Kan ons die uitverkiesing herwin?

Iemand vra my toe vanoggend of ek met die calvinistiese benadering werk van ‘n “elected few that are entitled or selected to/for salvation”. Die vraag boul my vir ‘n oomblik uit. Ek probeer dink wanneer laas ek die woord gebruik het… vermoed dit was in die gesprek na ons Dordt-eksamen so 5 jaar terug toe een van my klasmaats n.a.v Dordt homself tot Armeniaan verklaar het. ‘n Vinnige soektog op my blogs maar dit duidelik dat “election” vir my uitsluitlik na ‘n demokratiese proses verwys, en “uitverkiesing” noem ek so hier en daar in passing, maar uitsluitlik as deel van ‘n lys idees wat ‘n poging om vas te hou aan wat was voorstel.

Ek weet nie of ek die uitverkiesing ooit verwerp het nie. Ek dink die uitverkiesing het bloot van my radar af verdwyn, of net nooit daarop verskyn nie. Nie my Sondag-skool tannies of belydenis-dominee of teologie-proffies het ooit dit so verduidelik date k gevoel het dat ek nou met ‘n konstruk te make het wat betekenis gee nie. Maar verwerp het ek ook nie. Dalk het ‘n jonger weergawe van myself op stadiums gedink dat ek die uitverkiesing verwerp het, maar die huidige weergawe vermoed dat ek net bloot geen idee het waaroor dit presies gaan nie.

So hier is ‘n paar pogings om sin te gee aan die uitverkiesing. Met geen waarborg van ortodoksie nie.

Tony Jones het eendag gesê dat die uitverkiesing verwys daarna dat party geroep is tot God se aksie-span. Dit voel nogals vir my so half Gereformeerd. Die hele wêreld is vir God belangrik, maar binne die wêred is die kerk, en die kerk het ‘n bepaalde taak binne God se wêreld. So as jy dink jy’s uitverkies, dan moet jy opsign vir die aksiespan. Solank hierdie idee nie oorgaan daarin dat jy dink die aksiespan gaan bepaalde gunsies van God se kant af ontvang nie, dan kan ek dalk hiermee werk.

Dis nogals ‘n hele rukkie vandat ek Bonhoeffer gelees het, maar ek onthou darem nog een quote: “When Christ calls a man, He bids him come and die”. Dalk is dit waarna die uitverkiesing verwys, dat party verkies is tot die dood. Daar nogals iets Bybels hieraan. As God dan nou sit en party uitkies en ander nie, dan sou die hele kerk tog saamstem oor ten minste die uitverkiesing van een mens. Party noem hom die “seun van God”, ander sommer net Jesus. En as jy tot hier gelees het sonder om die kruisie regs bo te click dan weet jy seker hoe daai tot ‘n einde gekom het.

Maar daar is ‘n ander sakie oor die uitverkiesing wat by my spook, en wat tot hierdie kort blogpost gelei het. Die hele konstruk van ‘n “uitverkiesing” het lyk my altyd tot gevolg dat die wat daarmee werk ongetwyfeld deel van die “uitverkoses” is. Die argument loop dat party uitverkies word, party nie, dat ek deel van die eerste groep is, en dat daar mense somewhere is wat nie deel daarvan is nie. Maar dalk moet ek my eie uitverkiesing betwyfel. Dink net hoe sal ‘n stoere Dopper gemeente lyk wat konstant twyfel oor hul eie uitverkiesing, maar aandring dat God ongetwyfeld die wat die minste soos hulle is uitverkies het. As die uitverkiesing eerder as selfversekerdheid kommunikeer dat hulle wat die minste soos ek is deur God gekies is, en dat ek daarom by hulle voete moet gaan sit om iets van God se wil te leer, aangesien ek myself nie as deel van die uitverkore volk sien nie.

So na sondagskool-tannies, dominees en teologie-proffies hierdie ou sakie ge-bypass het. Wat maak ons daarmee? Kan ons die metafoor (want ten minste hieroor is ek oortuig, dit kan slegs as metafoor nog moontlik betekenis gee) sinvol genoeg herwin dat die kerk daarby kan baat, of is dit iets wat maar net stilweg moet verdwyn?

Advertisements

One Response to Kan ons die uitverkiesing herwin?

  1. Oom André sê:

    Interesant.
    Ek is waarskynllik ‘n bietjie jonger as jy en dalk is ek nou op daardie stadium dat die uitverkiesings-leer vir my van nul en gener waarde is.
    Maar laat ek tog probeer om ‘n bietjie Teologie te bedryf.

    Selfs voor die koms van die Messias het God Sy uitverkore volk gehad, nietemin kon proseliete tot God se volk toetree en deel word van die uitverkore volk. So dink ek ook is dit vandag onder die heerskapy van die Messias.
    Daarom is die teks uit Jesaja nog van toepassing:
    “En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is ’n droë boom nie.”

    Soos ek sê, hierdie leerstelling intereseer my nie veel nie.
    As dit by Calvin kom is sy leering oor heiligmaking en die volkome, sondelose christen vir my veel interesanter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: