Die ander kant van die laaste Afrikaanse kerk in die middestad

September 24, 2021

Maroela Media se woorde gaan my gewoonlik verby. Maar die onlangse rubriek oor die Laaste Afrikaanse kerk in die middestad, ‘n bietjie van ‘n promo vir ‘n dokumentêr onder dieselfde titel, het vinnig meer as een keer in my WhatsApp beland.

Wil nou nie te veel nit-pick oor woorde nie, maar die “laaste”, “Afrikaanse”, “kerk”, in die “middestad” moet so bietjie gekwalifiseer word sodat die uitspraak heeltemal waar kan wees. Die middestad is in hierdie geval daai stukkie tussen Nelson Mandela weg en die skougronde. Die sogenaamde CBD-proper. Sunnyside en Arcadia, wat tipies ook maar as “middestad” beskou word, word geïgnoreer. Die “kerk” is baie spesifiek ‘n Sondag oggend erediens in ‘n kerkgebou. Dit ignoreer die feit dat daar ook aanbid word in baie ander ruimtes. Om die waarheid te sê, in die middestad is eredienste in ‘n kerkgeboue die uitsondering. Ekself preek van tyd tot tyd in die CBD-proper in Afrikaans, maar nie in ‘n kerkgebou nie.

‘n Kollega in NG Pretoria, die NG gemeente in die middestad (CBD, Sunnyside, Arcadia) spot gereeld dat hierdie histories die grootste konsentrasie van Afrikaners in die wêreld was. Teen die einde van die 1980’s het die NG Kerk hier gespog met ‘n ring van 20000-25000 lidmate en 29 predikante. Oor die geweld wat nodig was om seker te maak dat die middestad uitsluitlik wit en Afrikaans sal bly swyg ons maar gewoonlik. Deel van die tragedie wat hier uitspeel is egter ongetwyfeld die nadraai van die verweefdheid van wit rassisme en gemeente grense. Tog, die verdwyn van Afrikaners, Afrikaners wat ook Christen is, uit die middestad is ‘n tragedie, al is dit dalk van ‘n ander soort as wat die treur-verhaal oor die laaste Afrikaanse kerk in die middestad vertel.

Sedert die 1990’s kan die beweging van Afrikaners uit die middestad nie anders as ‘n “vlug” beskryf word nie. In Pretoria is daar oos en suid getrek – en met tye gevlug. Aan die een kant is die middestad net nog een van die baie stories van Suid Afrika – sonder die mag van wetgewing of kapitaal om gemeenskappe homogeen te hou vermeng ons lewens oor tyd onvermydelik. Maar die tempo van verandering vertel ook die verhaal van ‘n tragiese Christelike geloof. Hierdie was ‘n Christelike geloof wat nie in staat was om volgelinge van Jesus te begelei in ‘n lewe van breër gemeenskap en verhouding nie. Geloof, taal, en witheid het toksies verweef geraak tot op die punt dat duisende Christen-mense vlug uit hul gemeenskap verkies het bo leef saam met ander. Die voorlaaste Afrikaanse kerke in die middestad, en die honderde gemeentes in die suburbs wat steeds aanmekaar geweef is met taal, godsdiens, en ras wat mekaar in stand hou, sukkel steeds om ‘n Christelike geloof te vorm wat dit vir wit Christene makliker maak om konstruktief te leef saam met ander sonder die steierwerk van wit beheer en plaaslike wit meerderhede.

Vir die afgelope klompie jare sit ek op die komitee wat moet kopkrap oor die Bosmanstraat kerkgebou se loodglasvensters wat “met plakband aanmekaar gehou word”. Ek sal die hiperbool maar laat gaan (maar kontak gerus vir die bankbesonderhede van die boufonds). Hier sit ons, Christene van Suid Afrika en die res van die kontinent, wat bid in ‘n verskeidenheid van tale, en aanbid in ‘n verskeidenheid van tale wat boonop baie keer verskil van die tale waarin ons op ons eie bid, en worstel saam oor die ongelooflike duur instandhouding van antieke monumente. Dit is kwotasies wat die gemiddelde voorstedelike kerkraad se finansiële komitee se oë sal laat traan – geboue wat ‘n eeu oud is word nie maklik in stand gehou nie. En tog is dit instandhoudingswerk wat gebeur, want jaar na jaar is die storie van Bosmanstraat minder die geloofstorie van ‘n eksklusiewe Afrikanerdom, en ‘n huidige diverse gemeenskap vat verantwoordelikheid vir die duur instandhoudingswerk wat agtergelaat is toe wit kerke en besighede onttrek het.

Want die storie van die Bosmanstraat kerk klink drasties anders as die van die laaste Afrikaanse kerk in die middestad. Hier klink die stemme van honderde Gereformeerde Christene op, in ‘n verskeidenheid van tale, en sonder ‘n belewenis dat “die eindelose getoet van kliëntsoekende taxi’s” of “die geroep van straatverkopers” bedreiging inhou. Hier leef daar ‘n diep sensitiwiteit vir taal. Elke erediens word vertaal, want die diep geloofsoortuiging leef dat mense nie op grond van taal uitgesluit mag word nie. En die liturgie word bewustelik meertalig aanmekaar verweef. Ja, van tyd tot tyd is ook Afrikaans deel van hierdie verweefdheid – al is die lidmate wat in Afrikaans sal bid maar min. Die gemeente weet in beginsel dat ook Afrikaans ingenooi moet word. Hier leef immers ‘n Christelike geloof wat verstaan dat geloof nie vra dat ons taal en identiteit onderdruk word nie, maar wel dat die grense van ons Christelike gemeenskap nie deur taal en identiteit bepaal word nie, maar deur geloof.

As ons eers regkry om verby die laaste eksklusiewe Afrikaanse ruimte in die middestad te kyk, dan begin ons egter ook mooi stories sien. Stories van nuwe gemeenskap en nuwe verhoudings, van mense wat hande vat om hul leef-plekke te versorg. Hier vertrou mense wat Christelik nasionale onderwys geleer het nie met mekaar kan saamleef nie mekaar om oog te hou oor mekaar se kinders. Teenoor die treurlied oor die einde van Afrikaanse eredienste staan die prentjie van die oom koster en tannie saakgelastigde wat ‘n lewe lank in Sunnyside geleef het, en diep in hul 70s Sondag oggend na kerk in die straat afstap en die week se vrugte by die straatverkoper gaan koop. Ons sal waarskynlik met minder romantiek as Johannes Kerkorrel vandag oor die middestede moet praat. Ons kyk immers vandag terug op dekades se onttrekking van bronne uit middestede, met munisipaliteite wat eers meer onlangs weer tekens van instandhouding van middestede begin wys het. Maar dit is ook gemeenskappe waar mense mekaar vind en leer saam leef. Ja, hier leer party Afrikaners ook stadig maar seker wat dit beteken om nie meer laer te trek nie.

Dis waarskynlik nie blote toeval dat die artikel die huidige bewoners van die CBD gelyk stel met die Britse oorlogstuig nie. Die oortuiging dat hierdie grond aan “ons” behoort lê diep. So ook die oortuigings dat ‘n saamleef met ander nie aanbeveel word nie en dat mense fundamenteel in konflik met mekaar is. Maar ‘n ander storie is moontlik. Sondag se tema by die erediens aan die voet van die Uniegebou draai rondom ‘n waardering vir ons diverse erfenis en gedeelde geloof. Te midde van die diverse disse wat na kerk op die tafel sal wees, sal die Kook en Geniet ook ‘n plek hê. Gemmerbier en Hertzoggies saam met ander disse van reg oor die Suidelike deel van Afrika. Dit was onvermydelik dat Afrikaners wat hul lewe eksklusief leef uiteindelik ‘n storie van “laastes” sal vertel. Maar ander kant die laaste is daar die saamleef met ander, die verweefdheid met mense wat verskillende identiteit stories vertel.

Die laaste Afrikaanse kerk in die middestad is ‘n storie bloot omdat Afrikaanse Christelikheid selde kon leer om die deure van kerk en geloof wyd buite die grense van taal en kultuur oop te maak, en omdat Afrikaner gelowiges selde kon uitwerk wat dit beteken om deel te word van ‘n geloofsgemeenskap wat nie aanmekaar geweef is in die smeltkroes van ‘n eksklusiewe taal-en kultuurgemeenskap en ‘n onderdrukkende witheid nie.

Hierdie storie van verlies word nie vertel vanuit ‘n werklike omgee vir die middestad en die mense van die middestad se mense nie. Die storie van die middestad word oorvertel as ‘n storie van verlies omdat ons steeds sukkel om te leer wat dit beteken om verweef met mekaar te leef, en waarskynlik as waarskuwing dat die laer sterker getrek moet word op ander plekke, om nog “laastes” te verhoed. Maar die middestad is ook vol van uitnodigings om die laer-trek te laat staan, om wortel te skiet in diverse gemeenskappe, en vir die van ons wat eens daardie Afrikaanse kerkbanke vol gesit het om deel te word van nuwe gemeenskappe. Maar ons sal die oogklappe van vrees en die diep oortuigings dat ons sterker staan apart moet los om hierdie stories te ontdek.


Die NG Kerk praat saam Afrikaner organisasies?

Mei 10, 2012

Ek was iewers in my agterkop bewus daarvan dat die NG Kerk met die ANC gaan praat. Ek het geweet dat “ons” (menende die verkose leiers in amptelike hoedanigheid) ongelukkig is met die ANC (OK, so what’s new, kyk maar net ons media verklarings oor die afgelope klompie jare), en alhoewel ek gewoonlik voel ons moan oor die verkeerde goed (gesprek vir ‘n ander dag), het ek die brokkie inligting hier laat ingaan en daar laat uitgaan.

Ek sou toe nou vanaand by ‘n housemate hoor dat ons namens die Afrikaners met die ANC gaan praat het!

Nou hier raak ek ongemaklik.

Natuurlik is ons ‘n “Afrikaner organisasie”. Dit is die baggage waarmee ons sit, en wat ons baie hard probeer om by verby te beweeg (en waar besluite by die laaste Algemene Sinode ons nogals gehelp het om deure oop te maak om ‘n ander identiteit te vind). Ons is ‘n Afrikaner organisasieas gevolg van historiese redes, en omdat ons lidmaatskap en amptelike leierskap bykans uitsluitlik uit hierdie groep wit Afrikaans sprekendes wat ons met “Afrikaners” kan identifiseer bestaan.

Oor die hele identifisering gaan ek nie nou praat nie. Ek is ‘n Afrikaner. Ek’s stuck daarmee. Ek dink Johan Swarts is spot-on (alhoewel ek dink hy moes meer eerlik gewees het en “wit” vooraan sy “Afrikaanssprekende Suid Afrikaners” gevoeg het). Die NG Kerk bestaan uit hierdie groep.

Maar verteenwoordig die NG Kerk hierdie groep? Praat ons “namens” hierdie groep? Is ons die “kerk van die Afrikaner”? (moet ek regtig uitwys hoe naby dit aan die “volkskerk” debat kom wat die NHK so tyd gelede oor gesels het?) Is die identiteit wat maak dat ons met die ANC in gesprek gaan ons Afrikanerskap?

Waar was die NG Kerk toe ‘n groep teoloë ‘n paar maande gelede ‘n brief vir die ANC geskryf het? ‘n Brief wat begin met “dankie”, maar tog skerp krities is. Sou ons nie eerder sê dat wanneer die Kairos teoloë met die ANC gaan praat, dan praat hulle ook namens die NG Kerk nie? Goed, ‘n klompie NG predikante het die dokument onderteken, en dus gevra dat die verteenwoordigers ook namens hulle gaan praat, maar op geen stadium het die NG Kerk (wat ek van weet) enigsins aangedui dat ons hierdie gesprek ook as ‘n gesprek sien wat ons belange op die hart dra nie: en hierdie groep praat immers as “Christene” met die ANC.

Moet my nie verkeerd hoor nie, Kairos is nie sonder probleme nie. Daar was sake daarin wat ek aanvanklik mee verskil het (maar in van die korrespondensie vooraf is daar ‘n goeie argument gemaak dat dit nie nou die tyd is om oor detail te verskil wat maak dat ons mekaar nooit vind nie). En Pierre de Vos se kritiek dat die gesprek tussen Afrikaners en ANC maar ‘n elite gesprek is, en dat die ANC nie bereid is om dieselfde gesprek met die magteloses en armes te voer nie het ‘n vriend van my ook oor Kairos gesê (en daarom nie geteken nie).

Of dalk sou ons eerder saam met die SARK wou gaan praat? Of die National Religious Leaders Forum? (eerder die eerste as die tweede in my opinie).

Maar om as Afrikaner organisasie ‘n voet in die deur te kry… ek weet nie so mooi nie. Ek is ‘n Afrikaner, ek moet met hierdie identiteit werk, maar die Afrikanerbond, Voortrekker Monument en ATKV kan nie namens my praat nie. Hulle het immers niks met my vorm van Afrikaner wees uit te waai nie. Ek is egter ‘n lidmaat van die NG Kerk! As die NG Kerk praat, dan erken ek graag “dit is my kerk wat nou praat” (al verskil ek van hulle, al skaam ek myself soms vir hulle, bly dit my kerk wat praat). Maar as die NG Kerk begin om namens my as Afrikaner te praat, dan raak ek ongemaklik.

Ons is ‘n Afrikaner-kerk. Ons huil daaroor dat ons dit is. Ons bely ons skuld omdat ons dit is. Ons werk uiters hard (ek hoop) sodat dit nie langer waar moet wees nie. Sodat ons deel kan word van ‘n breër kerk, een wat nie as ‘n “Afrikaner-kerk” identifiseer kan word nie. Wat maak my kerk dan tussen die Afrikaner organisasies? Kon ons nie maar eerder gesê het ons sal dan maar liewer stilbly nie? En om dit dan nog as “Publieke Getuienis” te beskryf? Om dit as “getuienis teenoor die staat” te beskryf as ons “Afrikanerskap” vir ons ‘n kaartjie by die dominante politieke mag wen… hiermee is ek erg ongemaklik.

Asseblief, kom ons verbind onsself as kerk om te praat as deel van die ekumeniese stem in Suid Afrika, nie as ‘n Afrikaner organisasie nie.


oor rugby en geweld

Januarie 4, 2011

My vriende weet ek kyk nie rugby nie. Ek het een keer ‘n wedstryd gekyk met die 2007 wêreldbeker, die semi-finals, maar het geslaap deur die finals. Hier en daar het ek seker ‘n wedstryd of deel van ‘n wedstryd by die skoonfamilie gevang, maar die familie weet dat ek liewer nie daar sal wees nie. Dis ‘n interessante posisie om in te neem, Afrikaner in Pretoria wat net regtig nie ‘n idee het wat in die Rugby aangaan nie. Ek weet nie wie is die Springbok kaptein op die oomblik nie… om eerlik te wees die laaste een wat ek nou vinnig kan onthou in Francois Pienaar, maar ek weet dis nie meer hy nie.

My storie is seker nie soveel anders as ander Afrikaner seuns s’n nie. Moes seker my eerste rugbybal gekry het voor ek skool toe is. Kon nie bulletjie-rugby speel nie, ons het bietjie ver gebly op daai stadium, maar teen 1993, toe ek graad 3 was, het ek begin speel, ten spyte daarvan dat ons steeds 50 kilometer en ‘n grenspos van die skool af gebly het, en dit ongelooflike ongerief vir my ouers moes veroorsaak (maar dit was nie die eerste of laaste keer wat hulle ongelooflike ongerief moes beleef sodat ons aan diverse aktiwiteite kon deelneem nie). Wat my storie wel anders gemaak het was seker die feit dat ek dwarsdeur my laerskool loopbaan die kleinste die my graadgroep was. Ek het dus die B-spanne en 3de span (behalwe daai een wedstryd vir die 2des in 1997) op skrumskakel en heelagter verteenwoordig.

1998 was die jaar wat ek hoërskool sou tref. Ek was bietjie van ‘n late bloomer, en het my growth spurt eers in 1999 geslaan, so vir daai oomblik, waar almal skielik al hoe groter word en ek steeds die kleinste in die jaargroep bly, het rugby baie minder aanloklik gelyk. Of dalk was dit lank voor dit nie regtig meer vir my ‘n aanloklike sport nie, maar was die idee om te moet erken dat ek nie gaan rugby speel nie erg genoeg om te keer dat ek eers oorweeg om op te hou. Na 1997 het ek dus nooit weer vir die skool gespeel nie.

Maar elke Saterdag was ons by die kerk vir die watter game nou ookal uitgesaai word. Onthou, dit was in die tyd toe niemand DSTV gehad het nie, en die rugby net op DSTV uitgesaai is. So ‘n klompie van die manne (ja, ek vermoed dit was net manne) het saamgeklub en vir die kerk DSTV gekry, en dan het die gesinne daar saam bymekaargekom en biltong en naartjies geëet terwyl ons kwaad geword het vir die refs en die spelers wat net nooit so goed kon wees as wat die ooms sou gewees het as hulle self op daai veld was nie.

Dit was egter nie lank nie, of my belangstelling in die spel het heeltemal verdwyn. Teen 1999 se wêreldbeker kan ek nie onthou dat ek een wedstryd gekyk het nie. Dalk was ek op ‘n a-sosiale tiener stadium, en het rugby gevra dat ek saam met ander mense goed doen, waarteen ek gekies het, maar ek glo nie. Krieket sou my belangstelling veel langer hou. Wie kan dan die 1999 se semi-final vergeet, Hansie in 2000. Rondom krieket sou ek nog saam met die familie bymekaar kom.

My verskoning om op universiteit te wees was dat ek kom teologie swot het, en oor tyd het ek darem begin klas bywoon en teologie lees. Dit was hier wat ek die eerste keer my kritiek teen rugby as ‘n geweldadige sport verwoord het. ‘n Sport wat geweld verheerlik. Aanvanklik het ek dit gedoen met ‘n diep geloof in die goedheid van die mens, en daarom geglo dat rugby, soos boks, maar bloot oor tyd die pad van die gladiators van Roma sou loop. Dat soos wat die mens meer en meer verlig sou word, ons sou agterkom dat hierdie sport barbaars is. Ja, ek was dalk bietjie van ‘n liberal gewees, en moet vandag seker die erns van die sondeval maar erken, en raaksien dat ons nie op ‘n pad is waar ons geweld uit sport uit wegwerk nie, maar dit op plekke juis toeneem. Geweld moet in sport, soos op alle ander plekke, as ‘n ernstige probleem wat ons hard sal moet werk om op te los gesien word, ons is nie besig om met ‘n eenvoudige proses van verligting minder en minder geweldadig te word nie.

En dit bring my terug by my laerskool jare. Op die platteland (dalk in die stad ook, maar ek weet nie) het jy partymaal net so jaargroep gekry wat ongelooflik uitstaan. My beste vriend uit kleuterskool-dae was in so jaargroep gewees, en hulle het jaarliks die provinsie se finaal gehaal. Ek onthou dit soos gister hoe hy my (ek dink in 1995) vertel het hoe hulle span by ‘n spesiale rugbyskool geleer is om vuil te speel in skrums op so manier dat dit nie teen die reëls is nie, of jy nie gevang word nie. Op die ouderdom van 11 kon ek uitfigure dat hierdie verkeerd was. Dat dit nie is hoe ek dinge wil doen nie. Dalk het ek daai dag reeds my gly in rugby gekry…


ons moet die 80’s en Apartheid onthou

November 13, 2010

Selfs in my eie gedagtes, as ek van die “’80’s” hoor is my eerste gedagtes weird haarstyle, goeie musiek (in my opinie at least – dink Bon Jovi en Johanner Kerkorrel), daai helse donkerbrille…

maar ek weet dis nie die 80’s nie. Die 80’s is daai verhale waaroor ons nie regtig wil praat nie. Selfs wanneer ons oor Johannes Kerkorrel praat, dan is dit nie die politieke kant van die verhaal nie. Ons wil graag vergeet van die joernalis Jan Rabie. Die 80’s was die tyd van PW Botha, nood toestande, opstande, jongmense wat doodgeskiet word in ons townships, boikots, sanksies. Dit was die 80’s. Ek was nie hier nie. Ek’s in ’84 gebore, en het in Swaziland gebly. Bietjie kleuterskool gehad, maar die wit laerskool was nog oppad. Op 4 of 5 kan mens seker nog verskoon word as jy polities ignorant is…

My besoeke aan die Apartheidmuseum bring my altyd by ‘n oproep dat ons Apartheid moet onthou (My eerste besoek. My tweede besoek). In reaksie op die gewilde oproep onder wit Afrikaners, my eie groep mense, dat ons Apartheid tog net moet vergeet, dat ons moet ophou om alewig terug te gaan na Apartheid toe, pleit ek dat ons Apartheid nie moet vergeet nie. Dat ons moet leer om weer en weer daaroor te praat. Dat ons vir ons kinders moet vertel van die ongeregtigheid van Apartheid, en moet herinner dat dit nooit weer mag gebeur nie (en dat waar dit steeds voortgesit word ons dit wortel en tak moet uitroei).

Ek het gekies om vandag se besoek te fokus op die tydperk vanaf 1980 af verder. Die Nelson Mandela uitstalling, en vele ander dele ook, ken ek al baie goed. Maar hier rondom die noodtoestande en CODESA voel my geheue half vaag. Na ek so bietjie rondgedwaal het was die eerste stop dus die video oor die opstande in die 80’s. Dit was in hierdie geleentheid wat ek getweet het “how the hell can we think that the ’80’s isn’t still haunting us today. #apartheidmuseum“. Maar meer as ‘n tweet is nodig om dit te verduidelik.

Jy sit daar en kyk hoe jong mans wat net verby 18 is met gewere op mense moet skiet, hoe hulle jong swart mans moet jaag, skop, oor drade gooi, op hulle skiet. Daai jong mans, aan beide kante van die struggle, is vandag ons pa’s, oppad om oupas te word. Hulle sit op ons kerkrade, hulle is direkteure van maatskappye, hulle maak ons kinders groot. Hulle is die boetmans wat die bliksem in is, maar steeds hoor ek hoe jongmense my eie ouderdom vertel hoe hulle pa’s nie kan praat oor die tyd op die tye op die grens nie! Steeds hoor ek hoe vroue in die gemeente vertel hoe hul mans sukkel met die realiteit van dit waarvan hulle deel was in die verlede. En dan is daar die jongmense wat aan opstande deelgeneem het. Op een plek vertel een van die uitstallings dat die polisie met tye kinders van so jonk as 8 jaar oud vasgetrek het. Maak die sommetjies! Daai kinders is nou maar nog in hulle 30’s, en hulle onthou nog ‘n tyd toe die polisie hulle mishandel het!

So voor ons nog by Jansen se argumente kom oor hoe die ideologie van Apartheid voortgesit word in jongmense wat nooit onder Apartheid gelewe het nie, en dit ons moet forseer om erns te maak met ons Apartheid geskiedenis (en moet my nie verkeers verstaan nie, dit is ‘n baie belangrike aspek van die gesprek waarvoor my eie generasie voor sal moet verantwoordelikheid vat). Voor blote historiese bewussyn, en die feit dat jy nie kan verstaan wie jy is of waar jy is nie ons forseer om vir ons kinders weer te vertel van Apartheid, voor dit alles gaan ons weer oor die 80’s moet praat want dit is die spoke wat steeds by ‘n baie groot deel van Suid Afrikaners spook. Maak nie saak van watter ras jy is nie. Apartheidswetgewing het geval ja, maar ons moet oor Apartheid praat, want dit spook by ons. Ons kan nie maar net aanbeweeg nie.


is oom Angus maar net ‘n maklike target?

Junie 15, 2010

Ek skryf nie baie oor die Buchan fenomeen nie. 4 jaar terug ‘n kort reeksie posts oor Faith Like Potatoes geskryf en een keer verwys na hoe humoristies ek die kritiese gesprek oor hom vind. Jy hoef egter nie ‘n opgeleide teoloog te wees om te kan raai wat my sentimente is nie, ek stem geensins met die oom saam nie. Ag, en jy hoef ook nie ‘n opgeleide teoloog te wees om te kritiek teen oom Angus se prediking in te bring nie. Van die manne in die gemeente kom jaar na jaar terug en sê dat oom Angus se prediking maar half flou was, of dat die stage te ver was van waar hulle gekamp het, so hulle het nooit die moeite gedoen om te gaan luister nie, hulle het maar net gekamp en gekuier.

Sonder om vreeslik diep te krap is dit duidelik dat hy vashou aan ou patriargale strukture, ‘n verstaan van manlikheid wat die kritiek van die feminisme geensins ernstig opneem nie (of al gehoor het nie), en met ‘n fundamentalistiese teologie werk. Dis maklik om te sê. Maar dit is hier waar my vrae eintlik eers begin: hoekom hou teoloë aan om dit te sê? Hier en daar vind ek werklik goeie analises van wat aan die gebeur is, soos Sarojini Nadar se aanbieding by ‘n kongres van die Sentrum vir Publieke Teologie, waar ek betrokke, is laas jaar, of selfs Christo Lombaard se onlangse artikel. Vanuit hulle onderskeie hoeke stem ek saam met wat hulle sê, maar ek wonder of oom Angus nie maar net ‘n maklike target geword het nie.

In Christo se artikel begin hy deur te sê dat dit nie altyd ewe maklik is om kritiek teen oom Angus in te bring nie. En dis net hier waar ek begin wonder. Ek dink dis maklik. Binne die teologiese kringe waar ek beweeg, en waar Christo as dosent ook sekerlik beweeg, is dit baie moeiliker om oom Angus te verdedig. Ek bedoel, waag dit nou, en die hope en hope redelike maklike kritiek waarvoor oom Angus homself oopgemaak het sal instroom. Want kom ons face dit, die oom sê goed wat hom in die moeilikheid kan laat kom vir baie redes (Christo het ‘n mooi lysie daar). Die wêreld lê vrot van die krities teen oom Angus, die argument is eintlik klaar gewen, die fenomeen moet maar nou net sy course gaan, en bitter min nuuts kan regtig gesê word (Sirojini se aanbieding was egter ‘n uitsondering).

Dalk is oom Angus net ‘n maklike target, ‘n swart skaap wat ons kan gebruik om die skuld vir ons sondes van chauvinisme en fundamentalisme te laai. Veral die eerste een wil vinnig vir nou ‘n paar goed oor sê.

Hoe groot skuld dra oom Angus werklik vir chauvinisme in Suid Afrika? Moet my nie verkeerd verstaan nie, hy is skuldig! Daar is slegte stories oor wat mans doen met oom Angus se regverdiging (nie alle mans wat soontoe gaan luister egter na hom of doen dieselfde nie, ek vermoed selfs ‘n minderheid). Maar is hy werklik die groot sondebok?

Ek bedoel, ons stuur jaar na jaar jong Afrikaner mans vir diensplig, dan grens toe, maak soldate van hulle, leer hulle om mense dood te maak, leer hulle om hard te wees, om nie te voel nie. Ons debrief hulle nie. Die kerk maak nie regtig ‘n dent aan die krisis oor hierdie miljoene mans wat in ons samelewing sit en wat dit aan gender verhoudinge gedoen het nie, en dan beskuldig ons vir oom Angus. Dalk is oom Angus net ‘n maklike target. Dalk is dit makliker om oor oom Angus te praat as oor die effek vandag nog van ‘n jare lange oorlog op ‘n screwed-up verstaan van manlikheid.

Kom ons maak dit nog meer persoonlik. Saterdag na saterdag sit miljoene wit Afrikaner mans (saam met hulle vroue in baie gevalle) voor die TV om na die Bulle te kyk (as jy in Pretoria bly ten minste). Ons leer ons kinders van kleins af dat dit helde is wat aan hierdie geweldadige sport kan deelneem. Ons leer ons seuntjies en dogtertjies van kleins af dat die toppunt van ‘n sport-held, is ‘n Rugbyspeler. Ons bou die netbal en hokkie-velde iewers aan die kant van die sportgronde, sodat die A-rugby velde die hooffokus kan kry. Ons bou die grootste pawiljoen langs die rugbyveld. Ons reël ons skole sport-dae so dat die eerste span rugby game die toppunt van die dag sal wees. Dit is nie 200000 mans wat hieraan deelneem een keer per jaar vir die afgelope 3 jaar nie. Dit is miljoene Afrikaners. Wit Afrikaners. Mans en vrouens. Maar alles met die fokus op die ideaal prentjie van die Afrikaner man as die harde rugbyman.

Dalk is ek suur druiwe omdat ek nie daai rugby-man was nie. Dalk praat ek maklik omdat ek nie ‘n saak met rugby het nie. En ook nie op die grens was nie. Maar as ons oor gender wil praat, kom ons praat oor oorlog en rugby. As ons die probleem van manlikheid onder Afrikaners wil uitsorteer, kom ons praat oor die grens en oor Loftus. Kom ons deconstruct die idees wat sterk sportiewe mans, en mans met gewere, hierdie magsposisie gegee het in ons kultuur. Dan word oom Angus dalk net ‘n simptoom van iets baie diepers, ‘n klein pion wat iets baie meer boos in stand hou.


kleinboet is bliksems bekommerd

Desember 7, 2009

Ek reageer heel moontlik te vinnig. Maar kleinsus wat óók die bliksem in is maak dat ek net moet reageer. Ja, ek drink ook Cuppachino’s met cream en praat oor hoe ons gaan deelneem aan daai koninkryk waarvan Jesus gepraat het, hoe ons die stemme van die armes, die wat suffer, die wat vasgavang is in ‘n sisteem wat besig is om hulle te moor, daai stemme wil ons hê moet gehoor word. Ja, ek het ook netnou uit ‘n fancy R20 per kaartjie fliek uitgestap en verby ‘n kid gery wat met bykans huilende gesig vra net vir ‘n paar sent… ek het voor my uitgekyk, hy’t nie ‘n paar sent gekry nie.

Maar bliksem! Hierdie kan nie die status quo wees nie! En hierdie is nie iemand anders se probleem nie. En dit is nie maar fine nie. En dit is nie maar die ANC nie. En jy help niks (baie sterk taal neig om hier te surface) deur sarkastiese opmerkings te maak dat ander maar al hulle goed moet verkoop en dit vir die armes gee nie (jy onthou dat daai Joodse profeet van so 2000 jaar terug dit ook een keer gesê het, sonder ‘n greintjie sarkasme).

Ja, ek’s bekommerd oor die dreigende geweld. Maar ek’s meer bekommerd dat ons besig is om ons menslikheid te verloor. Ek’s bliksems bekommerd. Want as dit fine raak dat duisendes elke dag aan VIGS doodgaan, dan is daar iewers is baie verkeerd in ons samelewing. As dit fine raak dat mense honger, sonder skoon water, sonder ‘n greintjie menswaardigheid danksy die system, kan lewe, en ons niks kan doen nie want dis nie “ekonomies haalbaar” nie, dan is ons samelewing verder heen as wat ons wil weet.

Weeskinders tel in die miljoene. Werkloses tel in die miljoene. Mense in shacks tel in die miljoene. Mense met VIGS tel in die miljoene. Dit is Afrika. Dit is my land. En ek’s bliksems bekommerd, want oorlog of nie, rewolusie of nie, miljoene is besig om te sterf. Regte egte mense (of het ons steeds nie van ons Apartheid persepsies ontslae geraak nie). Wat moet nog gebeur voor ons Shakespeare se woorde gaan hoor:

“If you prick us, do we not bleed? if you tickle us, do we not laugh? if you poison us, do we not die? and if you wrong us, shall we not revenge? If we are like you in the rest, we will resemble you in that” – ongeveer 1600 AD

Of Lukas s’n:

Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.

Ellende wag vir julle wat ryk is, wnat julle het julle lekker lewe al weg.

Lukas 6:20 & 24, ongeveer 84 AD

Nee, ek weet ook nie wat die antwoord is nie. Maar die kommentaar op kleinsus se kreet maak my bliksems bekommerd. En die feit dat dinge skynbaar nie beter word nie maak my bliksems bekommerd. En die feit dat daar nog heeltyd, dwarsdeur die resessie, 3-verdieping huise gebou word maak my ook bliksems bekommerd.


turn2god en die VF+

Junie 14, 2009

Jy al Turn2God en die VF+ se beleide bietjie vergelyk?

Ek is tempted om my guts te spill oor revivalist movements en pogings tot teokrasieë en voortsettings van die 19de eeu se sendingideale van “die hele wêreld vir Christus in ons leeftyd” ens. Maar ek sal dit vir eers los vir iets interessanters.

Die Vryheidsfront Plus se beleid rondom territoriale outonomie:

Die ander belangrike komponent van die Vryheidsfront se beleid, is die aanspraak op territoriale outonomie. ‘n Minderheidsgroep bly voortdurend kwesbaar binne ‘n staatsbestel wat deur ander groepe oorheers word. Beskerming wat vandag met moeite beding word, kan jou môre polities ontneem word. ‘n Volk kan slegs waarlik vry wees binne ‘n eie grondgebied onder ‘n eie owerheid. Hierdie ideaal kan verwesenlik word deur ‘n evolusionêre proses, naamlik groter outonomie op plaaslike regeringsvlak wat daarna lei tot selfbeskikking op streeks-, provinsiale en uiteindelik nasionale vlak.

Elsa Meyer het egter beleef dat God vir haar die volgende sê oor ons land se regering:

Ek het ervaar dat hierdie boodskap vir al 14 bevolkingsgroepe van ons land bedoel is.  In elke bevolkingsgroep is daar leiers wat hulle mense se belange op die hart dra.  Hulle tree in vir hulle volk en is dienaars van God en mense.  As hierdie mense opstaan en hulle mense oproep om na die Here toe te draai,  sal hulle luister en God sal ons gebede verhoor en aan ons ’n toekoms vol van sy oorvloed gee!  As ons egter nie na God toe draai nie teken ons,  ons land se doodsvonnis.

Ek het beleef dat God nooit bedoel het dat volke en nasies deur politieke leiers regeer moet word nie.  Volksleiers was bedoel om mense te wees wat omgee vir hul mense en nie gedryf word deur ander belange nie.  ’n Volksraad behoort te bestaan uit die leiers van volke en ’n staatsleier behoort vir al die volke van sy land in te tree by God.  Hy/sy moet God se plan en strategie vir die land te wete kom en in wysheid sonder vooroordeel regeer.

(Ek het sommer ‘n paar interessanthede met soortgelyke kleure gemerk)

Of Elsa Meyer aan die VF behoort weet ek nie, en ek twyfel eintlik nogals. Maar come-on??? Ek’s seker nie die enigste een wat dink hier is iets fishy nie? Kyk die ooreenkomste:

  • Beide verdeel mense volgens volkegroepe
  • Beide wil nasionale politieke leierskap afskaal sodat volksleiers sterker uistaan
  • Beide voorsien uiteindelik ‘n nasionale staatsleier, maar hierdie moet bloot ‘n verteenwoordiger van die onderskeie volkegroepe wees

Ja, tannie Elsa sê baie meer keer “God” in haar stukkie as die VF, en ja, die VF lê wel klem op territoriale verdeling wat tannie Elsa nie doen nie, maar verder is die ooreenkomste vir my maar half shocking! Ek bedoel, het tannie Else nog nie Belhar gelees nie?

Maar goed, dat ek nou stop. Wat dink jy van hierdie twee beleide oor die toekoms van ons land? Dink jy dit is versoenbaar met wat daai wandering prophet, Jesus van Nasaret, geleer het 2000 jaar terug? Sien jy ooreenkomste? Sien jy verskille? Deel sommer jou thoughts, ek wil graag hoor.


ons Afrikaner private godsdiens (aka oom Adriaan part 2)

Junie 11, 2009

Ek het vertel van oom Adriaan se besoek aan Amahoro. Vir baie Afrikaners ‘n diep geestelike belewenis van versoening met ons eie geskiedenis, en vreemd genoeg hoor ons nou ook die stories van watse indruk dit maak op ander uit verskillende dele van Afrika, omdat die Afrikaners wat hulle ontmoet het bereid is om die donker dele van hulle eie geskiedenis eerlik oor te praat. Ek kon dit nog nie oor my hart kry om vir die vriende wat ek uit Kenia gemaak het te vertel van Ek sal nie langer jammer sê nie. Maar goed, dit net ‘n vinnige update voor ek kom by waaroor ek wil skryf. 

Oom Adriaan het sy bediende Sarafina saamgebring Amahoro toe. Hulle was saam op die stage gewees, en sy het ons vertel van die Vlok huisgesin. Die verhaal het vir my so verteenwoordigend van ons godsdiensbelewenis geklink. Twee vrae en hulle antwoorde illustreer dit:

Aan oom Adriaan Vlok is gevra: Toe jy opdragte gegee het dat plekke gebom moet word ens, het jy nooit gedink aan of dit reg of verkeerd is, waar God hier inpas, wat jou geloof hieroor te sê het nie?

Nee. Dit was ‘n eenvoudige nee, hy het nooit daaraan gedink nie.

Aan Sarafina is gevra: Het jy geweet van die goed waarmee oom Adriaan besig was? Was jy nie bang om vir hom te werk nie?

Nee, was die antwoord. Oom Adriaan hulle was goeie Christen mense. Hulle het mooi vir my gesorg, ek was soos ‘n kind in hulle huis. Hulle het selfs gesê ek moet saam met hulle aan tafel eet.

Dit is die storie van ons Afrikaner godsdiens. Ja, en van gelowiges reg oor die wêreld. Dat ons geloof ‘n tot die private sfeer geskuif het. Geloof het te doen gehad met die binne kant, dit wat tussen my en God gebeur, dalk dit wat in my huis gebeur, huisgodsdiens byvoorbeeld. Die publieke wêreld is beheer deur die magte van die ekonomie, politiek ens, dit was die magte wat mos “geweet” het hoe ‘n samelewing bestuur moet word.

Vir oom Adriaan het dit verander, maar vir ons Afrikaners het dit nie. Godsdiens gaan maar in ‘n groot mate maar oor die private, dit wat in die “binnekamer” gebeur, my geloof, so sê ons, is ‘n private saak. Die private geloof is egter ‘n geloof wat gebreek het met Jesus van Nasaret…


Adriaan Vlok “got his feet washed” @ Amahoro

Junie 9, 2009

Ek’s by Amahoro Africa. ‘n Netwerk van vriende en nog-nie-vriende wat saam kuier oor Afrika en die kerk aan die ander kant. Finominale lesings en gesprekke! Ek is ongelooflik impressed met die kwaliteit van Afrika-teoloë wat ons hier vind. Sal seker oor tyd meer daaroor blog…

vlok & callahanAdriaan Vlok het ons vandag besoek, en sy storie oor hoe hy voete gewas het vertel. Daardie storie het baie al gehoor, en baie van ons oor jokes gemaak al. Ek sal minder jokes daaroor maak na vandag, dit was ‘n powerfull verhaal. Maar wat veral uitgestaan het was toe Shaun Callahan, long-time kerkplanter hier van Jo’burg en stem in die emerging gesprek, wat deel van die paneel saam met Vlok was, begin vertel oor sy eie grens-ervaringe.

Hy was deel van Koevoet, as jy nie weet wie dit is nie, dan is jy waarskynlik post-PC gebore. Koevoet was die mees geweldadige been op die grens gewees, genadeloos. Shaun se sielkundige het hom egter aanbeveel om sy woede nie op ‘n sisteem te probeer uithaal nie, maar om ‘n naam te kry waaraan hy die woede kan koppel. Vir Shaun was hierdie persoon Adriaan Vlok. Hy het gevloek met die naam van Adriaan Vlok. Vandag het Shaun vir Vlok vergewe.

Dit was ‘n diep moment, en sê iets oor ons Afrikaner geskiedenis, oor ‘n regering wat sy jong manne grens toe gestuur het, baie van hulle heeltemal opgeskroef het, wat hulle glad nie voldoende, en baie keer bloot glad nie, ge-debrief het nie. Shaun was een van hierdie jong manne, en oom Adriaan in daardie regering. Shaun en oom Adriaan is simbool vir die versoening wat tussen ‘n Afrikaner generasie wat te jonk was om direk verantwoordelik te wees vir Apartheid, en die Apartheid sisteem, en hulle wat daar agter gesit het, in baie gevalle nog moet plaasvind.

Elkgeval, oom Adriaan het aangebied om ook Shaun se voete te was, en Shaun het gevra hy wil asseblief oom Adriaan se voete was, want ook hy het nodig om hierdie man op wie hy al sy haat uitgehaal het te vergewe.

Voete was mag dalk vir baie ‘n outdated ritueel wees, en hoef nie die ritueel te wees wat almal gebruik vir versoening nie. Maar vir hierdie mense is dit real, en die versoening wat hulle simboliseer is ongelooflik noodsaaklik in ons Afrikaner gemeenskappe!


jakaranda se reversed anglicization en anit-politics polemic

Junie 1, 2009

My dag om uit die kas te klim. Ek luister Jakaranda. Ek ken die Jakaranda 94.2 thingy wat hulle heeltyd ding, ek begin al van die omroepers se name te ken. Ek luister nou wel nie baie radio nie, net as ek in die kar is (so 2000km per maand, baie daarvan in die stad, so dis darem ‘n aansienlike aantal ure), maar as ek radio luister, dan is dit Jakaranda. Hoekom? Wel, ek dink ek mag dalk wat musiek aanbetref my tyd met so paar jaar gemis het, so ek like dit om ‘n stasie te luister wat “ou bekendes” speel, waar ek elke kort-kort bietjie Bon Jovi, Roxette, of watookal wat meer as 10 jaar oud is te hoor. Maar lately begin ek oorweeg om ‘n skuif te maak.

Aanvanklik het ek nie big issues gehad met die engelse Jakaranda omroepers wat nie Afrikaans kan praat nie, maar lately begin ek te wonder daaroor… hoekom doen hulle dit? Is dit net ek wat so gutt feel kry dat hulle speel met ‘n neo-Afrikaner nasionalisme en Afrikaanse taal herlewing, en deur op die emosies van hulle wat simpatiek tot hierdie bewegings is te speel verkoop hulle die stasie. Ek bedoel, as Afrikaners heeltyd sit en moan dat hulle taal van hulle weggevat word (wat absolute nonsens is), wat beter om jou stasie te verkoop as ‘n klomp rou engelse wat gebroke Afrikaans kom praat? Lekker reversed anglicization, of nie?

Ek is all for freedom of speech. Ek sal fight daarvoor dat ‘n meerderheid opinie nooit die stem van ‘n minderheid mag dooddruk bloot omdat hulle ‘n meerderheid is nie. Ek is heeltemal daarvoor dat verskillende opinies en ideologieë deel van ons publieke gesprek moet word wat soek na die toekoms van ons land en wêreld. Maar as freedom of speech beteken jy mag enige twak kwytraak, dan raak ek geïrriteerd. In die hele turbulent politiese tyd die laaste paar maande kan ek nie onthou dat Jarakanda my ooit gehelp het om sinvol te dink oor wat in die land aan die gbeur is nie, al wat hulle gedoen het is om die spot te dryf met al wat politikus is. Die ondertoon wat ek heeltyd hoor is dat alle politiek en politici simpel is.

Ek kan verkeerd wees, so help my as jy meer Jakaranda luister as ek, maar ek hoor die stemme van ‘n klomp ryk wit Suid Afrikaners, wat lightly rassisties is, en net heeltyd hulleself binne die safe-zone hou dat hulle nie vir diskrimenasie aangekla kan word nie, maar steeds deurlopend besig is om ‘n boodskap wat eenheid tussen arm en ryk, wit en swart afbreek, te verkondig. Maar dit is net my gutt feel.

O, en help my sommer ook met wat ‘n goeie alternatiewe radio stasie sal wees vir my om te luister? Een waat ek my musiek uit die 80’s en 90’s sal hoor, maar waar ek ook ‘n beter gesprek oor die wêreld rondom my sal hoor?