Suid Afrikaners nie godsdienstige mense nie?

‘n Daling in godsdienstigheid het die Suid Afrikaanse koerante aan die gons. Alles van Rapport en Beeld tot by Citypress en Sowetan berig dat Suid Afrika minder godsdienstig is. Of as jy Beeld en Rapport se opskrifte moet glo dat “meer die kerk verlaat” en “heelwat minder glo”.

Min predikante sal ontken dat daar ernstige skuiwe in die Suid Afrikaanse godsdienstige landskap aan die gebeur is. En daar is ook geen tekort aan stemme wat of vir ons vertel dat ons besig is om soos “ongodsdienstige Europa” te word, of soos “fundamentalistiese Amerika”. Of ons egter enige werklike prentjie het oor wat aan die gebeur is twyfel ek al hoe meer. Hierdie vlaag van berigte help ons ook nie so baie soos wat die feit dat dit ‘n “gesagvolle navorsingsliggaam” was dit wil laat klink nie.

Eerstens, daar was ‘n volle 200 respondente uit Suid Afrika wat aan die WIN-Gallup studie deelgeneem het. Die minste van enige land op die lys. My agtergrond is statistiek is nie genoeg om te kan sê presies hoe akkuraat 200 antwoorde uit drie opsies sal wees nie, maar dit is genoeg om te kan sê dat as Kanada 35 miljoen inwoners en 1000 respondente het, en Suid Afrika 50 miljoen en 200 respondente, dan is die syfers oor Kanada heelwat meer akkuraat as die oor Suid Afrika. Wat ek egter nog nie kon opspoor vir hierdie studie nie is daai standaard stukkie oor metodologie en sekerheidsintervalle wat saam met statistiese navorsing moet gaan. Hoe random was die 200, en met hoeveel sekerheid kan ons afleidings uit 200 respondente maak?

‘n Verdere vraag is hoe die inligting bymekaargemaak is. In ‘n gesprek oor kwantitatiewe navorsing oor godsdiens in Afrika oor middagete so jaar gelede, het ‘n ander navorser wat hierop werk genoem dat hulle slegs van landlyne gebruik maak, omdat selfoon oproepe te duur is. My reaksie was dat dit ‘n totaal skewe profiel van Suid Afrika (en heelwat ander Afrika lande) sal gee, omdat landlyne nie eweredig deur die samelewing versprei is nie.

Dan is daar die vraag oor wat beteken die studie nou eintlik. Die vraag was nie of mense kerke verlaat nie (Beeld), en ook nie of hulle meelewende lidmate is nie (Rapport), maar eerder: “Irrespective of whether you attend a place of worship or not, would you say you are a religious person, not a religious persons or a convinced atheist?

Ek sal die gebruik van “convinced” eers ignoreer, maar dit moet die vraag laat opgaan watse effek dit op antwoorde het. Sou mense wat hulself as “ateïsties” beskryf byvoorbeeld eerder een van die ander twee kategorieë kies wanneer die beskrywing “convinced” bykom?

Ons moet egter vir ‘n oomblik stilstaan by die verskil tussen die ander twee kategorieë. Wat presies beteken “godsdienstig” en “nie-godsdienstig”? Is dit dieselfde as “a religious person” en “not a religious person”? Hoeveel lidmate van gemeentes sou wanneer hulle voor hierdie keuse staan kies vir die tweede in plaas van die eerste? Hoeveel predikante het oor die afgelope paar jaar gepreek “Christianity is not a religion” of “Jesus het nie gekom om ‘n godsdiens te begin nie”?

Buiten dat ek versigtig sou wees om te veel erns te maak oor die akkuraatheid van die “19%”, is die vraag dus of ‘n skuif van “a religious person” na “not a religious person” nie moontlik baie sê oor ‘n skuif in taal nie, ‘n skuif in hoe ons woorde verstaan, en nie noodwendig ‘n skuif in die praktyk van deelname aan godsdienstige organisasies of persoonlike godsdienstige oortuiging nie?

Ek weet hierdie is net vrae, maar dit is dalk die punt. Ek het net al lankal ‘n vermoede dat daar bloot nog ‘n baie groot stuk werk is wat gedoen moet word om regtig te verstaan wat aan die gebeur is in die Suid Afrikaanse godsdienstige lewe. Die feit dat hierdie 200 respondente soveel sensasie kon veroorsaak bevestig my vermoede net nog meer. Dit wys egter moontlik op iets anders ook. Hier is my vermoede: sensasionele berigte oor godsdiensverlating verkoop koerante. Ek wonder of daar ‘n joernalis is wat bereid is om ‘n artikel te skryf oor die effek van negatiewe berigte oor godsdiens op koerantverkope? As my vermoede reg is weet ek egter nie of mense die koerante koop omdat hulle bekommerd is oor die uitsterf van godsdienste, en of hulle graag die goeie nuus oor die einde van godsdiens wil hoor nie.

 

Advertisements

9 Responses to Suid Afrikaners nie godsdienstige mense nie?

  1. Thijs sê:

    Ek dink mens moet eerder meer betroubare statestieke se bevindinge bekyk en dan die marknavorsing in die lig daarvan oorweeg.

    Suid Afrika in syfers:
    Redelike betroubare statestiek @ 2009 was soos volg (verkry van Statestiek Suid Afrika en ander bronne wat heen en weer gekontoleer is) asook CIA Fact Book:

    RSA Population
    Black African 79.1%.
    Nguni 46.4% in 5 groups:
    Zulu 23.7%;
    Xhosa 18.6%;
    Swazi 2.6%;
    Ndebele 1.5%.
    Sotho-Tswana 24.3% in 3 groups:
    Tswana(11) 5.1%;
    Sotho(2) 9.1%;
    Pedi (N. Sotho) 7.5%.
    Other 8.4% in 3 groups:
    Tsonga 4.5%;
    Venda 2.3%;
    Shona 0.7%;
    Khoisan 0.02%.
    White/Caucasian 8.9%. Declining through emigration and lower birth rates. Mainly 4 groups:
    Afrikaner 4.6%;
    Englishspeaking1.9%;
    Portuguese 1.2%;
    German 0.7%.
    Coloured (mixed race) 8.9%. 90% live in the
    Northern and Western Cape. Cape Malays are considered
    part of this community.
    Asian 2.8%. Over 75% in KwaZulu Natal.
    South Asians 2.4%;
    Chinese, Arab. Other 0.3%.

    Religion:
    Freedom of religion.
    The emphasis on pluralism and diversity has given high profile to ethnic African religions, Islam, Hinduism, humanism and the interfaith movement, somewhat at the expense of the large Christian majority.

    Religions Pop% Population Annual Growth
    Christian 75.24 37,990,488 0.9%
    Ethnoreligionist 13.50 6,816,475 -0.1%
    Non-religious 7.73 3,903,063 3.6%
    Muslim 1.73 873,519 2.8%
    Hindu 1.20 605,909 0.7%
    Baha’i 0.42 212,068 -0.4%
    Jewish 0.15 75,739 -0.3%
    Buddhist/Chinese 0.03 15,148 1.0%

    Christians Denominations Pop% Affiliates Annual Growth
    Protestant 191 15.21 7,681,000 -0.2%
    Independents 543 39.82 20,107,000 1.9%
    Anglican 2 2.81 1,420,000 -1.2%
    Catholic 1 6.04 3,050,000 -0.3%
    Orthodox churches 4 0.10 48,000 0.1%
    Marginal 12 0.66 335,000 3.7%
    Unaffiliated 10.60 5,352,000 -0.6%

    Churches MegaBloc Congs Members Affiliates
    Apostolic Faith Mission 2,500 1,800,000 3,100,000
    Catholic Church C 762 1,906,250 3,050,000
    Methodist Church P 4,100 700,000 1,750,000
    Ang Ch, Southern Afr A 1,563 337,662 1,300,000
    Uniting Ref Ch, SA P 650 688,889 1,240,000
    Assemblies of God I 2,050 864,000 1,080,000
    Dutch Ref Ch (NGK) P 855 658,537 1,080,000
    12 Apostles Ch in Christ I 3,737 411,111 740,000
    Full Gospel Ch of God P 1,523 342,767 545,000
    Ev Luth Ch in SA P 1,635 305,389 510,000
    New Apostolic Ch I 1,572 292,163 438,245
    Presbyterian Ch of Afr I 268 88,571 310,000
    Nazarite Baptist Ch I 376 139,000 278,000
    Bantu Beth Ch of Zion I 357 117,727 259,000
    United Cong Church P 1,310 175,510 258,000
    Jehovah’s Witnesses M 1,750 91,000 245,000
    Afr Catholic Church I 82 131,737 220,000
    Seventh-day Adventist P 840 91,000 185,000
    Uniting Presby Ch, SA P 288 72,000 180,000
    Pente Protestant Ch P 650 104,000 160,160
    African Meth Epis Ch I 459 82,703 153,000
    Dutch Ref Ch (NHK) P 302 105,002 133,544
    Ch of England in SA A 146 38,339 120,000
    Members in Christ Ch P 220 48,500 107,670
    Baptist Union of SA P 538 42,000 105,000
    Other denominations[683] 23,817 6,667,3451 5,093,834
    Total Christians [4,353] 52,350 16,301,202 32,641,453

    Verder moet mens die volgende ook in ag neem:
    The richest and most industrialized country in Africa, with a strong agricultural base and some of the world’s largest deposits of non-petroleum minerals – especially gold, platinum and chrome.
    Well diversified, industrial economy, with finance and tourism increasingly important. A vast gap exists between rich and poor. High unemployment (officially 27%, in reality much higher), with onethird of the population living below $2(US)/day.
    Land redistribution (from white farmers to blacks) is a significant and sensitive issue. This and affirmative action are regarded as either damaging the free economy or necessarily redressing the
    injustices of apartheid. Significant brain drain as many professionals, especially whites (some claim up to half of the white population), leave the country. Corruption and the impact of AIDS also undermine economic progress; dangerously high
    crime rates also reflect these problems.
    HDI Rank 129th/182.
    Public debt 31.6% of GDP.
    Income/person $5,685 (12% of USA) – but big disparity between wealthy and poor.
    Unemployment 26.7% (may be much higher).

    Bg faktore speel in op marknavorsing se vermoe om inligting te bekom, terwyl die statestiek wat bo aangegee is berus op werklike sensus opname en vergelyking.

    Ek gebruik maar vir eenvoud die gepubliseerde syfers en waarneming van Operation Mobilisation se boek Operation World – maar dit korreleer met die CIA Fact Book.

  2. Oom André sê:

    @ Alleman
    “Wat jammer is, want hoe kan mense sinvol met die werklikheid omgaan as dominees soos “Oom Andre” hierbo, aanbeveel dat mense nie koerant lees nie?”
    Jy self sê dat die koerant se studie nutteloos is so wat het die werklikheid met koerant lees te doen?

    “En wil beweer dat die Afrikaner nou meer “gevalle” is as tydens apartheid.”
    Ek is nie seker wat jy met “gevalle” bedoel nie. Wat ek bedoel het met ons huidige situasie is niks teoreties nie ek bedoel eenvoudag dat ons oumas, mas, susters, vrouens en tannies nie in Apartheid so verkrag en vermoor geword het soos vandag nie.
    Die verval van ons Afrikaner Christendom en ons morele waardes het beslis in Apartheid begin (of dalk vroeër) maar dis eers nou dat ons die vrugte daarvan pluk.

