alt.diens@kameeldrif

Ons het hierdie jaar begin met ‘n alternatiewe erediens by die gemeente waar ek tans werk, NG Kameeldrif. Dit is ons jeugdiens, maar dit is ook ‘n diens waar ons ruimte maar vir ‘n “anderste” belewenis van God. Hier probeer ons om al ons sintuie te gebruik vir aanbidding, en ‘n informele “geselsruimte” te skep vir die preek. Ons het nog ‘n lang pad om te gaan, maar alreeds begin daar iets moois ontwikkel.

Ons het die diens gisteraand begin deur vir almal kans te gee om deur die saal te loop en te kyk na die verskillende stasies. Ek open die diens met die bid van die Onse Vader, dan die lees van die aand se teks, en daarna begin daar musiek speel en kan almal rondbeweeg. Gisteraand kon hulle gaan briewe skryf, skryf of verf op ‘n groot vel papier wat die aand se teks op gehad het, of stop by ‘n gebedstasie van kerse. Tussendeur kan hulle na die musiek luister, wat ook op een plek gelink was met ‘n prent, op ‘n ander plek met ‘n video, wat alles inpas by die preek wat kom, alhoewel die konnektasie nooit eksplisiet gemaak is nie. Maar elkgeval, hier is ‘n paar foto’s van ons erediens:

Skryf en luister, en sien en praat

Skryf en luister, en sien en praat

In die agtergrond is ‘n klomp mense besig om briewe te skryf, voor sit party en kyk na die video’s of images terwyl die musiek speel, op die regterkant verf en teken ander aan interpretasies van die teks.

Die gebedstasie

Die gebedstasie

Sommer net ‘n plek om stil te word, dalk die onse Vader te bid, dalk te bid wat in jou kop aan die gang is, of dalk dankie te sê.

Gebede by die gebedestasie

Gebede by die gebedestasie

Ons het die teks van die Onse Vader by die gebedstasie geplaas. Toe ek weer sien toe begin jongmense hulle eie gebede neer te skryf en daar by te sit!

Ons jeugvoorsitter, oom Kobus, wat verf langs die aand te teks

Ons jeugvoorsitter, oom Kobus, wat verf langs die aand te teks

By hierdie stasie verf en skryf ons eie interpretasies of gedagtes na aanleiding van die teks wat die aand gepreek gaan word.

Steve Hays het ook die erediens bygewoon en daaroor geblog, lees hier.

One Response to alt.diens@kameeldrif

  1. […] Starting 2009 I experimented with liturgy and space, in a service where the way in which the space was constructed was more important than the order of the liturgy. Steve wrote some thoughts on the very early experiment (only a few weeks after we started) and I posted some photos. […]

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: