Paulus en Polisiekar

July 6, 2009

Twee mense/groepe wie se gedagtes ek moes leer waardeer: Paulus en Fokofpolisiekar.

As goeie Gereformeerde eerstejaar teologiestudent was Paulus die een Bybelskrywer wat vir my ‘n hero was. Sy argumente, sy teologie, die stories van sy lewe. Maar met tyd het die hero-worship so bietjie verminder. Dit was nie my dosente nie, die een wat die Paulus klasse aangebied het was uiteraard baie opgewonde oor vriend Paulus. Maar soos soveel ander wat ek nou al oor die jare leer ken het, het dit net vir my gevoel of my lees van Paulus nie so lekker opline met dit wat ek van Jesus gelees het in die evangelies nie. So ek het maar begin om bietjie minder Paulus te lees vir eers.

Ek was net so mooi aan die gang met die teologiese studies, nog ‘n eerstejaar wat te veel klasse gebank het, toe Fokofpolisiekar begin musiek maak het. Ek kan nie sê dit het regtig ‘n invloed op my lewe gehad nie. Tot ‘n goeie vriendin wat nie regtig ‘n kerk-mens was nie, sy het die kerk eers baie laat in haar lewe ontdek, my geleer het om hulle te luister. Van daar af luister ek hulle baie, ek luister hulle musiek om iets van die wêreld waarbinne ‘n jonger generasie, myself ingesluit, leef te verstaan. Hulle gee nie noodwendig vir my die antwoorde nie, maar hulle verwoord definitief die vrae! En realiteit is dat meeste van die kids by die kerk, ook die goeie kerk-kinders, hulle musiek ken.

Andries van Aarde se Fatherless in Galilee wat ek teen einde van 2007 gelees het, tesame met ‘n referaat oor een of ander verskriklike Griekse vertaling uit van Paulus se briewe uit wat ek gelewer so rukkie voor ek die boek gelees het, het my weer ‘n waardering vir ons vriend Paulus begin gee. Maar ek moet sê dit gaan my nog ‘n ruk vat om Paulus regtig weer te verstaan ek dink.

Paulus en Polisiekar het nogals lyk my ‘n soortgelyke kritiek op leiers:

20  Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap.
21  Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was! Nou praat ek soos ‘n dwaas: enigiets waarop iemand aanspraak maak om te roem, daarop kan ek ook roem.

Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap. Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was!

(2 Korintiërs 11:20-21, Paulus van Tarsus)

Ons kort ‘n leier, ‘n bedreër om ons op te sweep. Om vir ons rigting te kan gee.

(Die seksuele revolusie 1:36-1:50, Fokofpolisiekar van Suid Afrika)

2 Korintiërs 11-12 is van die mees sarkastiese dele in alles wat Paulus geskryf het, en hier drup dit letterlik van die sarkasme! Dis asof Paulus wil sê: “Dankie tog dat ons nie sulke goeie leiers was nie”, want die sterk leiers bedrieg mense bloot, lei hulle om die bos, kry reg om idees aan ander te verkoop wat nie waar is nie. En dit wil lyk asof mense dit dan nou juis soek, enige bedreër wat met ‘n sterk opinie en vinnige antwoorde sal kom rigting gee. Wat instaat is om mense te manipuleer om soos goeie skape almal in die regte rigting te loop. Ek raak baie bekommerd wanneer ek sien hoe onkrities die kerk inkoop op al wat ‘n leierskap-tegniek is. Dalk het ons ‘n Paulus nodig wat sal sê: “dankie tog dat ek te swak was om mense te manipuleer op die manier wat party predikante dit reggekry het”.

Nelus Niemandt, oor wie se idees ek noudiedag bietjie geblog het, skryf:

Ons het dalk minder van John Maxwell en meer van Henri Nouwen nodig.

Ek dink daar is min mense wat Paulus se idees oor leierskap wat ek in 2 Korintiërs 11 en 12 kry so goed verwoord het vir vandag as Henri Nouwen in The Wouned Healer, ons het ‘n tipe leierskap nodig wat weet hoe om oor swakheid te praat, en waaroor ons kritici nie sal sing dat leiers maar net ‘n ander vorm van bedreërs is nie.


die “woord”, die “Bybel, en die “teks”

July 2, 2009

Interessant hoe mense van die Bybel praat.

  • Party kry “skrif”, of die “woord praat met hulle”, en as ek hierdie woorde hoor, dan moet ek erken, is ek sommer klaar biased. Ek hoor iemand wat die Bybel as God se gedikteerde woord lees, wat letterlik, of at least met een of ander soortgelyke verstaan, interpreteer moet word.
  • Dan is daar die wat sê: “die Bybel het gesê”. Verklap waarskynlik dat daar ‘n instink is dat dinge dalk biejtie meer kompleks is. Bietjie meer erns moet gemaak word met interpretasie. Sal waarskynlik gemaklik wees daarmee om te werk met ‘n teorie waar die Bybel in sy geheel gelees moet word, en ‘n enkele Bybelse teologie (enkele groot boodskap van wat die Bybel sê) gevind kan word.
  • Maar ek kom agter dat in sekere kringe waar ek beweeg, en veral die kringe waar ek myself gemaklik vind, ons nie een van hierdie twee uitdrukkings gebruik nie. Hoe praat ons? Ons gebruik die woord “teks”. Ons praat van ‘n teks wat gelees moet word, geinterpreteer moet word, waarin ‘n boodskap gevind moet word. Ja, ook ons vooronderstellings is duidelik. Ons dink dat daar verskeie Bybelse teologieë is, dat elke outeur ‘n eie stem gehad het, ‘n eie teologie. Ons lees ‘n teks nie primêr binne ‘n Nuwe Testament of ‘n Ou Testament konteks nie, maar binnd ‘n Pauliniese, Lukaanse, Pentateug, of selfs ‘n P of J konteks.

Waarheid in die observasie? Of is dit maar net binne my beperkte ervaringsveld waar mense so praat?

Kyk ook gerus na hierdie post waar ek verwys na verskillende maniere van die Bybel interpreteer wat aan verskillende breë wêreldbeelde gekoppel word. Ek wonder of ons vandag uit mense se taal kan aflei aan watter groep hulle die sterkste link.

voetnote: daar is uiteraard uitsonderings, oorvleuelings, en selfs contradictions op wat ek sien. Maar deel gerus jou gedagtes en belewenisse van mense se taal oor die Bybel


@Niemandt – amen! stadig met die belydenis

June 29, 2009

Ek moet erken ek lees amper niks Beeld deesdae nie. Hulle “arme-wittes-wat-alewig-vermoor-word” eensydige beriggewing het my begin kry. Toe is ek Sowetan toe, maar hulle celebrity-skindernuus wat oor die afgelope weke net meer en meer geword het begin my te kry, so ek is daarvan ook af. Partymaal dink ek ek moet dalk bietjie meer Beeld lees, want ek hoor heeltyd die rumoars van ‘n godsdiens gesprek wat daar aan die gang is wat ‘n lewe van sy eie het. Maar Nelus Niemandt vra op Twitter vir gesprek n.a.v sy artikel in vandag se beeld, so ek het bietjie gaan lees.

Skuif die volgorde van Bely, Beleef, Behoort na Behoort, Beleef, Bely, skryf hy. Bely, Beleef, Behoort is die sisteem waarin hy grootgeword het. Ek dink dit is die sisteem waarin ek ook grootgeword het, alhoewel dit nooit eksplisiet gesê is nie. Ons het immers aanvaar dat jy bely, die moontlikheid dat jy nie saam bely nie is nooit eers oorweeg nie. So ook oor beleef. So ons het gepraat oor om te behoort aan hierdie kerk waarvan ons nou klaar deel is. Selfs voor ons amptelik belydenis afgelê het. Dat ons behoort deel maar heel vlak was het egter duidelik geword as enige van die vorige twee skielik gequestion word. Waag dit om te luister na daardie liberale teoloë, en ons sal dit duidelik maak dat jy nie meer behoort nie. Waag dit om bietjie rond te kuier by van daai crazy charismatics, of dalk die weird mystics, en ons maak dit baie duidelik dat jy nie meer behoort nie. Wanneer bely of beleef op die tafel gekom het, het dit altyd duidelik geword dat behoort nie eerste bestaan het nie, maar voorwaardelik tot die eerste twee was.

Nelus pleit al ‘n rukkie hiervoor, en ek waardeer dit. In sy boek Nuwe Drome, skryf hy byvoorbeeld:

As die ryk van God ‘n sokkerklub was, sou die klub oop wees om almal as lede te ontvang – kinders en grootmense, mans en vroue, beginners en ervare spelers, vurige ondersteuners en rustige bejaardes. Net mense wat sokker haat en alles wil doen om dit met boks te vervang, sal nie welkom wees nie.

Die vraag is egter, hoe lyk iemand wat sokker haat? Ek bedoel, ek kry netnou ‘n email van die Learning Community af, en op die voorblad is tans eerste Leonard Sweet en Frank Viola se Jesus Manifesto waaroor almal nou so begin rave, en so entjie onder dit goed oor Nelus se boek. As ek egter Sweet en Viola se manifesto lees, dan wil dit vir my lyk asof mense wat sokker haar hulle is wat nie saamstem met hulle ekstreme high Christology nie. As ek Sweet en Viola lees dan wil dit vir my klink of hulle die reëls klaar gemaak het, klaar besluit het wat jy moet bely, sodat jy kan behoort, en eintlik is daarbinne sommer opgesluit hoe jy moet beleef ook. Kyk en na daai bladsy dan lyk vir my my asof selfs al weet ons dat die sokkerklub teoreties oop is, is dit maar moeilik om mense lid te maak wat sokker se reëls anders verstaan as ek.

As ek Nelus reg hoor, en ek hoop ek doen, dat maak ons die klub eers oop, en dan bepaal die wat deel van die klub is saam oor tyd hoe ons bely, en partymaal op verskillende tye verskillend bely, hang af waar ons op hierdie geloofsreis is. Tony Jones het dit vir my die beste verduidelik toe hy geskryf het oor hoe die baseball community die baseball reëls oor tyd verander. Dit bly baseball, maar die reëls skuif. En wie bepaal die reëls?

Similarly, Christian orthodoxy is held in tension by you, me, the Pope and Benny Hinn — by all 2.2 billion of us. Plus, we’re also listening to the interpretations of those who’ve gone before us — the church fathers.

Dalk bly van die beste pogings om behoort eerste te plaas die van David Bosch. Gaan lees gerus bladsy 185-187 van Transforming Mission. Hy beskryf die kerk as ‘n “international hermeneutical community“, waar sokker beteken dat ons kies om oor die Bybel te praat, dit is ons oriëntasiepunt. En almal wat saam wil praat vanuit hierdie oriëntasiepunt is welkom. Sweet, Viola, Niemandt, Van Wyngaard, en wie ookal nog wil saamkom, hier behoort ons, en daarom dat ons saam kan bely oor tyd, nie andersom nie.

Ronald blog ook in reaksie op Nelus se artikel by Wurmblikkie.


is ek in die minderheid?

June 20, 2009

Ek beleef nogals die minderheid ding die laaste paar dae.

  • Die hele Pretoria is vol turn2god advertensies, en ek het my ongemak oor hierdie storie reeds begin noem.
  • ‘n Kind bel my om info oor Godly Revolution te kry, duisende jong Christene trek mos op soontoe, maar ek het bewustelik gekies om nie te weet wat daar aangaan nie.
  • Ek kom so paar minute terug vir die eerste keer in my lewe op Finesse se website af. Jou goedvoeltydskrif? Ek kan nogals sien hoekom ek nie regtig ‘n fan is nie. Dink daaraan, die Bergpredikasie… jou goedvoelpreek… iewers link die stuff nie.
  • Ons praat vanmiddag oor my bachelors van so klompie maande terug. ‘n Goeie aand saam met vriende, paintball en ‘n braai (ja, ek het regtig goeie vriende, niks stupids aangevang nie). So paar honderd meter van die braai af was Hillsongs besig om vir Jesus te getuig met musiek, maar ek het nie gevoel ek mis iets nie.
  • Oor oom Angus hoef ek nie veel te sê nie, het al daaroor geskryf. Die grootste fenomeen onder blanke Suid Afrikaners in jare. ‘n Uitgesproke Christen, maar ek voel nie ek kan daar link nie.

Is ek in die minderheid? Eintlik glo ek nie regtig so nie. Ek het ‘n vermoede dat dit ‘n minderheid groep van my land, selfs van Afrikaans sprekendes is, wat aan hierdie lys goed link. Maar hulle is baie vocal… baie baie vocal. Hulle maak dat die grootste christelike uitgewers maatskappy in die land ‘n lewe kan maak, maar ek stap deesdae maar by hulle winkels verby, daar is nooit iets waarin ek belangstel nie, ek het immers al ‘n Bybel.

Is hulle verkeers? Ek weet nie. Ek is elkgeval lankal verby die punt waar ek hulle try fight. Deesdae gaan ek maar my gang, vertel hoe van die God waarin ek glo, die God waarvan die Bybel my leer. Tel die stukke op indien nodig wanneer ek op iemand kom vir wie die naïwe en populêre geloofsstorie nie gewerk het nie, tel die stukke op wanneer ek op iemand afkom vir enige geloofsstorie nie gewerk het nie, ek link aan die groeiende groep mense wat in hulle diepste guts weet dat dit wat vir hulle gevoer was nie werk nie, maar nog nie taal het om te verwoord hoe hulle dan oor God dink nie, en kuier veral daar waar ek nie hierdie hoef te verduidelik nie, waar almal verstaan dat ek voel soos ek voel.


turn2god en die VF+

June 14, 2009

Jy al Turn2God en die VF+ se beleide bietjie vergelyk?

Ek is tempted om my guts te spill oor revivalist movements en pogings tot teokrasieë en voortsettings van die 19de eeu se sendingideale van “die hele wêreld vir Christus in ons leeftyd” ens. Maar ek sal dit vir eers los vir iets interessanters.

Die Vryheidsfront Plus se beleid rondom territoriale outonomie:

Die ander belangrike komponent van die Vryheidsfront se beleid, is die aanspraak op territoriale outonomie. ‘n Minderheidsgroep bly voortdurend kwesbaar binne ‘n staatsbestel wat deur ander groepe oorheers word. Beskerming wat vandag met moeite beding word, kan jou môre polities ontneem word. ‘n Volk kan slegs waarlik vry wees binne ‘n eie grondgebied onder ‘n eie owerheid. Hierdie ideaal kan verwesenlik word deur ‘n evolusionêre proses, naamlik groter outonomie op plaaslike regeringsvlak wat daarna lei tot selfbeskikking op streeks-, provinsiale en uiteindelik nasionale vlak.

Elsa Meyer het egter beleef dat God vir haar die volgende sê oor ons land se regering:

Ek het ervaar dat hierdie boodskap vir al 14 bevolkingsgroepe van ons land bedoel is.  In elke bevolkingsgroep is daar leiers wat hulle mense se belange op die hart dra.  Hulle tree in vir hulle volk en is dienaars van God en mense.  As hierdie mense opstaan en hulle mense oproep om na die Here toe te draai,  sal hulle luister en God sal ons gebede verhoor en aan ons ’n toekoms vol van sy oorvloed gee!  As ons egter nie na God toe draai nie teken ons,  ons land se doodsvonnis.

Ek het beleef dat God nooit bedoel het dat volke en nasies deur politieke leiers regeer moet word nie.  Volksleiers was bedoel om mense te wees wat omgee vir hul mense en nie gedryf word deur ander belange nie.  ’n Volksraad behoort te bestaan uit die leiers van volke en ’n staatsleier behoort vir al die volke van sy land in te tree by God.  Hy/sy moet God se plan en strategie vir die land te wete kom en in wysheid sonder vooroordeel regeer.

