander forseer om dieper te dink oor ons eie vooronderstellinge ernstig op te neem. Dieper as dit, het ons egter wel geleer dat daar iets belangriker is as waaroor ons verskil: hoe ons leef, en hierin het ons voortgegaan om mekaar te vorm.

Elke keer as ek hoor dat ons eers konsensus oor die Bybel moet kry voor ons oor ander dinge kan praat dan dink ek aan my vriend. Elke keer as ek hoor ons moet eers konsensus oor die hel, of die duiwel, of seks kry voor ons oor die diep vrae wat voor ons samelewing lê kan praat dan dink ek aan my vriend. En eintlik aan baie vriende. Want die waarheid is, massas Christene in gemeentes kry reg om saam te worstel oor die moeilikste vrae wat ons wêreld elke dag bedreig, al sukkel hulle om konsensus te kry oor hierdie of daardie perikoop.

Ek kan nie dink dat die kerk waarin ek in die toekoms gaan wees nie my vriend insluit nie. Ek dink hy voel dieselfde (al het hy een keer toe ek hom op die spot gesit het gesê hy sal wel sy stem teen my lig as ek dwaal, maar ons sal nogsteeds kuier daarna). En ek kan nie dink dat die huidige gesprek wat so publiek is, die gesprek is waaroor vriende wat diep verskil praat nie. Ons praat oor ons kinders, oor die wêreld waarin hulle gaan grootword, en oor hoe ons kan saamwerk sodat hierdie wêreld meer sal lyk soos ons glo God se droom daarvoor is. En dit is waaroor ek wil praat! Dit is waaroor ek gaan praat! Hopelik saam met my vriende wat die Bybel radikaal anders as ek lees.

So my vriend, as jy hierdie lees, jy weet wie jy is: ons moet nog iewers boeke terugruil en op ‘n Sondag middag ‘n hoendertjie braai…

Advertisements

One Response to ‘n agenda vir ‘n post-vingerwys-kerk

  1. Staffieliefhebber sê:

    Ok ek sien, help nie ek praat hier nie, lyk my jy haat jou eie volk, en dink ons moet skuldig voel oor iets, mmmmm. Nee, dankie, jy kan maar jouself haat en skuldig voel oor spoke van jou eie deurmekaar gedagtes. Ek hoop jy word eendag gefire uit die kerk uit, of dat die NG kerk, as hy dan vol dominees soos jy is, heeltemal tot niet gaan, dis jammer, wnat ek het ook grootgeword isn die NG Kerk, maar dis maar tough, eerder niks as nog ‘n organisasie wat hand om die nek met die ANC staan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: