Die ander kant van die laaste Afrikaanse kerk in die middestad

September 24, 2021

Maroela Media se woorde gaan my gewoonlik verby. Maar die onlangse rubriek oor die Laaste Afrikaanse kerk in die middestad, ‘n bietjie van ‘n promo vir ‘n dokumentêr onder dieselfde titel, het vinnig meer as een keer in my WhatsApp beland.

Wil nou nie te veel nit-pick oor woorde nie, maar die “laaste”, “Afrikaanse”, “kerk”, in die “middestad” moet so bietjie gekwalifiseer word sodat die uitspraak heeltemal waar kan wees. Die middestad is in hierdie geval daai stukkie tussen Nelson Mandela weg en die skougronde. Die sogenaamde CBD-proper. Sunnyside en Arcadia, wat tipies ook maar as “middestad” beskou word, word geïgnoreer. Die “kerk” is baie spesifiek ‘n Sondag oggend erediens in ‘n kerkgebou. Dit ignoreer die feit dat daar ook aanbid word in baie ander ruimtes. Om die waarheid te sê, in die middestad is eredienste in ‘n kerkgeboue die uitsondering. Ekself preek van tyd tot tyd in die CBD-proper in Afrikaans, maar nie in ‘n kerkgebou nie.

‘n Kollega in NG Pretoria, die NG gemeente in die middestad (CBD, Sunnyside, Arcadia) spot gereeld dat hierdie histories die grootste konsentrasie van Afrikaners in die wêreld was. Teen die einde van die 1980’s het die NG Kerk hier gespog met ‘n ring van 20000-25000 lidmate en 29 predikante. Oor die geweld wat nodig was om seker te maak dat die middestad uitsluitlik wit en Afrikaans sal bly swyg ons maar gewoonlik. Deel van die tragedie wat hier uitspeel is egter ongetwyfeld die nadraai van die verweefdheid van wit rassisme en gemeente grense. Tog, die verdwyn van Afrikaners, Afrikaners wat ook Christen is, uit die middestad is ‘n tragedie, al is dit dalk van ‘n ander soort as wat die treur-verhaal oor die laaste Afrikaanse kerk in die middestad vertel.

Sedert die 1990’s kan die beweging van Afrikaners uit die middestad nie anders as ‘n “vlug” beskryf word nie. In Pretoria is daar oos en suid getrek – en met tye gevlug. Aan die een kant is die middestad net nog een van die baie stories van Suid Afrika – sonder die mag van wetgewing of kapitaal om gemeenskappe homogeen te hou vermeng ons lewens oor tyd onvermydelik. Maar die tempo van verandering vertel ook die verhaal van ‘n tragiese Christelike geloof. Hierdie was ‘n Christelike geloof wat nie in staat was om volgelinge van Jesus te begelei in ‘n lewe van breër gemeenskap en verhouding nie. Geloof, taal, en witheid het toksies verweef geraak tot op die punt dat duisende Christen-mense vlug uit hul gemeenskap verkies het bo leef saam met ander. Die voorlaaste Afrikaanse kerke in die middestad, en die honderde gemeentes in die suburbs wat steeds aanmekaar geweef is met taal, godsdiens, en ras wat mekaar in stand hou, sukkel steeds om ‘n Christelike geloof te vorm wat dit vir wit Christene makliker maak om konstruktief te leef saam met ander sonder die steierwerk van wit beheer en plaaslike wit meerderhede.

Vir die afgelope klompie jare sit ek op die komitee wat moet kopkrap oor die Bosmanstraat kerkgebou se loodglasvensters wat “met plakband aanmekaar gehou word”. Ek sal die hiperbool maar laat gaan (maar kontak gerus vir die bankbesonderhede van die boufonds). Hier sit ons, Christene van Suid Afrika en die res van die kontinent, wat bid in ‘n verskeidenheid van tale, en aanbid in ‘n verskeidenheid van tale wat boonop baie keer verskil van die tale waarin ons op ons eie bid, en worstel saam oor die ongelooflike duur instandhouding van antieke monumente. Dit is kwotasies wat die gemiddelde voorstedelike kerkraad se finansiële komitee se oë sal laat traan – geboue wat ‘n eeu oud is word nie maklik in stand gehou nie. En tog is dit instandhoudingswerk wat gebeur, want jaar na jaar is die storie van Bosmanstraat minder die geloofstorie van ‘n eksklusiewe Afrikanerdom, en ‘n huidige diverse gemeenskap vat verantwoordelikheid vir die duur instandhoudingswerk wat agtergelaat is toe wit kerke en besighede onttrek het.

Want die storie van die Bosmanstraat kerk klink drasties anders as die van die laaste Afrikaanse kerk in die middestad. Hier klink die stemme van honderde Gereformeerde Christene op, in ‘n verskeidenheid van tale, en sonder ‘n belewenis dat “die eindelose getoet van kliëntsoekende taxi’s” of “die geroep van straatverkopers” bedreiging inhou. Hier leef daar ‘n diep sensitiwiteit vir taal. Elke erediens word vertaal, want die diep geloofsoortuiging leef dat mense nie op grond van taal uitgesluit mag word nie. En die liturgie word bewustelik meertalig aanmekaar verweef. Ja, van tyd tot tyd is ook Afrikaans deel van hierdie verweefdheid – al is die lidmate wat in Afrikaans sal bid maar min. Die gemeente weet in beginsel dat ook Afrikaans ingenooi moet word. Hier leef immers ‘n Christelike geloof wat verstaan dat geloof nie vra dat ons taal en identiteit onderdruk word nie, maar wel dat die grense van ons Christelike gemeenskap nie deur taal en identiteit bepaal word nie, maar deur geloof.

As ons eers regkry om verby die laaste eksklusiewe Afrikaanse ruimte in die middestad te kyk, dan begin ons egter ook mooi stories sien. Stories van nuwe gemeenskap en nuwe verhoudings, van mense wat hande vat om hul leef-plekke te versorg. Hier vertrou mense wat Christelik nasionale onderwys geleer het nie met mekaar kan saamleef nie mekaar om oog te hou oor mekaar se kinders. Teenoor die treurlied oor die einde van Afrikaanse eredienste staan die prentjie van die oom koster en tannie saakgelastigde wat ‘n lewe lank in Sunnyside geleef het, en diep in hul 70s Sondag oggend na kerk in die straat afstap en die week se vrugte by die straatverkoper gaan koop. Ons sal waarskynlik met minder romantiek as Johannes Kerkorrel vandag oor die middestede moet praat. Ons kyk immers vandag terug op dekades se onttrekking van bronne uit middestede, met munisipaliteite wat eers meer onlangs weer tekens van instandhouding van middestede begin wys het. Maar dit is ook gemeenskappe waar mense mekaar vind en leer saam leef. Ja, hier leer party Afrikaners ook stadig maar seker wat dit beteken om nie meer laer te trek nie.

Dis waarskynlik nie blote toeval dat die artikel die huidige bewoners van die CBD gelyk stel met die Britse oorlogstuig nie. Die oortuiging dat hierdie grond aan “ons” behoort lê diep. So ook die oortuigings dat ‘n saamleef met ander nie aanbeveel word nie en dat mense fundamenteel in konflik met mekaar is. Maar ‘n ander storie is moontlik. Sondag se tema by die erediens aan die voet van die Uniegebou draai rondom ‘n waardering vir ons diverse erfenis en gedeelde geloof. Te midde van die diverse disse wat na kerk op die tafel sal wees, sal die Kook en Geniet ook ‘n plek hê. Gemmerbier en Hertzoggies saam met ander disse van reg oor die Suidelike deel van Afrika. Dit was onvermydelik dat Afrikaners wat hul lewe eksklusief leef uiteindelik ‘n storie van “laastes” sal vertel. Maar ander kant die laaste is daar die saamleef met ander, die verweefdheid met mense wat verskillende identiteit stories vertel.

Die laaste Afrikaanse kerk in die middestad is ‘n storie bloot omdat Afrikaanse Christelikheid selde kon leer om die deure van kerk en geloof wyd buite die grense van taal en kultuur oop te maak, en omdat Afrikaner gelowiges selde kon uitwerk wat dit beteken om deel te word van ‘n geloofsgemeenskap wat nie aanmekaar geweef is in die smeltkroes van ‘n eksklusiewe taal-en kultuurgemeenskap en ‘n onderdrukkende witheid nie.

Hierdie storie van verlies word nie vertel vanuit ‘n werklike omgee vir die middestad en die mense van die middestad se mense nie. Die storie van die middestad word oorvertel as ‘n storie van verlies omdat ons steeds sukkel om te leer wat dit beteken om verweef met mekaar te leef, en waarskynlik as waarskuwing dat die laer sterker getrek moet word op ander plekke, om nog “laastes” te verhoed. Maar die middestad is ook vol van uitnodigings om die laer-trek te laat staan, om wortel te skiet in diverse gemeenskappe, en vir die van ons wat eens daardie Afrikaanse kerkbanke vol gesit het om deel te word van nuwe gemeenskappe. Maar ons sal die oogklappe van vrees en die diep oortuigings dat ons sterker staan apart moet los om hierdie stories te ontdek.


want ons verwag tog meer van die kerk

November 12, 2013

Daar is verskeie weergawes van ‘n verhaal wat voortspruit uit versekeringsmaatskappye wat sekere rampe ‘n “act of God” noem. Dit loop gewoonlik iets soos volg:

‘n Besigheidsman wou ‘n kroeg langs ‘n kerk bou. Die kerk bid toe dat die kroeg nie gebou moet word nie. Halfpad in die bouery kom daar ‘n storm en vee die halfgeboude kroeg plad. Die versekering sê dit was ‘n “act of God”. Die besigheidsman dagvaar toe die kerk omdat hulle gebede veroorsaak het dat sy kroeg verwoes is, en die kerk reageer dat hulle gebede niks daarmee te doen gehad het nie.

Tans woed daar so gesprekke tussen ‘n paar kerkleiers, ‘n paar mense buite die kerk, ‘n paar so op die rand van die kerk en ander wat belangstel wat iets soortgelyks veroorsaak.

Mense identifiseer hulleself as “buite die kerk”, en maak dan duidelik dat hulle dink die kerk heelwat meer moet doen as bloot die minimum wat volgens die wet vereis word. Die kerk moet immers in liefde en menswaardigheid met mense omgaan, en kan daarom nie daarop roem dat ons optrede wettig was nie. Stemme binne die kerk beklemtoon weer dat die kerk gebind word aan die landswet en dat die kerk nie kwalik geneem moet word as ons binne die landswet optreë nie.

Die patroon is nie uniek aan hierdie gesprek nie, en daar is darem heelwat uitsondering op hierdie eenvoudige analise ook, maar die klein prentjie gee tog iets waaroor ons verder moet dink.

Die idee dat daar tog meer van die kerk verwag moet word is nie nuut nie. Kerke en kerkleiers wat betrokke is by een of ander skandaal sorg altyd vir nuus. Aan die ander kant hiervan hoor ons gereeld dat kerke van die organisasies is wat die meeste vertrou word deur die Suid Afrikaanse publiek.

Aan die ander kant is die etiek wat die kerk najaag ‘n onmoontlike etiek. Om jou vyande lief te hê en almal as gelykes te hanteer is iets wat ons met die “heiliges” identifiseer. Ons “gewone mense”, en die sluit gemeentes en predikante in, hou nie regtig hierby nie. So die kerk toon ook maar baie keer ‘n versigtigheid om self hierdie hoë verwagtinge op onsself te plaas.

‘n Deel van my hou daarvan dat stemme buite die kerk, en stemme op die rand van die kerk, na ons vinger wys en sê dat hulle meer verwag van die kerk, dat die kerk meer moet doen om by ons eie hoë etiese verwagtinge uit te kom. Aan die ander kant wonder ek partymaal oor die hoe sinvol dit is om van buite af vir mense te sê hoe hulle hulle eie morele riglyne moet toepas.

Ons is dalk op ‘n goeie plek as die kerk erken dat ons nie altyd regkry om ons vyande lief te hê, om alle mense as gelykes te behandel, en om veral aan die armes en die onderdruktes ‘n spesiale plek te gee nie. Hierdie stukkie eerlikheid is tog heelwat beter as die kerk wat probeer wys dat ons die morele hoëgrond het.

Daar is ook ‘n sterk liberale tradisie wat kom wys dat hierdie naïewe idees oor afsweer van geweld en liefde vir vyander ideale is wat bloot dom is om na te volg. Ek bedoel, as die kerk al ons eiendom en al ons geld more vir die armes weggee dan is dit so goed soos institusionele selfmoord. As ons nie ordentlike kontrakte met ons werknemers teken nie, as ons nie luister na wat ons by die wetmakers kan leer nie (en werk God nie oor daar nie?) dan gaan ons mense iewers uitbuit, of onsself laat uitbuit.

Daar is egter tog iets in die wese van die kerk wat maak dat ons partymaal dom goed doen. Party noem dit “geloof” en ander “roeping”. Een van my gunsteling seënbedes sê dit so mooi:

mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ’n verskil kan maak in hierdie wêreld, sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.

So partymaal gaan ons in versoeningsprosesse in ten spyte daarvan dat enige rasionele mens vir ons sal sê versoening is onmoontlik. Partymaal weier ons om geweld te gebruik al sê elke politieke analis dat geweld die enigste manier is om iets te verander. Partymaal bly ons selfs in huwelike langer as wat enige sielkundige sal aanbeveel. En op elkeen van hierdie goed sal ons voorbeelde kan wys waar ons dwaasheid toe nie gelei het tot iets wat daadwerklik verander het nie, en dat ons maar eerder die rasioneles, die analiste en die sielkundiges se raad moes gevolg het. Maar partymaal dan gebeur dit dat hierdie keuse om getrou te bly aan ons mees radikale idees, dinge regkry wat ander mense dink nie gedoen kon word nie.

Aan die ander kant dink ek daar is ook die gevaar dat die kerk as simbool waarvan ons “meer verwag” die half afgewaterde etiek van die samelewing oor die algemeen kan ondersteun. Dis ‘n langer argument, maar die oortuiging dat die dominee ten minste anders sal optreë, of die kerk ten minste beter sal doen, kan dit ook moontlik maak vir ander dele van die samelewing om hierdie verantwoordelikheid op sy te skuif. Uiteindelik moet die kerk tog ook sê dat ons nie so uniek is nie, dat hierdie ideale waarin ons glo ideale is wat ons glo die hele samelewing kan dien.

So in kort: dankie vir almal wat oortuig is dat ons tog meer van die kerk moet verwag, die kerk het nodig om hieraan herinner te word. Al verstaan as dat dit gevaarlik is vir die kerk om hierdie hoë verwagting aan onsself te stel, moet ons dit egter partymaal (selfs in dwaasheid) doen.


Oor pedofiele, apartheid en ekonomiese ongeregtigheid

Januarie 9, 2013

So paar weke terug land ek langs ‘n Rooms Katolieke priester by ‘n tafel. Ons gesprek vind plaas binne een van die mees transformerende ruimtes waarvan ek nog deel was. En daar bestaan so bykans heilige moment waar jy voel dat vreemdelinge mekaar kan vertrou soos wat vriende selde kan. Ek vra hom dus die een vraag wat ek seker nooit weer vir ‘n Rooms Katolieke priester sal vra nie: “Wat gaan met die Rooms Katolieke Kerk gebeur a.g.v die pedofiel priesters?” (ek weet nie of ek dit so verwoord het nie, maar dit was die implikasie)

Hy is nie te geskok nie. Hy verdedig nie. ek het verwag hy gaan iets sê oor hoe priesters toegelaat gaan word om te trou of soiets, een of ander polities korrekte uitkoms wat darem die kerk sal vorentoe neem. Hy verduidelik egter bietjie van die interne politiek wat dit duidelik maak dat hy dink die kerk is dieper in die moeilikheid as wat selfs ek gedink het. En toe sê hy eenvoudig: “I think the church will be much smaller by the time this is over, but more humble”.

Ek het so bietjie soos ‘n hond gevoel. Of soos Piet Meiring. Nie seker watter een van die twee nie.

Piet Meiring vertel hoe hy deel was van ‘n afvaardiging na Rwanda wat moes gaan help dink oor hoe Suid Afrika se WVK model kan help om deur die gemors in Rwanda te werk. Op een stadium vra hy toe vir een van die Rwandese: “Waar was die kerk in dit alles?”. Die man het ontplof! Hy het die stories vertel van kerke wat mense bymekaargemaak het en dan die soldate ingeroep het om die mense te kom vermoor! Daardie aand by aandete toe kyk die man op ‘n stadium na Piet Meiring en sê vir hom: “Jy is mos die een wat vanmiddag die vraag oor die kerke gevra het. Kan ek jou nou ‘n vraag vra: “waar was die kerke gedurende apartheid?”. Oom Piet eindig sy storie altyd met die woorde: “Ek skuld daai man nog ‘n antwoord.”

Ek het die priester so geluister en gedog, as hy nie so ongelooflike pastor was nie, dan sou hy sekerlik nou vir hierdie jong astrante NG teoloog gevra het: “So, wat gaan julle met apartheid maak?”

Ons moet ‘n skuif maak in ons denke. Die grootste probleem wat voor die kerk se deur lê is nie dat ons nie beheer het oor die samelewing nie, dit is nie dat mense nie meer kerk toe gaan nie, en dit is nie dat mense op ander plekke as in die kerk gaan soek wanneer hulle die transendente in hulle lewens wil ontdek nie. Inteendeel. Ek dink op hierdie gebiede doen die kerk eintlik heel goed (ten minste as jy wil syfers tel). In Suid Afrika skryf predikante nog gereeld in koerante, Christelike tydskrifte verkoop soos soetkoek, die ANC raak nog ontsteld as kerke briewe skryf waarin hulle sê die ANC maak droog (wat dit vir my laat lyk dat die kerk nog tot ‘n mate ‘n bedreiging is), en hulle loop in kerke rond as dit verkiesing tyd is (wat beteken hierdie platvorm kan nog bepaal vir wie daar gestem gaan word). Daar is geen vrywillige instansie wat die tipe lidmaatskap wys wat die kerke kan wys nie (of probeer ek nou te hard om die kerk te laat goed lyk?), en ten minste in ons samelewing bly ons grotendeels Christelik (onthou jy my voorstel dat ons ‘n klompie “SA draai na Allah” borde in Pretoria opsit om te kyk wat die reaksie is? Toets dit as jy twyfel).

Ons probleem is dat kerke apartheid ondersteun en priesters wat pedofiele is beskerm. En in werklikheid, is dit nie ons grootste probleme nie, omdat ons eintlik nou al redelik konsensus het daaroor dat hierdie probleme is (of was). Die kerk se grootste probleem bly dat ons teen ons eie identiteit ingaan en telkens onsself in situasies vind waar ons deel is van die ongeregtigheid in die samelewing. Die kerk se sterkste aanspraak op legitimiteit is egter dat ons ‘n lang geskiedenis het van deel van bewegings wat tot groter geregtigheid gelei het.

So hier is my voorstel: ek dink die kerk het ‘n teologie wat ons in staat kan stel om ons eie sonde op die tafel te sit. Waar anders kry jy ‘n organisasie wat weekliks bymekaarkom om skuld te bely? Dalk het hierdie weeklikse ritueel ons immuun gemaak teen die effek van skuldbelydenis, maar ek dink daar is moontlikhede wat ons hier rondom kan ontgin. Die grootste probleem vir die kerk is nie dat ons te min geld het, te min politieke mag, of selfs te min lede het nie. Ons grootste probleem is dat ons in ons strukture deel geword het van die instandhouding van ‘n status quo wat ongeregtigheid laat voortgaan. Dat ons rituele en metafore (teologie) gekonstrueer het wat dit vir mense moontlik maak om eties vrede te maak met ‘n verbruikerskultuur, diep ekonomiese geregtigheid en ekologiese verwoesting (om maar ‘n paar te noem). Maar weet ons al hoe om ons diep teologiese verbintenis tot ongeregtigheid te bely?

Die vrees wat tot die tipe skeptiese reaksies lei wat ek gister openbaar het is die volgende: Ons kan ‘n glorieryke toekoms vir die kerk beplan waar lidmate betrokke is by ‘n eindelose verskeidenheid van projekte in gemeenskappe, opheffingswerk, diens en getuienis, kom ons gebruik maak die lingo van die dag, waar ons missionaal is in volle glorie. Ons kan onsself oortuig dat as ons hierdie roete gaan dan gaan mense (nie enige mense nie, daai middel-klas wit lidmate wat die pad gevat het, of wie se ouers die pad gevat het) terugkom na ons kerke toe, en ons kan selfs reg wees. Maar ons kan steeds as instansie, en as kollektief van mense wat dag tot dag met iewers ‘n lewe maak, deel wees van die sistemiese ongeregtigheid in ons samelewings.

As ons hier gaan begin krap, as ons op hierdie probleem gaan fokus, dan gaan ons oplossings vir die toekoms van die kerk anders lyk. Ons gaan waarskynlik nie in die eerste plek ‘n antwoord soek vir hoe ons mense weer in die kerk gaan kry nie. Ons gaan nie ‘n model soek vir hoe ons die kerk kan herstruktureer nie. Ons gaan dalk soos die priester erken dat die toekoms van die kerk is dat ons kleiner en meer nederig gaan wees, maar hopelik gaan ons aan iets op die tafel kan sit waarna generasies na ons kan terugkyk en sê: “die kerk het God reg gehoor”.

 


Heer waar dan heen, is die kerk oppad heen?

Januarie 8, 2013

Attie daar by sy koffietafel is besig om weer die gesprek oop te maak oor hoe die kerk van die toekoms moet lyk. Ons was oppad om bloot heen en weer op mekaar te reageer, so nou maak ek die gesprek maar hier oop met ‘n paar verdere gedagtes.

As ek Attie reg lees, dan is daar twee probleme wat hy beleef.

Eerstens, die kerk is nie meer so belangrik soos wat dit eens was nie. Hy beskryf die tyd waarin die kerk belangrik was as Christendom. Dit is nie net dat die kerk belangrk was omdat daar baie mense in die kerk was nie, maar veral omdat die kerk mag gehad het om te sê hoe dinge in die samelewing moet werk.

Die tweede probleem wat Attie raaksien (of is dit ‘n moment van hoop?) is dat mense se soeke na transendensie nie meer na die kerk lei nie. Daarom hak hy aan die bekende “spiritual not religious” lyn, en lewer kritiek op ‘n kerk wat irrelevant geword het. Dis egter belangrik om te sien dat Attie ook hierin ‘n oplossing vind (ek dink). Mense is nie wesenlik teen God of geloof nie, hulle hou eintlik nogals daarvan, glo nogals baie, en die kerk het dus ‘n groot “mark” (nie sy woorde nie) as ons net kan leer hoe om hierdie mark te tap.

Sy begin vir ‘n oplossing (en hier begin ons toe debat voer) is dat die kerk meer missionaal moet wees. Ek het al probeer om hierdie “missionaal” ding te verstaan (en ek dink ek het reggekry om David Bosch min of meer te verstaan, wat konstant aangehaal word wanneer daar oor missionaal wees gepraat word), maar die waarheid is dat ons nie regtig weet wat ons daarmee bedoel nie. Te minste, nie presies nie. Daar is ‘n paar lyne waaroor almal waarskynlik sal saamstem:

  1. Missionale kerkwees het iets te make met die sosiale nood binne ‘n bepaalde konteks. Dit gaan nie bloot daaroor om mense hemel toe te vat nie.
  2. Missionale kerkwees sluit almal wat hulleself “Christen” noem in, en kan nie ge-outsource word na een of ander kommitee toe nie.
  3. Missionale kerkwees moet op een of ander manier met my lewe tussen eredienste te doen hê.

As eerste voorbeeld vir wat as ‘n moontlike antwoord op die twee probleme hierbo kan dien, gee Attie vir ons Thomas Gemeente in Sheffield. Die spesifieke goed wat hierdie gemeente noem wat lyk my vir hom uitstaan is dat hulle die gemeente in groepe van ongeveer 20 mense organiseer, en die primêre fokus van die groepe is dan betrokke by “diens en getuienis” in ‘n spesifieke omgewing (geografies of binne ‘n bepaalde netwerk van verhoudinge). Die groepe wil ook hê dat die mense op wie hulle ‘n impak het (ek aanvaar deur hulle diens en getuienis) Jesus moet volg. In die comments verwys hy verder daarna dat hierdie kerk 600 gemeentes of 3 jaar gestig gekry het.

Kom ek verduidelik my ongemak met hierdie antwoord (voor ek my ongemak met die probleem verduidelik). Dis nie bloot omdat die “buitelands” is nie. Ek is eintlik bitter bly hy gee nie vir ons nog ‘n Amerikaanse model nie. Maar ek raak ongemaklik wanneer ek die link na die wikipage oor die gemeente volg, en dan die link na Sheffield volg en dan op Economy click. Lees maar self. Wat ons vind is ‘n gemeente wat ‘n ongelooflike storie vertel hand aan hand met ‘n ongelooflike ekonomiese verhaal.

Kom ek gee gou vir jou twee ander voorbeelde van dieselfde situasie. Saddleback Church (Rick Warren se kerk) kan jy vind in ‘n omgewing (Lake Forest) waar 66% van die huishoudinge meer as $100000 inbring. Die 2003 syfers vr Amerika was dat 15% van huishoudings hierdie tipe inkomste gewys het. Willow Creek Church (Bill Hybels) is in South Barrington, waar die inkomste mediaan van ‘n huishouding $170000 is. Iewers moet ons begin skepties raak oor kerkmodelle, maak nie saak hoe goed hulle lyk, wat geskep word in uitwonderlike ekonomiese omstandighede. Dalk kan ons iets by hulle leer, maar daar is massas vrae wat ons gaan moet vra. En vir die oomblik dalk net dit: hoeveel kan die gemeente in Danville, Attridgeville of die Moot regtig leer by ‘n model wat geskep is om mense wat uitsonderlik ryk is in die kerk te kry?

Ek weet nie vreeslik baie van die gemeente in Sheffield nie, maar omdat ek van Willow Creek en Saddleback geweet het, het ek sonder om twee maal te dink die links gevolg na die “Economy” konteks van hierdie gemeente wat as voorbeeld voorgehou word.

Vinnig iets oor die probleme: Is ons probleme in die kerk werklik dat ons mag verloor het en dat mense spirituele wyshede op ander plekke gaan soek? Deel van hierdie “mag verloor” was dat die kerk nie vandag meer vir opvoedkunde en mediese dienste verantwoordelik is nie. Ons het daai vir die staat (terug)gegee. En dit is nie maar bloot met geweld afgevat nie! Die kerk self het ook tot die oortuiging gekom dat dit beter is as die kerk nie hiervoor verantwoordelikheid neem nie. Ja, op plekke is die kerk inderdaad nog met hierdie tipe dienste besig, staan die kerk die skoene vol van dit wat ons eintlik glo die verantwoordelikheid van die politieke/ekonomiese sisteem is. Is hierdie verlies aan mag ‘n probleem? Ek dink nie so nie! Wat wel ‘n ernstige probleem is, en sentraal moet staan in die kerk se agenda, is dat hierdie politieke/ekonomiese sisteem waarvan die kerk haarself losgemaak het (of losgemaak is), is nie besig om seker te maak dat almal opvoeding, mediese sorg, en ‘n basiese menswaardige bestaan kry nie!

Oor die hele “spiritual not religious” ding sal ek later meer skryf, maar ek wonder of die kerk nie bykans uit verligting hierna gryp omdat dit as teken gebruik word dat die “harde ateïsme” waarvoor ons so bang was (en is) nie gewen het nie. Dit is dus die kerk se oplossing ook. Ons moet net weer regkry om God anders te verpak, dan kan ons hierdie samelewing wat eintlik almal “geestelik” wil wees weer in die kerk kry. Meer hieroor in ‘n volgende post.

Attie vra my waar ek voorstel ons moet gaan soek vir antwoorde. Kom ek probeer deur eers my kritiek op die modelle wat in ekstreme ryk kontekste ontstaan te voltooi.

Ek dink nie Saddleback, Willow Creek of St. Thomas doen net slegte dinge, of dat hulle eers hoofsaaklik slegte dinge doen nie. Inteendeel, ek dink hulle het al baie keer hulle ekonomiese mag gebruik om mooi goed te doen, en vermoed dit sal voortgaan. Maar daar is ‘n gevaar. As ek reg is dat ons hele politieke en ekonomiese sisteem so bedryf word dat dit nie net misluk daarin om die mediese en onderwysdienste wat vandag moontlik is aan mense te verskaf nie, en misluk daarin om ‘n basiese lewensstandaard daar te stel nie, maar meer as misluk, dat hierdie sisteem uiteindelik afhanklik is daarvan dat daar ongelooflike hoë vlakke van ongelykheid is, dat ons ‘n hoeveelheid bronne gebruik wat uiteindelik sal veroorsaak dat die hele ekologiese sisteem in duie stort, en dat daar iewers spotgoedkoop arbeid moet wees – dat mense dus uitgebuit moet word, dan gaan hierdie modelle ons nie help nie. Ek wil voorstel dat ‘n model wat in hierdie konteks ontstaan ons nie gaan help om daardie selfde konteks te ondergrawe nie.

Wat ons dus kry is dat hierdie tipe modelle voorstel dat die kerk “in die gemeenskap betrokke moet raak”, dat ons met “diens en getuienis” moet besig wees, maar telkens aanvaar dat ons nie te veel aan die groter toutjies kan trek nie. In kontrak hiermee, het die kreatiewe werk waarmee die kerk in Suid Amerika, in Swart Apartheid-Suid Afrika, in Swart gemeenskappe in die VSA, tussen vroue, en op ‘n massa ander plekke mee besig was die laaste paar dekades, vir ons kom leer dat as jy iets wil verander, dan help dit nie jy “raak betrokke” nie, jy sal die sisteem moet verander.

Die post raak te lank, so ek sal maar nog van hulle moet skryf. Ek dink ons probleem (myne, Attie s’n, meeste van ons wat in die NG Kerk is) is dat ons makliker aanklank vind by die modelle wat ons leer dat ons die sisteem basies kan los soos dit is, en net binne hierdie sisteem goeie dinge kan doen. Dit is omdat ons oor die algemeen aan die ontvangkant van hierdie sisteem sit. Ons bly onbewus daarvan, net soos Saddleback, Willowcreek, en ek vermoed St. Thomas (ek raai sommer, weet eintlik niks van hulle nie, maar as ek verkeerd is sal ek uiters verbaas wees), dat ons die hele sisteem wat na Christenkom gekom het sal moet help omverwerp en transformeer as ons werklik wil omgee vir die mense van hierdie aarde.


Oor Malema en NG Kerk Missionêre Teologie

November 10, 2011

Ek dreig nou al ‘n paar dae om bietjie in Afrikaans ‘n paar opmerkings oor David Bosch en Missionêre Teologie te maak. Ek dink dit het baie te sê oor Julius Malema. Een deel hiervan is om bloot ‘n klompie belangrike verwysings in Bosch se werk te lys (kyk die voetnotas), en die ander om te pleit dat ons die gesprek oor ‘n Missionêre Teologie (en op ‘n ander dag sal ek argumenteer dat ons dieselfde idees kan bespreek sonder die woord “sending”, “missionêr” of “missionaal”, maar tans is dit taal wat baie gebruik word) in die NG Kerk in ‘n ander rat plaas. Ek het ‘n soortgelyke uiteensetting hier gemaak, wat die punte korter saamvat, maar sonder die spesifieke verwysings en die refleksie op die NG Kerk. Die argument kon gemaak word deur na ‘n verskeidenheid van ander stemme te verwys, maar ek ken Bosch se werk, en dit is tans belangrik in die NG Kerk, so ek gebruik hom. Hier is waaroor ek dink ons moet praat, wie praat saam?

Hier is my (een) super-simplistiese opsomming van waar ek dink ons in die NG Kerk is met die gesprek rondom Missionêre Teologie, ek probeer ons gesprek bietjie plot aan die hand van Bosch se werk. Hang net bietjie aan met Malema.

Die dominante idee oor sending was vir ‘n lang tyd dat ons heidene in die hemel moet kry. Heidene was diegene wat swart was. Ons het die swaar verantwoordelikheid gehad om hulle siele vir ewig te verlos. In die vroeë twintigste eeu met die arm-blanke vraagstuk het die NG Kerk nogals vir ‘n oomblik die sosiale vraagstukke van hierdie een groep ernstig op die agenda geplaas1, maar oor die algemeen was ons gevorm deur ‘n piëtistiese teologie wat gemaak het dat ons ontrek het van die vraagstukke van “hierdie wêreld” (versus die “volgende wêreld”, wat belangrik was)2.

Die ontdekking wat die laaste paar jaar in die NG Kerk plaasgevind het, was grotendeels dat die Koninkryk van God toe nou nie met die hemel gelykgestel kan word nie. Dit was natuurlik ‘n herontdekking wat baie moet maak (alhoewel almal se herontdekking nie noodwendig gepaardgegaan het met ‘n herontdekking van die vertaling van die “Koninkryk van God” nie), en hierdie proses het vir eindelose spanning deur die loop van die 20ste eeu gesorg3. Een oplossing vir die wat voorheen gewerk het met die idee dat die eintlike taak van die kerk in die wêreld was om die heidene in die hemel te kry, was om soos Lausanne by 1974 te verklaar dat al hierdie sosiale verantwoordelikhede van die kerk inderdaad belangrik is, maar dat evangelisasie (om mense Christene te maak) die primêre verantwoordelikheid bly. Bosch was nie gelukkig met so ‘n benadering nie4. Hierdie is steeds ‘n belangrike lyn binne die NG Kerk se gedagtes rondom wat die rol van die kerk in die wêreld behoort te wees.

Bosch het ‘n komprehensiewe benadering5 voorgestel, waar hierdie verskillende dimensies nie teen mekaar afgespeel mag word nie, maar waar dit in ‘n kreatiewe spanning geplaas word, en deel uitmaak van ‘n groter prentjie van die sending van die kerk. Maar, voor Bosch sy komprehensiewe benadering uitspel, is daar 7 belangrike waarskuwings wat eers gehoor moet word6. Die waarskuwings wat Bosch lys is gemik teen die Verligting paradigma wat hy vroeër beskryf het. As ons daardie bladsye mis lees, dan vermoed ek ons lees Bosch mis. Maar hier is die probleem, ek dink ons lees Bosch mis hierso. Een lyn wat Bosch deur die 20ste eeu trek loop soos volg:

  1. Vroeg in die 20ste eeu is die kerk betrokke by liefdadigheidswerk: basiese gesondheidsorg, sorg vir weeskinders, jy weet, daai tipe ding, maar as ‘n tipe ambulans-diens. Die kerk moet inklim en fix waar mense swaarkry.
  2. Later ontwikkel ‘n tipe “konprehensiewe benadering”, waar die kerk besef hulle kan nie net fix waar daar nood is nie, maar moet betrokke raak by die rekonstruksie van gemeenskappe.
  3. Na die tweede wêreldoorlog ontwikkel die groot ontwikkelingsplanne. Die “Derde Wêreld” moet net gehelp word om te ontwikkel, dan sal almal in die vrugte van die ekonomie deel. Die kerk val by hierdie patroon in, en glo die wêreld gaan opgelos word deur die groot ontwikkelingsplanne.7

Dit is nou al baie genoem dat Suid Afrika, die Afrikaanse gemeenskap, en die NG Kerk, “die Verligting gemis het”, weens die manier waarop Apartheid ons van die internasionale gemeenskap afgesluit het. Dis dus dalk nie vreemd dat ons die patrone van die Verligting herhaal nie. Alhoewel ek vermoed (en ek wil nie vir ander kerke praat nie, want ek ken nie ander kerke nie, so ek noem dit versigtig) dat baie ander kerke in praktyk maar nog iewers vasgevang is in benaderings wat reeds in die 20ste eeu sterk kritiek gekry het. Maar iewers tussen hierdie drie stappe vermoed ek is die konsensus in die NG Kerk besig om te vorm.

Maar, jy kan Bosch net verstaan as jy hoor dat hy uiters skepties is oor hierdie ontwikkelingsmodel. Dit verduidelik hy in Transforming Mission, waar die kritiek op so ‘n “sending as ontwikkeling” gelees moet word saam met die ander 6 punte van kritiek op die Verligting. Dit word verder uitgepak in Believing in the Future8, waarin van sy laaste gedagtes neergeskryf is.

So, wat kom na hierdie ontwikkelingsmodel? Dit is nie heeltemal so eenvoudig om te antwoord nie. ‘n Bevrydings-model (hier verwys Bosch nie na Bevrydingsteologie nie) is waarskynlik die duidelikste lyn wat Bosch uitwys na die ontwikkelingsmodel. Maar hy is nie volledig positief oor Bevrydings-model nie. Een van sy eerste punte van kritiek daarteen was dat die Bevrydings-model te veel vertroue plaas op net ‘n volgende groep leiers, wat te veel keer in die geskiedenis misluk het (sy voorbeeld kom uit Frankryk van die 18de eeu).9

Ten spyte van die bad press wat Bevrydingsteologie by die laaste Algemene Sinode gekry het in van die opmerkings, moet ons hoor dat ‘n belangrike deel van wat Bosch beskryf as die Missionêre Teologie van ‘n post-moderne of ekumeniese era10 oor Bevrydingsteologie gaan (ook hier het hy sy kritiek). Bosch wys reeds in 1991 uit dat Bevrydingsteologie deur fases gegaan het, nooit ‘n finale produk kan wees nie, maar telkens opnuut moet dink oor onderdrukking11. Om Bevryding uit te sonder is wel ‘n reduksie van Bosch, maar een wat ek dink onder die huidige omstandighede belangrik is om uit te sonder.

Wanneer Bosch uiteindelik vir die “kerk in die Weste” skryf, dan maak hy o.a die volgende opmerking:

“It belongs to our missionary mandate to ask questions about the use of power in our societies, to unmask those that destroy life, to show concern for the victims of society while at the same time calling to repentance those who have turned them into victims, and to articulate God’s active wrath against all that distorts and diminishes human beings and all that exploits, squanders, and disfigures the world for selfishness, greed, and self-centered power”12

Kort hierna wys hy uit hoe die Weste skuldig staan aan die onderdrukking van die Derde Wêreld13.

En hier kom Malema in die storie in. Malema was oor een ding reg: Daar is ernstig fout in ons ekonomie, en ekonomiese mag is wat uitgedaag moet word (of hy enigsins inhoud kon gee is ‘n debat vir ‘n ander dag, en oor of hy hierdie kritiek enigsins met integriteit kon lewer is iets waaroor SARS en ander wat met ondersoeke besig is moet uitspraak lewer, so kom ons ignoreer dit). As hierdie dan die einde van die Malema era was, dan het ons nodig dat ander opstaan en nog moeiliker vrae vra oor ekonomiese ongeregtigheid, ekonomiese ongelykheid, globale ekonomiese transformasie en Suid Afrika se plek binne dit en oor hoe ‘n toekoms gaan lyk waar beide armoede en die dreigende ekologiese krisis aangespreek gaan word. Bosch se suspisie was dat ons dit nie gaan regkry deurdat groot maatskappye en ryk kerke inkom en wonderlike ontwikkelingsplanne vir arm gemeenskappe en lande uitdink nie, dit gaan vra dat ons ernstige vrae vra oor die magsverhoudinge in die samelewing.

Dit is egter hier waar die moeilikheid inkom. Bosch skryf oor kritiek op die ontwikkelingsmodel:

Even more important was the entire area of power. It became clear that, deep down, this was the real issue, and that authentic development could not take place without the transfer of power. The Western developers appeared, however, to be either unwilling of unable to transfer power to poor third-world peoples.14

Mag is ‘n uiters komplekse ding, en ons het meer mense nodig wat fyn magsanalises doen in ons samelewing. Die NG Kerk (of meer presies, die Christene wat deur die NG Kerk verteenwoordig word) se rol is egter die bykans onmoontlike: om te doen dit wat die ontwikkelaars van die vorige eeu nie kon regkry nie: om krities oor ons eie mag te wees, en toe te laat dat mag van ons weggeneem word. As ons ‘n etiese stem wil wees in hierdie tyd, dan is een van die belangrikste komponente daarvan dat ons self-krities oor ons magsposisie moet raak, wat beteken ons sal moet stil raak, op ons tande byt, en die kritiek op ons eie magsposisie (in die huidige dan veral ekonomiese magsposisie). Dit is ‘n pynvolle proses. Van ons kant af hoop ek ons sal begin deur ‘n eerlike analise van ons bevoorregte ekonomiese posisie te maak, en toe te laat dat daar kritiek op gelewer word.

Bosch het natuurlik nooit Bevryding los van ander elemente gesien nie. Dit moet gesien word saam met die deurlopende oproep dat die kerk ‘n alternatiewe gemeenskap moet wees15, sy soeke na ‘n komprehensiewe verstaan van verlossing16, en sy versigtige waarskuwing dat ons nie die nuwe wêreld finaal tot stand gaan laat kom nie, maar dat ons permanent besig is om tekens op te rig17, om maar van die punte te noem wat ek dink in spanning moet staan met wat ek hierbo geskryf het.

PS. As jou eerste reaksie is om my te wil herinner waarom Malema verkeerd was, dan het jy waarskynlik iets gemis…

  1. Bosch, D J. 1986. Ethics in Contexts of Transition in Journal of Theology for Southern Africa, pp17-23.
  2. Bosch, D J. 1984. The roots and fruits of Afrikaner civil religion In New faces of Africa, by J W Homeyr and W S Vorster, 14-35. Pretoria: University of Pretoria.

    Bosch, D J. 1986. The Afrikaner and South Africa in Theology Today, pp203-216.

  3. Bosch, D J. 1979. Heil vir die Wêreld. Pretoria: NG Kerkboekhandel.
  4. Bosch, D J. 1984. The Scope of Mission in International Review of Mission, pp17-32
  5. Bosch, D J. 1991. Transforming Mission. New York: Orbis. p368
  6. Transforming Mission, p349-367
  7. Transforming Mission, p356-357
  8. Bosch, D J. 1995. Believing in the Future. Valley Forge: Trinity Press.
  9. Transforming Mission, p358
  10. Transforming Mission, p531, voetnote 1
  11. Transforming Mission, p447
  12. Believing in the Future, p34
  13. Believing in the Future, pp36-40
  14. Transforming Mission, p357
  15. Massas verwysings, ek dit in hoofstuk 3 van hierdie dokument beskryf, en die verwysings kan daar opgevolg word – pp24-36
  16. Transforming Mission, pp393-399
  17. Transforming Mission, pp498-510

Paulus se voorstel vir ‘n post-ras wêreld

Augustus 23, 2011

Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

Galasiërs 3:26-29

Ek sal nie die eerste een wees wat hierdie gedeelte aanhaal in ‘n gesprek oor ras en rassisme nie. Net in hierdie week het twee mense in gesprekke na hierdie teks verwys. Ek wil die teks dus lees as ‘n teks wat relevant vir vrae oor rassisme is.

Om dit te doen moet ons begin deur te sê hierdie teks gaan nie oor ras nie. Paulus se “Jood of Griek” is nie verwysings na “ras” nie. “Ras” soos ons dit vandag ken is ‘n idee wat iewers tussen die laat middel-eeue en die vroeë verligting ontstaan in Europa. Dit verwys na verskeie pogings om mense te kategoriseer op grond van uiterlike merkers soos velkleur, wat partymaal met geografiese oorsprong saamgaan. Ani Rattansi het ‘n baie nice kort oorsig oor hierdie geskiedenis in Racism in die A Very Short Introduction reeks. Jood en nie-Jood is nie soveel ‘n hierargie van wie is bo en wie is onder nie, die eerder dit twee groepe is wat teenoor mekaar gestel word nie (en wat beide natuurlik dink hulle eie groep is die belangrikste). Ras werk anders. In ‘n ge-rasde samelewing weet almal dat wit bo is, en swart onder. Ja, ook hulle wat swart is weet dit, en hou dit baie keer in stand (dink maar aan Tutu se verwysings oor swart reaksies op geweld as ‘n onlangse voorbeeld).

Bron: Racism. A Very Short Introduction. p58As ons die teks egter vir ons eie tyd lees, moet ons dit tog as ‘n rasse-teks lees. Een van die sterkste lyne in die ontwikkeling van rassisme staan immers as “anti=semitisme” bekend. Dit was ‘n tipe “interne rassisme” (albei groepe het immers saam in Europa geleef), waar hulle wat “wit” was en hulle wat “Jood” was teenoor mekaar gestel is. Jode was lelik en skelm, wittes was mooi en nederig. In hierdie proses word die oorsprong van die Christelike tradisie daar Oos van die Middelandse See vergeet en word dit moontlik om “Christelikheid” direk aan “witheid” te koppel. Paulus se herinnering dat daar ‘n nuwe tyd aangebreek het deur Christus, is ook ‘n herinnering dat ons eie geloof in wese een is wat sy ontstaan het in die oorkom van die spanning tussen die een wat Jood is en die een wat heiden is. Ek is ‘n heiden, wat deur Christus, deur ‘n Joodse Jesus, een wat nie ‘n ligte pigmentasie gehad het nie, maar een wat ook nie die “wit” identeit wat ons in die afgelope paar honderd jaar geskep het deel nie, deel gemaak is van hulle wat “kinders van Abraham” genoem word.

Terug by ons eie konteks moet ek net eers een punt benadruk: daar bestaan nie iets soos ras nie. Ten minste, tegnies bestaan daar nie iets soos ras nie. Daar is geen wetenskaplike gronde vir die idee dat daar wesenlike verskille tussen mense bestaan op grond van die kleur van hulle vel nie. Geneties speel verskille in die kleur van jou vel baie minder van ‘n rol as vele ander aspekte. Dit wat ons ras noem is sosiale konstrukte wat kwasi-wetenskaplik begrond is. Dit beteken dat ons geleer is dat mense aan hierdie groepe behoort wat op grond van velkleur bepaal is, en wat bepaal wat hulle plek in die wêreld is, maar hierdie idees is gebou op sogenaamde “wetenskaplike” navorsing wat ons later sou leer geen begronding het nie.

Vandag sit ons dus met hierdie ding wat ons ras noem, wat ons geleer het bepaal wie ons is, en wat in rassisme omvorm het. Rassisme gaan nie bloot daaroor dat ek lelike goed oor ander sê nie, dit sluit in dat mense op maniere wat nie verwoord word nie, en waarvan ons partymaal nie eens bewus is nie, geleer word om op ‘n sekere manier teenoor mekaar op te tree, en verder dat die plek van hulle wat as “swart” ge-ras is oor die algemeen onder in die samelewing gehou word. Daar is uitsonderings, maar dit is uitsonderings. Ons maak vordering (en ek dink dit is belangrik om te onthou), maar dit beteken nie die probleem is op ‘n einde nie (wat ook belangrik is om te onthou). Dit gaan nie bloot oor kulturele verskille nie, maar oor die manier waarop die samelewing georganiseer word, en oor ‘n hierargie van wie is die “meeste mens”, en wie die minste. Wie se lewe is van die meeste belang, en wie s’n die minste.

As ons Paulus lees, dan gaan sy voorstel egter oor meer as bloot dat ons nie meer lelike goed vir mekaar moet sê nie. Paulus stel voor dat hierdie kategorië geen gewig meer dra in hierdie nuwe era wat deur Christus begin is nie.

As ons gedagtes wees na Paulus draai, dink ek ons lees Paulus verkeerd as ons van hierdie verklaring ‘n tipe “geestelike  ideaal” te maak. Paulus is nie besig om bloot te vertel dat ons “geestelik” nou ‘n merker het wat swaarder weeg as alle ander merkers nie. Paulus is bewustelik besig om ‘n nuwe politieke era in te lei, ‘n era wat hy glo gestalte gee aan dit wat Jesus kom leer het.

In kort, ek dink ons moet Paulus lees as een wat ‘n teologiese oortuiging uitspreek wat polities gestalte kry.

Polities vind dit vir Paulus gestalte in die kerk, die “ekklesia” (Griekse woord wat ons gewoonlik as kerk vertaal). Paulus het mos hierdie gebruik om Romeinse politieke terme oor te neem in sy eie werk. So byvoorbeeld is die “Christus Jesus is Here” ‘n direkte sinspeling op die uitspraak van die Romeinse ryk van sy dag wat gesê het dat “Caeser is Here”. Vir Paulus bring Christus Jesus dus ‘n nuwe stel reëls vir hoe die samelewing georganiseer behoort te word. Moontlik steeds die Romeinse ryk (ek dink nie Paulus breek hiermee nie), maar vir Paulus moet daar radikaal anders gedink word oor die plek van Caeser, en oor die plek van mense oor die algemeen in hierdie nuwe era wat deur die kruis en opstanding begin is.

Ekklesia is egter nog ‘n woord wat Paulus by die politieke wêreld van sy dag gaan leen. Ons vertaal dit vandag as “kerk”, maar dit verwys eintlik na ‘n byeenkoms, ook ‘n politieke byeenkoms. Wanneer die manne van die stad bymekaarkom om die sake van die stad te bespreek, dan is dit ‘n “ekklesia”. In Paulus se ekklesia geld daar egter hierdie nuwe stel reëls. Hier maak dit nie saak of jy Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie. In Paulus se ekklesia moet slawe en hulle meesters saam praat.

Paulus se ideaal is een wat polities gestalte kry in die plaaslike gemeente. Volgens Lukas, wat lank na Paulus se dood skrywe, het basies in gevangenisskap ingeloop ter wille daarvan om mense te help om in hierdie ideaal in te koop.

Ras is nou wel ‘n mite (maar moenie die krag van mites vergeet nie), en die verskillende “rasse” wat geskep is het nogals ‘n wye verskeidenheid van klassifikasies openbaar deur die geskiedenis. Wat egter grotendeels konstant gebly het (net grotendeels, daar is ‘n uitsondering of twee) is dat wit bo aan die hiërargie is, en swart onder. Wit is die naaste aan God, swart die verste. Wit is hoe God wil hê ons moet wees, swart gaan baie harde werk moet doen om deel van God se ideaal te word (indien dit enigsins moontlik is). So al kan ons vandag sê dat ras nie bestaan nie, is dit verstaanbaar dat die veral hierdie twee oorblyfsels uit ‘n ge-rasde geskiedenis is wat ons pla.

Vanuit ‘n Christelike tradisie herhaal ons Paulus se woorde dus graag deur te sê “daar is nou nie meer wit of swart nie”. En alhoewel Paulus oor iets anders gepraat het, dink ek inderdaad dat ons Paulus so kan lees. Gewoonlik klink dit of ons die “Jood of nie-Jood” met wit of swart vervang (wat verklap hoe diep die idee dat ras maar net kulturele verskille is), in die eerste weergawe van hierdie blogpost het ek dit self gedoen. Dit sal dalk help as ons onthou dat Paulus se “vry of slaaf” egter moontlik sterker ooreenkomste toon met ons “wit of swart” vanuit die moderne era.

Een manier waarop hierdie gedeelte interpreteer word is om te sê ons moet nou ophou karring aan ras. Daar is immers nie wit of swart nie, so ons moet ophou verwys na wit en swart, en eerder fokus op hierdie nuwe mensheid wat ons saambind. Interessant genoeg hou Paulus nooit op om die kategorieë te gebruik nie. Die aanhaling hierbo kom uit een van Paulus se eerste briewe uit. In Romeine, een van Paulus se laaste briewe, herhaal hy die aanhaling, en gebruik boonop ‘n groot deel van sy boek om oor die Jode te skryf. Efesiërs, een van daai boeke wat deur Paulus se volgelinge geskryf is, sit hierdie gedagtelyn voort, en Lukas, wat nogals moeite gedoen het om Paulus se storie as ‘n belangrike deel van die storie van die vroeë kerk neer te skryf, verwys jare later steeds na die probleme tussen Jode en nie-Jode, en hoe Paulus gewerk het om dit te oorkom.

Ek dink tog ons moet Paulus navolg. Maar om Paulus na te volg, soos wat hy geglo het hy Jesus Christus navolg, beteken egter nie om die bestaande kategorieë bloot te ignoreer nie. Dit beteken om ‘n wêreld te skep waar hierdie kategorieë nie meer saakmaak nie. Nie meer tel nie. Waar hierdie kategorieë van “wit” en “swart” nie bepaal met wie ek in verhoudinge is nie, nie bepaal wie ‘n stem het nie, nie bepaal waar my kinders skoolgaan of wie my dokter is. Wat veral nie bepaal in watter gemeente, ekklesia, ek is nie.

Ek dink ek sou Paulus tog navolg deur te droom van ‘n tyd wanneer dit werklik sinneloos sal wees om na wit en swart te verwys. Maar as ek Paulus so kyk, dan lyk dit vir my dit is nie ‘n wêreld wat maar bloot in-gepreek word nie. Dit is nie ‘n wêreld wat maar bloot geestelik aangekondig word nie. Dit is ‘n wêreld wat geskep word wanneer mense werk om ‘n politieke en sosiale omgewing te skep waar die lewe saam die getuienis is dat “dit maak nie saak of iemand swart of wit is nie”.

In kort: wit en swart maak nie saak nie, daarom werk ons vir ‘n wêreld waar dit werklik waar is dat wit en swart nie saakmaak nie. So vir nou praat ons oor ras, hierdie kwasi-wetenskaplike kategorie, in die hoop dat ons eendag nie meer oor ras hoef te praat nie (wetend dat Paulus se frase dan moontlik met nuwe spanninge gevul sal word).


“between danger and opportunity”: waar die kerk kreatief nuut dink

Maart 12, 2011

David Bosch begin sy summa missiologica, Transforming Mission, met as eerste opskrif “between danger and opportunity”. Met verwysing na Kosuke Koyama skryf hy dan

The Japanese character for “crisis” is a combination of the characters for “danger” and “opportunity” (or “promise”); crisis is therefore not the end of opportunity but in reality only its beginning, the point where danger and opportunity meet, where the future is in the balance and where events can go either way.

Gevaar kan die kerk in twee rigtings laat gaan: of ons trek laer, of ons bring kreatief iets nuuts na vore. Bosch lys van die gevare. Vir hom gaan baie daarvan oor die veranderende verhouding tussen die kerk in die “Weste”, die tradisionele homeground van die kerk, en die kerk in die res van die wêreld. Dit sluit die westerse kerk wat krimp in, asook die komplekse refleksie op die verlede wat nodig is. Verder die spanning tussen ryk en arm en die implikasie van die ontwikkeling in wetenskap en tegnologie vir teologie en kerk.

Laer trek of iets kreatiefs na vore laat kom… en waar gebeur dit?

Ek het al voorheen my skeptisisme oor ons alewige gekla oor die kerk was krimp uitgespreek, en ook dat ek twyfel of ons grootste krisis werklik getalle is. Vanaand wonder ek egter oor iets anders. Orals maak ons die claims dat die kerk ‘n krisis beleef, maar die oplossings wat ons najaag kom gewoonlik vanuit die plekke waar die kerk die minste van ‘n krisis beleef. Willow Creek, Saddleback, Moreletapark. Almal kerke wat in van die rykste moontlike suburbs geleë is. Iemand sê vir my Mars Hill is in ‘n stad wat van die hoogste kerkgaande syfers het. Ek moet vra of die kreatiwiteit wat ons op sulke plekke kry gedryf word deur ‘n dreigende krisis, en of dit die luxury van sekuriteit is wat kreatiwiteit moontlik maak.

Nou moet ons eerlik wees, as jy weet daar is ‘n paar miljoen in die bank dan maak dit sekere eksperimente moontlik wat nie moontlik is as die bankbalans in rooi koeverte gepos word nie. Maar daar is ‘n ander kreatiwiteit wat ek dink ons mis as dit ons modelle is. Dit is die kreatiwiteit wat jy net kry wanneer jy werklik die krisis aan jou lyf voel, en nie net wanneer jy die krisis simuleer omdat jy iewers gehoor het die kerk is veronderstel om ‘n krisis te beleef nie.

Die obvious plekke wat ons dan moet gaan kyk is daar waar die derde wêreld teologieë ontwikkel het: dit was in reaksie op werklike krisis. Vandag natuurlik in ons werklik arm gemeenskappe. Hulle moet kreatief nuut dink oor kerk. Hierdie plekke kan ook laer-trek plekke word. As die geld min word, dan kan ons maklik besluit dat enige eksperiment te gewaagd is. Of ons kan besluit dat ons nou moet waag anders gaan ons dit nie maak nie.

Twee goed het my laat dink oor waarheen ons kyk wanneer ons wil praat oor die toekoms van die NG Kerk. Ben van Dyk van Kwazulu Natal sinode het so twee jaar terug hulle bedieningsmodel op ‘n blog gegooi (ek het dit vanaand weer gelees, wat hierdie post tot gevolg gehad het). En die eenvoudige antwoord is dat ek vermoed hulle is baie van ons voorste stadsgemeentes ver voor. Hy beskryf die krisis, kies teen laer trek (die blote feit dat die hele kerkfamilie saam aan oplossings dink is reeds ‘n teken hiervan) en probeer kreatief nuut dink. Maar met alle respek aan Natal, daai is nog nie eens so kreatief nie. Maar laasgenoemde opmerking is dan eintlik net ‘n ongelooflike kritiek op die res van die kerk, omdat ons nie die prioriteite wat hier heers op ons tafels sit nie. Opleiding van lidmate om self kerk te kan wees is immers eintlik net basic teologiese common sense. Dalk neem dit egter ‘n krisis om by hierdie common sense uit te kom.

En nou weet ek dat ons groot gemeentes ook massas opleiding van lidmate doen. Hier is immers dalk ‘n ander krisis, hierdie een die verlaagde gemiddelde geldelike bydrae per lidmaat in groot gemeentes (daar mag uitsonderings wees, maar klink my hierdie is tog ‘n tipe tendens), wat maak dat die aantal lidmate per predikant al hoe meer word hoe groter die gemeente is. Maar Natal se opmerkings het ‘n ander tipe radikaliteit daaraan. In ons groot gemeentes sal ons praat van die opleiding van lidmate wat saam met predikante kan werk om ‘n groot aksie te hardloop. Natal praat van die opleiding van lidmate sodat hulle gemeentes kan hardloop, sodat hulle self kan droom oor bedieninge.

‘n Tweede voorbeeld. Renier Lourens is deesdae predikant doer in Namibië somewhere. Jy weet, daai plekke vanwaar mense vlieg om by ons in die stad te kom leer, maar waar ons nooit gaan kuier om te kyk wat doen die kerk daar nie. Ek maak ‘n opmerking ‘n tyd gelede op facebook oor ‘n gesprek rondom ‘n “non-racial future for the church” waaraan ek moes deelneem. Renier vertel dat daar in die noorde van Namibië sit hulle in ‘n “multi-kulturele” gemeente. Ook maar omstandighede? ‘n Krisis? Geforseer om kreatief nuut te dink?

Wanneer die kerk ‘n krisis beleef gaan ons shots vat. Dink maar aan die NG Kerk se middestad gemeentes wat op sulke strepe toegemaak het of bloot verouder het tot op ‘n punt waar dit vandag van die hoogste gemiddelde ouderdomme het (ten spyte van die ongelooflike vibrant jong community in die middestede). Partymaal trek ons laer. Partymaal is daar kreatiewe goed wat gebeur in gemeentes lank voor hulle enige krisis beleef, ons is immers nie stupid nie, en weet dat as ons nie nou begin luister na wat oor die toekoms gesê word nie, gaan ons irrelevant wees oor 20 jaar. Maar die een storie wat ek myself nogals wil verbind om meer van te hoor in die toekoms is om die kreatiewe goed wat op die fringes gebeur na te luister, en nie net die kreatiewe goed in die sentrums nie.

Waar is die fringes? Kom ek kwalifiseer, waar is die fringer waar die NG Kerk enigsins reeds beweeg (want in baie van die fringes is ons net soos in glad nie)? Natal, Oos-Kaap en Namibië sinodes. Middestede all over. Party gemeentes in die platteland (onthou, beide laer trek en nuwe moontlikhede sal op die fringes voorkom), ander is maar net in sweet spots waar niks verander nie. Ek vermoed ons gaan ander goed sien as beide kreatiwiteit en ‘n werklike krisis kriteria word vir die plekke waar ons gaan leer, eerder as net kreatiwiteit.


wat is dan die punt van jongmense in gemeentes?

Februarie 21, 2011

Oom Malan het ons gehelp met Jeugbediening: ‘n Inklusiewe Gemeentelike Benadering (lyk my die volledige boek is nie meer beskikbaar nie, maar ‘n opsomming is in hierdie boek gemaak). Hy’t moeilik geskryf, en as studente het ons hom nie lekker verstaan aanvanklik nie. Maar met tyd dink ek het dit op ons gedawn: jeugbediening in sy tradisionele sin, is ‘n onding. Daai ruimtes waar kinders en jongmense entertain word terwyl die grootmense met die “regte kerk” besig is gaan ons nog duur kos. Ek dink dit was Charles Sell wat die pennie by my laat drop het in my 2de jaar.

Toe ons geleer het dat jeugbediening nie net is om die jongmense te entertain nie, of at least dat ons van ons ergste patronization ontslae geraak het, en met jongmense begin praat het, het die volgende vraag ontstaan: nou wat wil die jongmense dan hê? Hier hak ons steeds vas in baie gevalle. Elke kort-kort dan kom daar die wyse voorstel in gemeentes na vore dat: “ons moet die jongmense gaan vra wat hulle wil hê”. Die laaste keer wat ek die voorstel gehoor het was dit gelukkig van iemand wat so blatant is dat sy sommer bygevoeg het dat sy die jongmense dan sal manipuleer dat hulle sê wat sy elkgeval weet hulle wil hê. Meestal is ons nie so blatant nie, en vind ons net jongmense wat sê wat ons dink hulle moet sê. Daarom hoor ek die moderator van een van ons meer teologies konserwatiewe sinodes onlangs sê “wat die jongmense wil hê…” en basically sê dat die jongmense wil hê ons moet fundamentaliste word. En aan die ander kant hoor ons al die voices wat sê dat “die jongmense glo nie meer al hierdie goed nie…”. Maar selfs wanneer ons eerlik na die jongmense gaan, dan is die probleem dat hulle waarskynlik nie hierdie lysie behoeftes gaan kan verwoord wat werklik sê wat hulle werklik wil hê, en ook wat hulle nodig het nie.

Met die stem van die jongmense het ons dromme in die kerk ingedra. Met die stem van die jongmense het ons van ons hoë liturgiese drag ontslae geraak. Met die stem van die jongmense het ons video-clips in die kerk begin wys. Als goed wat ek like, maar ek haat die feit dat ons die jongmense as verskoning moet gebruik hiervoor.

Maar wat is die punt dan nou van jongmense in die gemeentes? In die conclusion van die reeks oor jong dominees in die kerk het ek geskryf oor wat jong dominees wil hê:

Wanneer ons ons monde wil oopmaak, wil ons veilig voel om dit te doen. Wanneer ons sê dat ons nie veilig voel om dit te doen, dan wil ons nie belaglik gemaak word nie. Wanneer ons ‘n interpretasie van die verlede of die hede deel, weet ons dit gaan krities bespreek word, en dit is reg so, maar ons vra dat dit nie ignoreer word net omdat dit ‘n jong persoon is wat die interpretasie op die tafel sit nie.

En dalk is dit nie soveel anders wanneer dit oor jongmense gaan nie. Piet Naudé skryf in 2004 oor die toekoms van teologiese opleiding, en dan vind jy die volgende twee quotes in bold:

“The first step in fostering creative scholarship is then not to rephrase questions, but to reshape the very community from which the questions are raised”

Hy gaan voort om te verduidelik hoekom diversiteit in akademiese kringe belangrik is. Nie as regstellende aksie nie, nie om waarmee ons besig is te legitimeer nie,

“but as co-determinants of the very questions we ask and therefore co-determinants of our theological agenda.”

Hierdie gebeur nie oornag nie. David White skryf brilliant oor hoe ons consumer culture die kritiese stemme van adolossente doodgemaak het. Net soos wat ons nie moet verwag dat die alternatiewe stem die eerste keer wat die akademiese omgewing gaan opstaan en sê “praat” reeds die nuwe vrae in al hulle kompleksiteite op die tafel gaan sit nie, moet ons ook nie verwag dat jongmense dit gaan doen nie. Dit gaan tyd vat. Dit gaan navorsing vat. Dit gaan lang en diep verhoudings vat. Dit gaan die meesters van suspisie vat om ons te help om te hoor wat nie gesê word nie. Dit gaan vrae dat ons nie stilstaan wanneer jongmense rebelle is op die maniere wat ons graag wil hê hulle moet wees nie. Maar die uitdaging vir jeugbediening vandag is of ons gaan toelaat dat jongmense die teologiese agenda van die gemeente verander. Die vraag is of die vrae op ons agenda verander omdat hulle in ons gemeentes is.

Ek wil nie meer hoor hoe baie jou gemeente vir jongmense doen nie. Ek wil hoor of die gemeente se agenda besig is om te verander omdat hulle die realiteit van jongmense as gespreksgenote ernstig opneem.


die toekoms van denominasies

September 21, 2010

‘n denominasie is ‘n groot groep kerke wat onder een naam, struktuur en hiërargie (alhoewel hulle dit sal ontken as hulle Gereformeerd is) hardloop. Soos die NG Kerk.

Daar is massas gesprek die laaste dekades oor die toekoms van denominasies en institutionele godsdiens. Persoonlik is ek nie te geworry oor die einde van godsdiens nie, ook nie die kerk nie, maar denominasies is ‘n ander vraag. Daar was ‘n tyd wat mense geworry het oor wat groot kerkvergaderings sê… wel, ek dink mense worry nogsteeds so bietjie, anders sou daar nie soveel media coverage aan Algemene Sinodes gegee word nie, maar daar was ‘n tyd wat mense actually hulle optrede verander het n.a.v wat groot kerkvergaderings gesê het. Daai tyd dink ek is verby.

Gemeentes en dominees doen basically wat hulle wil (ten minste in ons NG Kerk konteks). Hier en daar is daar nog klein goedjies wat dominees gefire kan kry, en dan try hulle nog die system bypass of verander, maar in die meeste dag tot dag goed gaan ons aan ten spyte van wat ookal watter moderator of kerkvergadering nou ookal mag sê. Kerkvergadering kan aanbeveel dat ons liedboek x gebruik, of handleiding y vir die erediens, en ons sal dit doen solank dit ons pas en as ons daarvan hou. Partymaal is dit good stuff wat daar uitkom, ek bedoel, iemand het immers vir ‘n paar dae langer as ek agter sy/haar lessenaar gesit om die goed te skryf, maar as ekself of ‘n gemeente in geheel nie daarmee saamstem nie, of nie daarvan hou nie, dan ignoreer ons dit bloot.

So wat is die toekoms van denominasies?

Lang gesprek, maar kom ek gooi ‘n paar goed in en kyk waarheen gaan dit.

  • Ek dink ‘n kerkvergadering wat nog wil besluite maak oor wie is in en wie is uit mors sy tyd. As ons mense wil in die kerk toelaat gaan ons, en as ons nie wil nie, gaan ons nie. Kerkvergaderings gaan nie gemeentes meer geforseer kry nie.
  • Kerkvergaderings wat massas van hulle tyd moet spandeer om uit te figure hoe kerkvergaderings en groot kerkstrukture moet funksioneer wat niks anders as die groot kerkstruktuur dien nie, se dae is getel. Iewers gaan iemand ophou om geld te gee vir die speletjie.

Maar:

  • Die kerk het serious teologiese gesprek nodig! Enige strukture wat op die langtermyn kan help om hierdie gesprek te fasiliteer, en sinvol te begelei, sal nog vir baie lank ‘n rol kan speel.
  • En die kerk moet kan engage met die groot vraagstukke wat die wêreld face, en netwerke wat gevorm word wat kan help dat groot groepe Christene se stem gehoor kan word oor publieke issues gaan nog vir lank ‘n rol kan speel.

Dus, ek dink kerkvergaderings wat ‘n serious teologiese gesprek kan help fasiliteer oor werklike issues wat voor ons deur lê kan vir ‘n rukkie nog ‘n bestaan maak.


kom ons kom uit die kas oor hoekom ons kamp

Julie 20, 2009

Die kerk waarvan ek deel is hou van kamp. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, maar ons kamp baie. Al vir dekades lank, dalk vir ‘n eeu, ek’s nie seker nie. Ek is in ‘n groot mate ‘n produk van die NG Kerk se kampe. Veral skoolverwisselingskampe. Saam met baie dominees by wie ek in hindsight voel ek het hoofsaaklik geleer hoe om nie te kamp nie. Ek’s pas terug van ‘n skoolverwisselingskamp af, en ek dink ‘n paar mense daar voel ook dat ek hulle geleer het hoe om nie te kamp nie, meer as enigiets anders.

Dis dalk maar een van die tekens van ons tyd, dat ons nie eintlik ‘n clue het wat ons mee besig is nie, maar net iets wat ons laat dink dat daar hoop is vir iets anders, rumoars of a different world (nee, ek het nog nooit enigiets van Yancey gelees nie). So ons duiwel voort, een eksperiment na die ander, meestal onvergenoegd omdat ons net iewers diep binne ons weet ons het nog nie gearrive nie. En dalk is ons nog verkeerd oor daai wete ook.

Maar tog is ek nie kwaad vir die kampe waarop ek was nie (behalwe vir ‘n paar insidente hier en daar), inteendeel! Dit is die plekke wat my gevorm het om te word wie ek is, al moes ek meeste van wat hulle my geleer het afleer sodat ek God hier van die anderkant af kon ontdek. Die punt is dat kampe ‘n manier het om ons in mense vas te dwing. Dit is die tye waarop ek die minste agter rekenaar sit, en wanneer ek doen, dan is dit met ‘n real live persoon wat fisies naby my is op die oomblik ingedagte. Elke idee wat ek praat op ‘n kamp het te doen met regte egte mense, al involve die idee baie filosowe se name en ‘n klomp tegniese terminologie.

Kom ons kom nou maar uit daarmee. Ons kamp nie omdat die preke wonderlik is nie. Dit is regtig nie veel beter as Sondag oggend se preke nie, inteendeel, ek dink dit is worse. Ons kamp nie vir die kos nie. Al die ons kokke amazing bly dit maar net bloot moeilike om vir 100 mense lekker kos te maak as vir 5. Ons kamp nie regtig vir die games nie, die volleyball is bietjie average, en baie mense slaan regtig gereeld mis met die baseball. Ons kamp vir die mense. Ons kamp vir daai gap om net te kan vergeet van die wêreld en community met ander te beleef. Ons crave dit. Daarom kamp ons. Want die wêreld waarbinne ons leef het hierdie rou tyd saam met mense gaan clutter.

En daai spiritual highs… wel, dalk is dit maar net ‘n taste van die journey waarop ons sal gaan as ons regtig ons lewe focus daarop om in mense se lewens te belê, om net saam met mense te wees. Of dit moontlik is weet ek nie, dalk moet ons maar op ‘n eiland gaan sit net om iets van die realness van ander mense wees te ervaar.