  3. alleman sê:

    Die studie is nutteloos. Sien bv http://dailymaverick.co.za/opinionista/2012-08-15-sa-religion-eyes-wide-shut

    Ek dink daar is tog ‘n skuif na ateisme in sekere dele van die samelewing. En dit laat ‘n gaping vir fantasiste en ekstremiste in die kerke om mense na cloud cuckoo land te lei. Die kerk in SA word al meer soos in Amerika – die speelterrein van die malletjies.

    Wat jammer is, want hoe kan mense sinvol met die werklikheid omgaan as dominees soos “Oom Andre” hierbo, aanbeveel dat mense nie koerant lees nie? En wil beweer dat die Afrikaner nou meer “gevalle” is as tydens apartheid.

  4. Oom André sê:

    @ Adi
    Ek weet ook waarvan jy praat, waarvan jy praat is nog slegter as blote sekularisasie, dis ‘n verval van die Christendom. Sekulêre mense (wat ookal dit beteken) wat in sonde lewe is sleg maar ‘n Christen wat in sonde lewe, hoe verskriklik is dit!?
    Enige iemand wat dink dat die val van die Afrikaner en die situasie waarin hy hom vandag bevind bloot ‘n gevolg is van politieke struwelinge, word ‘n rat voor die oë gedraai.
    Die Here self het ons neer gewerp.

  5. As jy natuurlik konsekwent wil wees, kan jy ook nie Swede of Noorwee daarvan beskuldig dat hulle sekuler is nie, aangesien ek twyfel of jy al enigsins dieper gaan kyk het oor “hoe die inligting (daar) bymekaargemaak is” nie.

    Ek self is ‘n Christen, maar dit verbaas my regtig dat belydende Christene so blind is vir die realiteit van sekularisasie – net bloot deur te gaan kyk hoe vol jongmense die klubs oor naweke is en hoe groot die seksorgies in Margate gedurende Desember matriek-vakansies is, terwyl die kerke leeg loop, behoort alreeds ‘n aanduiding te wees. Ek persoonlik ken letterlik tientalle jongmense wat daarop aanspraak maak dat hulle net die kerk verlaat het en nie die geloof nie, maar dan slaap hul elke Sondag hul babelaas af.

  6. Henrietta sê:

    Hoe ernstig moet mens hierdie navorsing opneem? Google gerus vir inligting dwarsoor die wêreld.

    “Nigeria is the second ‘most religious’ country in the world with 93 per cent of the people believing in religion, according to a global survey” – terwyl die land ‘n politieke kookpot is en wemel van korrupsie!

    “51,900 men and women from 57 countries on five continents” is ondervra. Dit, terwyl die aantal mense op die aarde 7 biljoen was teen die einde van 2011 is en daar meer as 150 lande in die wêreld is – – Eintlik is dit dus statisties absoluut niksbeduidend!

    HOE die ondersoek gedoen is, is ook maar so-so: blykbaar is ongeveer 1 000 internet, telefoniese en/of persoonlike onderhoude gevoer.

    Kyk bv net na China – die statistieke berus op ‘n internet ondersoek van 500 mense uit ’n totaal van 1.35 biljoen mense!

  7. Toortsie sê:

    Is dit nie ook maar net nog ‘n subtiele aanval van die vyand om mense meer en meer te laat twyfel oor Christenskap nie?

  8. Oom André sê:

    Die dag as Beeld of Rapport se voorblad opskrif “Jesus Christus Regeer!” is, sal ek dit begin oorweeg om ook die res van hulle geskryf as moontlike waarheid te aanvaar.
    Dit is in Afrikaners se beste belang om totaat en al op te hou met koerant lees.

  9. Ek reblog jou opmerkings op netkerk.co.za
    Net gisteraand het ek vir ‘n ander dominee gesê wat jy hier skryf.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: