In hierdie kerk mag jy twyfel… maar hou net by die reëls

November 18, 2011

Dit het half populêr geword om deesdae positief te praat oor twyfel. Ek dink dis ‘n goeie ding. Ek dink dis gevaarlik.

Daar word stories vertel van ‘n kerk, lank lank gelede, waarin geen vrae toegelaat is nie, waar onsekerheid veroordeel is. Ek dink ek het so stukkie van daai kerk nog gevang, maar jou doodsteek vandag is om met daardie kerk identifiseer te word. Vandag soek ons kerke wat omgee, kerke wat jou verwelkom as jy ‘n twyfelaar is.

En nee, dit is nie net die Anglikane en die “liberale” Gereformeerdes nie, dit is die normale posisie van ‘n kerk wat wil “blybly met die tye”. Daar is ‘n band, ‘n projektor, en ‘n dominee wat vir jou vertel “dit is goed om vrae te vra”. En hierin dink ek is die gevaar.

Een teken (alhoewel nie die een wat my werklik pla nie) is wanneer ons “twyfel” en “ongeloof” te vinnig teenoor mekaar plaas. Alhoewel ek dink dit is ‘n sinvolle onderskeid, is dit ‘n gevaarlike onderskeid. Die waarheid is dat vir party wat twyfel, is ongeloof die beste woord om hulle twyfel te beskryf. Hulle is nie bloot besig om vrae te vra oor hierdie of daardie dogmatiese idee nie, of om te worstel deur die dood van ‘n geliefde nie. Wanneer hulle sal waag om eerlik te wees, dan moet hulle sê: “ek dink nie daar is ‘n God nie”, “ek dink God is goed nie”, “die Bybel is vir my ‘n struikelblok”. Hulle is ongelowig… maar partymaal kies hulle om in gesprek met die kerk, met die kerklike tradisie, en met God ongelowig te wees.

‘n Meer algemene vorm hiervan is wanneer ons sê: “natuurlik mag jy twyfel, solank jy net die Bybel as die Woord van God erken” (of een of ander saak wat na die “solank” moet kom). Dis asof die kerk dan sê: “jy mag twyfel, maar twyfel net binne die reëls wat ons vir jou sal maak”. Of dalk is nader aan die waarheid dat die kerk sê: “jy moet twyfel, maar hier is jou jy moet twyfel”.

Wanneer ‘n ma ‘n kind verloor omdat iemand teen 180km/h gejaag het en ‘n ongeluk gemaak het, en by die begrafnis opstaan en vertel hoe seker sy is dat God se goeie hand hierin sigbaar is, dan beskou ons die kerk waar sy opgehemel word as ‘n geloofsreus as siek, so gemeenskap is bykans patologies. Twyfel is goed. Mens moet twyfel. Die lysie van waaroor jy moet twyfel verskil net van gemeenskap tot gemeenskap.

Maar twyfel is wesenlik om die reëls van die gemeenskap te breek. Om te wonder of die gemeenskap op die regte pad is, maar om dit te doen terwyl jy op een of ander manier nog deel van die gemeenskap is (anders is jy nie ‘n twyfelaar nie, maar ‘n apologeet vir ‘n ander gemeenskap). Die toets vir ‘n gemeenskap se ruimte vir twyfel is nie of jy een van die vrae op die lys van “gewone twyfel” vrae mag vra nie, maar wat hulle maak wanneer jou worsteling jou na “gevaarlike terrein” neem.

Dit bring ons dalk by ‘n derde probleem met die twyfel taal. Wanneer ons ruimte laat vir twyfel, maar vooraf bepaal waarheen die reis van twyfel jou moet neem, dan wonder ek oor hierdie veilige ruimte. Wanneer een of ander geestelike leier jou aanmoedig om hierdie of daardie kontroversiële boek te lees, maar vooraf bepaal wat die oplossing vir vrae wat genoemde boek op die tafel sit moet wees, dan is dit nie werklik ruimte vir twyfel nie, maar ‘n poging om die eie posisie te versterk.

Ek raak opgewonde wanneer ek hoor dat selfs in kerke wat binne die teologiese sprektrum as uiters fundamenteel beskryf sou moet word, die taal van “twyfel” begin gebruik. Maar ek raak ongemaklik wanneer kerke (en hier dink ek maar net aan die kerk waarvan ek deel is) dit laat blyk dat twyfel beheer kan word, vasgevang kan word, en die uitkoms daarvan bepaalbaar is. Hier is die waarheid: twyfel kan ongeloof veroorsaak. Partymaal kies diep gelowiges om as ongelowiges (nie as twyfelaars nie) deel van die gelowige gemeenskap te wees.

Wat is dus my toets? Wel, ek wil net weet of jy deel wil wees van hierdie hermeneutiese gemeenskap, hierdie gemeenskap wat worstel met ‘n sekere teks – die Bybel (‘n teks wat baie probleme op ons tafel sit), ‘n sekere tradisie (waarvan die grootste deel deur die tradisie self onderdruk is, stilgemaak is, en op ‘n manier in herinnering geroep moet word). Daarmee wil ek nie vir ‘n bevoorregte posisie vir twyfelaar roep nie (dit is ‘n argument vir ‘n ander dag), die gemeenskap is immers met tye fundamentalisties, rassisties, chauvinisties. Maar as jy deel wil wees van hierdie gemeenskap, met al ons massas probleme (onder andere ons onverdraagsaamheid teenoor mense wat vrae vra), dan dink ek mag jy deel wees. Dan vorm jy saam aan wie hierdie gemeenskap is, een stem in die koor.

Dit is om ruimte te maak vir twyfel… en dalk is dit onmoontlik…


hoekom party “progressives” my ‘n gatkramp gee

Junie 9, 2010

Jy hoef nie ‘n rocket scientist te wees om uit te figure waar my eie teologiese positionering te vinde is nie. Of dalk moet jy, siende dat dit actually nogsteeds, na 4 jaar van blog, gebeur dat mense my wil forseer om myself te positioneer. Of dalk is die meer korrekte formulering dat daar mense is wat vereis dat jy jouself moet polariseer. Jy moet jouself teenoor iets plaas voor jou positionering aanvaarbaar is. Dit dalk hoekom selfs ‘n arme dominee wat honderde blogposts al geskryf het steeds in ‘n blik gedruk sal word om te moet “positioneer”. “Wat glo jy?”, oor ditjies of datjies.

Dat ek ‘n voorliefde het vir ‘n meer progressiewe teologie, maar met ‘n lekker postmoderne, en meer en meer met ‘n lekker postkoloniale streep daaraan gegee, behoort duidelik te wees vir die fyn leser. Dat ek myself oor en oor al baie sterk teenoor enige vorm van fundamentalisme uitgespreek het is ook al geskiedenis. Beide in blogposts, asook in comments. Wat ek egter vandag uit die kas uit moet kom oor is die feit dat party progressives my al jare lank ‘n gatkramp gee.

My diepste gatkramp vind ek in progressives wat moan oor dogma, en dan direk daarna weer ander wil forseer om een of ander finale en korrekte formulering vir een of ander geloofsoortuiging te maak. Ek verkies dan maar my konserwatiewe vriende wat eerlik is daaroor dat hulle dink dogma en korrekte geloofsformulerings is van kardinale belang, eerder as die oneerlikheid wat ek by party progressives kry.

O, en in die paragraaf bo is daar natuurlik ‘n belangrike punt gemaak. Ek het sogenaamde konserwatiewe vriende. En ek het “ongelowige” vriende. En die beste van als is, hulle hou partymaal van mekaar! Hulle is saam oortuig dat ons moet ophou om die aarde op te neuk, en om die armes uit te buit. O, en hulle leef actually anders omdat hulle hiervan oortuig is.

Akademies is ek veronderstel om ‘n etikus te wees. In my persoonlike lewe glo ek dat die etiek altyd die gesprek moet troef. Hoe ons leef is belangriker as ons formulering van een of ander dogma. Baie sogenaamde progressives deel hierdie siening. Wat party skynbaar mis, is egter dat die oomblik dat hulle dan begin om te praat oor hoe onaanvaarbaar die geloofsformulering van ‘n ander is, of hoe een of ander iemand se goed nie kan inpas by some kind of moderne wêreldbeeld nie, en dit weer die belangrikste gesprek word, hulle die inkonsekwentheid van hulle eie benadering verraai. Dan verkies ek die integriteit van hulle met wie ek op soveel punte nie saamstem nie.

‘n Laaste stukkie confession. David Bosch is die teoloog wie se werk my die sterkste beïnvloed het ek dink. Ek lees Transforming Mission soos ‘n bybel. Die eerste paragraaf van die acknowledgments van my M.Div skripsie lui as volg:

When reading the work of David Bosch, the way in which Bosch opened himself up to beinfluenced by the church really made an impression on me. In his theology, hisindebtedness to ecumenical meetings and his emphasis on the local community plays animportant role. This was a constant reminder that theology should never, and can never,be formed in isolation. “…unlike philosophical schools or scientific experiments,theology has no life unless it is borne by a community” (Bosch 1995:60).

Die communities waarin ek myself bevind, hetsy gemeente, kerkverband, Christelike geloof, godsdienstige tradisies van die wêreld, plaaslike publiek, nasionale publiek, of internationale publiek, is almal divers. Hulle sluit almal mense in wat goed formuleer op maniere wat ek nie sou nie. Ook op maniere wat tipies “konserwatief” is. In die tradisie van Bosch waarin ek hoop om te beweeg, kan ek nie anders as om hulle ernstig op te neem nie. Want ek is besig met teologie, nie filosofie nie. En teologie het net ‘n lewe wanneer dit in gemeenskap mee geworstel word.


baster-teologie

Maart 8, 2010

Fourie, Warren, Maxie, Mynhardt

‘n Groep van die mees creative voices wat ek ken in die kerk vergader met van die lelikste blommetjies wat ek nog ooit gesien het in die agtergrond. Ons sit in Menlopark maar ons harte klop vir arm Afrika. Ons joke oor kerk en dominees, maar ons is dit self. Ons wil in Afrika gegrond wees, maar ons moet erken dat partymaal intrigue Westerse teologie ons nogals. Ons wil deelneem aan die gesprekke oor kerk wat op blogs aan die gang is regoor die wêreld, maar moet erken dat partymaal dan verstaan ons vriende in Europe en Amerika ons net nie, want ons praat ons tale, alhoewel oud-Europese tale, op ‘n Afrika manier. Reggie noem ons hybrids, en hy verwoord op ‘n unieke coloured manier emosies wat baie van ons het wanneer hy oor Emerging Churches skryf. Fourie en Mynhardt het ons gehelp vanoggend deur te praat van basters. Want ons is basters.

Ons almal is op ‘n manier. Letterlik. Want ons bloed is gemeng. Ek lyk wit maar hier iewers vloei die Maleier bloed in my. Met party is dit meer obvious. Maar ook in ons denke. Want ons moet in hierdie transition van tye leef, ons moet die stories van Afrika en ons Westerse roots merge, want ons kan nie anders nie. Dis die liminal space waarin ons leef. En dan luister party van ons nog na stemme uit Suid Amerika, of Asië.

In ons kom ‘n unique blend van postcolonial en postmodern en emerging en liberation en wie weet watse teologie nog bymekaar. Ons weet ons het nog nie regtig taal vir wie ons is nie. Ons soek al vir ‘n paar jaar daarna. Ons weet ons is onseker oor waar ons gaan wees oor 5 of 10 jaar. En ons is fine daarmee. Maar ons weet dit gaan ‘n local journey wees. Dit gaan in gesprekke gebeur.

Hopelik gaan ons in die jaar wat kom bietjie on gedagtes oor Jesus, Suid Afrika en die kerk op papier sit. Hopelik gaan jy saam met ons journey en ook jou gedagtes met ons deel. Hopelik gaan ons oor ‘n jaar terugkyk en sê die journey was die moeitewerd, en ons baster-teologie groei.


boksiegode en bybelgode

Augustus 18, 2009

“Maar as God almagtig is, hoe kan hy teen Jakob verloor?”

vra een van die graad 11’s in die belydenisklas noudieaand. En hulle sien ook raak dat God vir ‘n klein rakker kies hier. Esau is eintlik ‘n baie beter keuse, hierdie Jakob vent is ‘n klein liegbek. Maar God kies hom. En dan is daar nog God wat spyt kry oor hy mense gemaak het, hoe kan ‘n alwetende God tog spyt kry? En Abraham wat vir God afstry daar kort duskant Sodom. En ons het nou maar nog net begin raak aan Genesis.

Ek dink dit was Anton van Niekerk wat iewers skryf dat ons die God van die filosowe so bietjie moet los ter wille van die God van die Bybel. Nou, dit het niks met ‘n letterlike lees, of ‘n konserwatiewe godsbeskouing of enige so iets te doen nie. Die God van die filosowe het maar net ‘n manier om presies in te pas in een of ander teorie, mooi gesistematiseerd, agtermekaar, met beskrywende terme wat verabsoluteer word.

David Bosch skryf:

It is only when one loses faith in a plausibility structure that one senses that its powers were excessive and specious. In this respect Polanyi quotes Arthur Koester who, only after ht had ceased to be a Marxist, was able to write: “My party education had equipped my mind with such elaborate shock-absorbing buffers and elastic defenses that everything seen and heard became automatically transformed to fit a preconceived pattern”. The point Polanyi is maing is that the worldview one embraces may not be “true”. It may, in fact, be the Big Lie. Still, it remains “irresistibly persuasive, since it sweeps away all existing criteria of validity and resets them in its own support”

Ek dink jy weet beter waarvan Bosch (en Polanyi, op wie se werk hy baie sterk steun) praat as wat jy dink. Daai mense wat wanneer hulle praat dan kom jy net agter dat julle praat heeltemal by mekaar verby. Julle praat verskillende tale. Julle gebruik dieselfde woorde, maar bedoel totaal verskillende goed. En die ergste is, hulle an glad nie verstaan hoekom jy nie kan insien wat hulle probeer sê nie. Punt is dat beide van julle met sulke “elaborate shoc-absorbing” sisteme sit, dat julle tekste en stories op die mees wonderlike manier kan maak pas in die bekende patrone.

Daarom dalk dat meer en meer van ons hier van die ander kant af, of ons nou grade in teologie, filosofie, literatuurstudies, of sommer net graad 11, het, goed in die Bybel lees, wat vir ons so obvious lyk dat dit is wat daar staan, en dan kom jy net agter dat bitter min mense aan die duskant sien dit eers raak, hulle het experts geword om die spanninge in die teks uit te stryk tot alles mooi inpas in hulle verstaan van wat daar moet staan. En jy? Jy kan of konformeer, of jy kan die teks lees, en weer lees, en elke stukkie spanning opraap as ‘n geleentheid om iets van die rykdom van hierdie teks te ontdek. Die Jode het dit gedoen in hulle midrash, die Reformatore het gesê ons moet, en die post-moderne teoloë kan bloot nie anders nie.


Paulus en Polisiekar

Julie 6, 2009

Twee mense/groepe wie se gedagtes ek moes leer waardeer: Paulus en Fokofpolisiekar.

As goeie Gereformeerde eerstejaar teologiestudent was Paulus die een Bybelskrywer wat vir my ‘n hero was. Sy argumente, sy teologie, die stories van sy lewe. Maar met tyd het die hero-worship so bietjie verminder. Dit was nie my dosente nie, die een wat die Paulus klasse aangebied het was uiteraard baie opgewonde oor vriend Paulus. Maar soos soveel ander wat ek nou al oor die jare leer ken het, het dit net vir my gevoel of my lees van Paulus nie so lekker opline met dit wat ek van Jesus gelees het in die evangelies nie. So ek het maar begin om bietjie minder Paulus te lees vir eers.

Ek was net so mooi aan die gang met die teologiese studies, nog ‘n eerstejaar wat te veel klasse gebank het, toe Fokofpolisiekar begin musiek maak het. Ek kan nie sê dit het regtig ‘n invloed op my lewe gehad nie. Tot ‘n goeie vriendin wat nie regtig ‘n kerk-mens was nie, sy het die kerk eers baie laat in haar lewe ontdek, my geleer het om hulle te luister. Van daar af luister ek hulle baie, ek luister hulle musiek om iets van die wêreld waarbinne ‘n jonger generasie, myself ingesluit, leef te verstaan. Hulle gee nie noodwendig vir my die antwoorde nie, maar hulle verwoord definitief die vrae! En realiteit is dat meeste van die kids by die kerk, ook die goeie kerk-kinders, hulle musiek ken.

Andries van Aarde se Fatherless in Galilee wat ek teen einde van 2007 gelees het, tesame met ‘n referaat oor een of ander verskriklike Griekse vertaling uit van Paulus se briewe uit wat ek gelewer so rukkie voor ek die boek gelees het, het my weer ‘n waardering vir ons vriend Paulus begin gee. Maar ek moet sê dit gaan my nog ‘n ruk vat om Paulus regtig weer te verstaan ek dink.

Paulus en Polisiekar het nogals lyk my ‘n soortgelyke kritiek op leiers:

20  Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap.
21  Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was! Nou praat ek soos ‘n dwaas: enigiets waarop iemand aanspraak maak om te roem, daarop kan ek ook roem.

Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap. Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was!

(2 Korintiërs 11:20-21, Paulus van Tarsus)

Ons kort ‘n leier, ‘n bedreër om ons op te sweep. Om vir ons rigting te kan gee.

(Die seksuele revolusie 1:36-1:50, Fokofpolisiekar van Suid Afrika)

2 Korintiërs 11-12 is van die mees sarkastiese dele in alles wat Paulus geskryf het, en hier drup dit letterlik van die sarkasme! Dis asof Paulus wil sê: “Dankie tog dat ons nie sulke goeie leiers was nie”, want die sterk leiers bedrieg mense bloot, lei hulle om die bos, kry reg om idees aan ander te verkoop wat nie waar is nie. En dit wil lyk asof mense dit dan nou juis soek, enige bedreër wat met ‘n sterk opinie en vinnige antwoorde sal kom rigting gee. Wat instaat is om mense te manipuleer om soos goeie skape almal in die regte rigting te loop. Ek raak baie bekommerd wanneer ek sien hoe onkrities die kerk inkoop op al wat ‘n leierskap-tegniek is. Dalk het ons ‘n Paulus nodig wat sal sê: “dankie tog dat ek te swak was om mense te manipuleer op die manier wat party predikante dit reggekry het”.

Nelus Niemandt, oor wie se idees ek noudiedag bietjie geblog het, skryf:

Ons het dalk minder van John Maxwell en meer van Henri Nouwen nodig.

Ek dink daar is min mense wat Paulus se idees oor leierskap wat ek in 2 Korintiërs 11 en 12 kry so goed verwoord het vir vandag as Henri Nouwen in The Wouned Healer, ons het ‘n tipe leierskap nodig wat weet hoe om oor swakheid te praat, en waaroor ons kritici nie sal sing dat leiers maar net ‘n ander vorm van bedreërs is nie.


@Niemandt – amen! stadig met die belydenis

Junie 29, 2009

Ek moet erken ek lees amper niks Beeld deesdae nie. Hulle “arme-wittes-wat-alewig-vermoor-word” eensydige beriggewing het my begin kry. Toe is ek Sowetan toe, maar hulle celebrity-skindernuus wat oor die afgelope weke net meer en meer geword het begin my te kry, so ek is daarvan ook af. Partymaal dink ek ek moet dalk bietjie meer Beeld lees, want ek hoor heeltyd die rumoars van ‘n godsdiens gesprek wat daar aan die gang is wat ‘n lewe van sy eie het. Maar Nelus Niemandt vra op Twitter vir gesprek n.a.v sy artikel in vandag se beeld, so ek het bietjie gaan lees.

Skuif die volgorde van Bely, Beleef, Behoort na Behoort, Beleef, Bely, skryf hy. Bely, Beleef, Behoort is die sisteem waarin hy grootgeword het. Ek dink dit is die sisteem waarin ek ook grootgeword het, alhoewel dit nooit eksplisiet gesê is nie. Ons het immers aanvaar dat jy bely, die moontlikheid dat jy nie saam bely nie is nooit eers oorweeg nie. So ook oor beleef. So ons het gepraat oor om te behoort aan hierdie kerk waarvan ons nou klaar deel is. Selfs voor ons amptelik belydenis afgelê het. Dat ons behoort deel maar heel vlak was het egter duidelik geword as enige van die vorige twee skielik gequestion word. Waag dit om te luister na daardie liberale teoloë, en ons sal dit duidelik maak dat jy nie meer behoort nie. Waag dit om bietjie rond te kuier by van daai crazy charismatics, of dalk die weird mystics, en ons maak dit baie duidelik dat jy nie meer behoort nie. Wanneer bely of beleef op die tafel gekom het, het dit altyd duidelik geword dat behoort nie eerste bestaan het nie, maar voorwaardelik tot die eerste twee was.

Nelus pleit al ‘n rukkie hiervoor, en ek waardeer dit. In sy boek Nuwe Drome, skryf hy byvoorbeeld:

As die ryk van God ‘n sokkerklub was, sou die klub oop wees om almal as lede te ontvang – kinders en grootmense, mans en vroue, beginners en ervare spelers, vurige ondersteuners en rustige bejaardes. Net mense wat sokker haat en alles wil doen om dit met boks te vervang, sal nie welkom wees nie.

Die vraag is egter, hoe lyk iemand wat sokker haat? Ek bedoel, ek kry netnou ‘n email van die Learning Community af, en op die voorblad is tans eerste Leonard Sweet en Frank Viola se Jesus Manifesto waaroor almal nou so begin rave, en so entjie onder dit goed oor Nelus se boek. As ek egter Sweet en Viola se manifesto lees, dan wil dit vir my lyk asof mense wat sokker haar hulle is wat nie saamstem met hulle ekstreme high Christology nie. As ek Sweet en Viola lees dan wil dit vir my klink of hulle die reëls klaar gemaak het, klaar besluit het wat jy moet bely, sodat jy kan behoort, en eintlik is daarbinne sommer opgesluit hoe jy moet beleef ook. Kyk en na daai bladsy dan lyk vir my my asof selfs al weet ons dat die sokkerklub teoreties oop is, is dit maar moeilik om mense lid te maak wat sokker se reëls anders verstaan as ek.

As ek Nelus reg hoor, en ek hoop ek doen, dat maak ons die klub eers oop, en dan bepaal die wat deel van die klub is saam oor tyd hoe ons bely, en partymaal op verskillende tye verskillend bely, hang af waar ons op hierdie geloofsreis is. Tony Jones het dit vir my die beste verduidelik toe hy geskryf het oor hoe die baseball community die baseball reëls oor tyd verander. Dit bly baseball, maar die reëls skuif. En wie bepaal die reëls?

Similarly, Christian orthodoxy is held in tension by you, me, the Pope and Benny Hinn — by all 2.2 billion of us. Plus, we’re also listening to the interpretations of those who’ve gone before us — the church fathers.

Dalk bly van die beste pogings om behoort eerste te plaas die van David Bosch. Gaan lees gerus bladsy 185-187 van Transforming Mission. Hy beskryf die kerk as ‘n “international hermeneutical community“, waar sokker beteken dat ons kies om oor die Bybel te praat, dit is ons oriëntasiepunt. En almal wat saam wil praat vanuit hierdie oriëntasiepunt is welkom. Sweet, Viola, Niemandt, Van Wyngaard, en wie ookal nog wil saamkom, hier behoort ons, en daarom dat ons saam kan bely oor tyd, nie andersom nie.

Ronald blog ook in reaksie op Nelus se artikel by Wurmblikkie.


is ek in die minderheid?

Junie 20, 2009

Ek beleef nogals die minderheid ding die laaste paar dae.

  • Die hele Pretoria is vol turn2god advertensies, en ek het my ongemak oor hierdie storie reeds begin noem.
  • ‘n Kind bel my om info oor Godly Revolution te kry, duisende jong Christene trek mos op soontoe, maar ek het bewustelik gekies om nie te weet wat daar aangaan nie.
  • Ek kom so paar minute terug vir die eerste keer in my lewe op Finesse se website af. Jou goedvoeltydskrif? Ek kan nogals sien hoekom ek nie regtig ‘n fan is nie. Dink daaraan, die Bergpredikasie… jou goedvoelpreek… iewers link die stuff nie.
  • Ons praat vanmiddag oor my bachelors van so klompie maande terug. ‘n Goeie aand saam met vriende, paintball en ‘n braai (ja, ek het regtig goeie vriende, niks stupids aangevang nie). So paar honderd meter van die braai af was Hillsongs besig om vir Jesus te getuig met musiek, maar ek het nie gevoel ek mis iets nie.
  • Oor oom Angus hoef ek nie veel te sê nie, het al daaroor geskryf. Die grootste fenomeen onder blanke Suid Afrikaners in jare. ‘n Uitgesproke Christen, maar ek voel nie ek kan daar link nie.

Is ek in die minderheid? Eintlik glo ek nie regtig so nie. Ek het ‘n vermoede dat dit ‘n minderheid groep van my land, selfs van Afrikaans sprekendes is, wat aan hierdie lys goed link. Maar hulle is baie vocal… baie baie vocal. Hulle maak dat die grootste christelike uitgewers maatskappy in die land ‘n lewe kan maak, maar ek stap deesdae maar by hulle winkels verby, daar is nooit iets waarin ek belangstel nie, ek het immers al ‘n Bybel.

Is hulle verkeers? Ek weet nie. Ek is elkgeval lankal verby die punt waar ek hulle try fight. Deesdae gaan ek maar my gang, vertel hoe van die God waarin ek glo, die God waarvan die Bybel my leer. Tel die stukke op indien nodig wanneer ek op iemand kom vir wie die naïwe en populêre geloofsstorie nie gewerk het nie, tel die stukke op wanneer ek op iemand afkom vir enige geloofsstorie nie gewerk het nie, ek link aan die groeiende groep mense wat in hulle diepste guts weet dat dit wat vir hulle gevoer was nie werk nie, maar nog nie taal het om te verwoord hoe hulle dan oor God dink nie, en kuier veral daar waar ek nie hierdie hoef te verduidelik nie, waar almal verstaan dat ek voel soos ek voel.


ons Afrikaner private godsdiens (aka oom Adriaan part 2)

Junie 11, 2009

Ek het vertel van oom Adriaan se besoek aan Amahoro. Vir baie Afrikaners ‘n diep geestelike belewenis van versoening met ons eie geskiedenis, en vreemd genoeg hoor ons nou ook die stories van watse indruk dit maak op ander uit verskillende dele van Afrika, omdat die Afrikaners wat hulle ontmoet het bereid is om die donker dele van hulle eie geskiedenis eerlik oor te praat. Ek kon dit nog nie oor my hart kry om vir die vriende wat ek uit Kenia gemaak het te vertel van Ek sal nie langer jammer sê nie. Maar goed, dit net ‘n vinnige update voor ek kom by waaroor ek wil skryf. 

Oom Adriaan het sy bediende Sarafina saamgebring Amahoro toe. Hulle was saam op die stage gewees, en sy het ons vertel van die Vlok huisgesin. Die verhaal het vir my so verteenwoordigend van ons godsdiensbelewenis geklink. Twee vrae en hulle antwoorde illustreer dit:

Aan oom Adriaan Vlok is gevra: Toe jy opdragte gegee het dat plekke gebom moet word ens, het jy nooit gedink aan of dit reg of verkeerd is, waar God hier inpas, wat jou geloof hieroor te sê het nie?

Nee. Dit was ‘n eenvoudige nee, hy het nooit daaraan gedink nie.

Aan Sarafina is gevra: Het jy geweet van die goed waarmee oom Adriaan besig was? Was jy nie bang om vir hom te werk nie?

Nee, was die antwoord. Oom Adriaan hulle was goeie Christen mense. Hulle het mooi vir my gesorg, ek was soos ‘n kind in hulle huis. Hulle het selfs gesê ek moet saam met hulle aan tafel eet.

Dit is die storie van ons Afrikaner godsdiens. Ja, en van gelowiges reg oor die wêreld. Dat ons geloof ‘n tot die private sfeer geskuif het. Geloof het te doen gehad met die binne kant, dit wat tussen my en God gebeur, dalk dit wat in my huis gebeur, huisgodsdiens byvoorbeeld. Die publieke wêreld is beheer deur die magte van die ekonomie, politiek ens, dit was die magte wat mos “geweet” het hoe ‘n samelewing bestuur moet word.

Vir oom Adriaan het dit verander, maar vir ons Afrikaners het dit nie. Godsdiens gaan maar in ‘n groot mate maar oor die private, dit wat in die “binnekamer” gebeur, my geloof, so sê ons, is ‘n private saak. Die private geloof is egter ‘n geloof wat gebreek het met Jesus van Nasaret…


ek en universiteitsoord en hulle alternatiewe diens

Mei 3, 2009

Die verkiesing is verby, so tyd om bietjie oor ander stuff te post. Wel, daar is nog baie dinge so in die nadraai van die verkiesing om oor te skryf, so dalk voel ek maar net tyd om bietjie iets anders te post.

Ek is vanaand NG Universiteitsoord toe. My vorige gemeente. 2003 was my eerste jaar, en ek was aanvanklik nie groot op Universiteitsoord nie. Kan nie mooi onthou hoekom nie, dink ek het nog te sterk vasgehou aan die jeug waarby ek was op Hoërskool. So ‘n gedeelte van 2003 het ek spandeer om bietjie rond te kyk na van die gemeentes rondom die Universiteit. Maar iewers die jaar het ek net besluit: Hierdie is my kerk. En my gewig daar begin ingooi.

Tot 2007 was ek daar betrokke gewees. In die laaste jaar wat ek daar was, veral die laaste 6 maande, het ek bykans nooit die kerkdiens bygewoon nie. Dalk was jy in Universiteitsoord, niks het verander nie. 1500 sitplekke, ‘n predikant wat daar van helshoogte af afkyk, van een verskriklike hoë preekstoel af, ‘n 4-manuaal orrel, met Wim Viljoen agter hom. 1500 studente, groot pret, groot buzz, goed geartikuleerde preke, goeie begeleiding… ek kon dit net nie meer vat nie.

Elke week het een van die wyke ‘n wyksdiens gehou, ek het die wyksdienste gaan bywoon. Een of ander ou agter ‘n kitaar wat musiek maak, gewoonlik nie ‘n band wat fyn ingeoefen is nie. ‘n Erediens waar daar die eerste tekens van ruimte vir interaksie was. Minder mense. In die saal. Daar het ek gaan stilword, en partymaal saam gesels. Daar het ek meer van kerk beleef.

Ek weet nie wat van die wyksdienste geword het in die laaste 18 maande vandat ek daar weg is nie, maar vroeër die jaar het ek gehoor hulle begin ‘n alternatiewe erediens. Eintlik het hulle van alternatiewe kerk gepraat, waarop ek redelik sterk kritiek gelewer het, maar vanaand het die dominee daar eerder van ‘n alternatiewe diens gepraat.

Dit was ‘n aangename verassing. Twee ouens met kitare wat rustig musiek maak. Tussen 10 en 15 mense wat saam sing (blykbaar was hierdie ‘n baie klein geleentheid, dis gewoonlik bietjie groter). Een van die rustigste vroue predikante wat ek nog ooit ontmoet het wat die verhaal van Thomas die twyfelaar van Johannes 20 lees. Ons uitnooi om ‘n stukkie papier te neem en by van die teksverse en vrae wat teen die mure opgeplak is te gaan stil staan. Vrae wat my nogals werklik weer laat raaksien het wie ek is. Toe sit ons weer, sy begin te gesels oor die karakters in die verhaal, ons gesels saam. Ek is ‘n buitestaander, maar ek deel ook my gedagtes: “ek dink Thomas was kwaad gewees”. Dit word deel van die woorde wat besig is om op ‘n groot stuk wit papier geskryf te word, dit word deel van die preek. As ek nie vanaand daar was nie, dan was daar iets missing gewees. Sy gesels nog, oor twyfel, oor wonder, oor God en verwondering, op ‘n manier wat my kritiese menswees laat kalm word. Toe staan ons op, staan in ‘n kring. Bid vir die girl wat in ‘n ongeluk was. Sing ‘n laaste lied. Die een ou met die kitaar spreek die seën uit. Onbekende seënwoorde… hy is nie eens die dominee nie. En toe ek uitloop besef ek… hulle het nie kollekte opgeneem nie.

Dit was vir my goed gewees. Dit was vir my ongelooflik goed gewees. Ek het baie vriende wat struggle met Universiteitsoord, en ek neem hulle nie kwalik nie. Maar vanaand het ek iets van kerkwees beleef. ‘n Ruimte waar ek mag vrae vra, waar ek mag struggle, waar ek mag twyfel.


katedraal of kommunitie

Februarie 21, 2009

As jy Garsfontein van daar na die Ooste van Pretoria toe, en ‘n regs vang in De Villa Boa, dan kry jy op links die katedraal van die gnossies. Die hoofkwartier, soos Johan Rossouw dit beskryf. NG Moreleta. Ek onthou vroeër jare, toe NG Moreletta nog ‘n senior pastor gehad het, toe Dirkie van der Spuy nog Moreleta se voice was. Hulle het steeds een, maar mens hoor nie baie van haar nie. Nee, vandag hoor mens net van die Katedraal. Die R50,000,000 se gebou (of was dit so min), en ek hoor daar word steeds aangebou!

Maar wanneer ek hierdie paadjie ry dan is dit nie Moreleta toe nie. Oor hulle wil ek nie te veel sê nie, daar is genoeg daaroor gesê. Verder af in De Villa Boa, oor Wekker, iewers by ‘n volgende straat regs, dan links (ek het verdwaal oppad soontoe laas keer) kry jy ‘n winkelsentrum, agter die sentrum is daar ‘n stoorkamer. Daar is nie regtig parking nie, ons was so 15 mense  noudieaand daar, en die parking was maar min. Maar hier hou Pierre kerk vir ‘n klompie mense.

Third Place is die plek se naam, so algemene naam, vir so ‘n klein kerkie, dan ek nou nie eers kan link nie want ek kan nie die url ontdek nie, en google help nie. Hulle noem die stoorkamer “white space”, want dit is wat dit is. Dis net ‘n wit ruimte, wit mure en dak, met ‘n paar ou tuinstoele, maar eintlik moet jy jou eie bring, en koffie in die hoek. Geen naambord. ‘n Aircon wat water op jou mors voor jy by die deur kan ingaan. Hulle is ‘n community sal baie sê, maar Pierre verduidelik vir hulle dat dit ‘n kerk is, en dat ons daai woord moet gaan herontdek, opnuut gaan vul met betekenis, en nie weggooi en verruil vir woorde soos “kommunitie” nie.

Pierre vertel Woensdag dat mense partymaal vir hom sê hulle wil betrokke raak by Third Place – die droom van enige dominee, dat mense hulleself kom aanmeld! Maar, sê hy, daar is niks om by betrokke te raak nie! Ag, jy kan seker koffie ingooi as jy wil, maar daar is nie events of aktiwiteite of dinge wat gedoen moet word nie. As jy wil betrokke raak, leef dan die lewe wat anders is, sê hy…

Net die tyd sal leer of dit die katedraal of die kommunitie is wat die kerk van die toekoms gaan word, maar vir nou maak die katedraal my moedeloos, en die kommunitie gee my hoop…