(Ek het sommer ‘n paar interessanthede met soortgelyke kleure gemerk)

Of Elsa Meyer aan die VF behoort weet ek nie, en ek twyfel eintlik nogals. Maar come-on??? Ek’s seker nie die enigste een wat dink hier is iets fishy nie? Kyk die ooreenkomste:

  • Beide verdeel mense volgens volkegroepe
  • Beide wil nasionale politieke leierskap afskaal sodat volksleiers sterker uistaan
  • Beide voorsien uiteindelik ‘n nasionale staatsleier, maar hierdie moet bloot ‘n verteenwoordiger van die onderskeie volkegroepe wees

Ja, tannie Elsa sê baie meer keer “God” in haar stukkie as die VF, en ja, die VF lê wel klem op territoriale verdeling wat tannie Elsa nie doen nie, maar verder is die ooreenkomste vir my maar half shocking! Ek bedoel, het tannie Else nog nie Belhar gelees nie?

Maar goed, dat ek nou stop. Wat dink jy van hierdie twee beleide oor die toekoms van ons land? Dink jy dit is versoenbaar met wat daai wandering prophet, Jesus van Nasaret, geleer het 2000 jaar terug? Sien jy ooreenkomste? Sien jy verskille? Deel sommer jou thoughts, ek wil graag hoor.


ons Afrikaner private godsdiens (aka oom Adriaan part 2)

June 11, 2009

Ek het vertel van oom Adriaan se besoek aan Amahoro. Vir baie Afrikaners ‘n diep geestelike belewenis van versoening met ons eie geskiedenis, en vreemd genoeg hoor ons nou ook die stories van watse indruk dit maak op ander uit verskillende dele van Afrika, omdat die Afrikaners wat hulle ontmoet het bereid is om die donker dele van hulle eie geskiedenis eerlik oor te praat. Ek kon dit nog nie oor my hart kry om vir die vriende wat ek uit Kenia gemaak het te vertel van Ek sal nie langer jammer sê nie. Maar goed, dit net ‘n vinnige update voor ek kom by waaroor ek wil skryf. 

Oom Adriaan het sy bediende Sarafina saamgebring Amahoro toe. Hulle was saam op die stage gewees, en sy het ons vertel van die Vlok huisgesin. Die verhaal het vir my so verteenwoordigend van ons godsdiensbelewenis geklink. Twee vrae en hulle antwoorde illustreer dit:

Aan oom Adriaan Vlok is gevra: Toe jy opdragte gegee het dat plekke gebom moet word ens, het jy nooit gedink aan of dit reg of verkeerd is, waar God hier inpas, wat jou geloof hieroor te sê het nie?

Nee. Dit was ‘n eenvoudige nee, hy het nooit daaraan gedink nie.

Aan Sarafina is gevra: Het jy geweet van die goed waarmee oom Adriaan besig was? Was jy nie bang om vir hom te werk nie?

Nee, was die antwoord. Oom Adriaan hulle was goeie Christen mense. Hulle het mooi vir my gesorg, ek was soos ‘n kind in hulle huis. Hulle het selfs gesê ek moet saam met hulle aan tafel eet.

Dit is die storie van ons Afrikaner godsdiens. Ja, en van gelowiges reg oor die wêreld. Dat ons geloof ‘n tot die private sfeer geskuif het. Geloof het te doen gehad met die binne kant, dit wat tussen my en God gebeur, dalk dit wat in my huis gebeur, huisgodsdiens byvoorbeeld. Die publieke wêreld is beheer deur die magte van die ekonomie, politiek ens, dit was die magte wat mos “geweet” het hoe ‘n samelewing bestuur moet word.

Vir oom Adriaan het dit verander, maar vir ons Afrikaners het dit nie. Godsdiens gaan maar in ‘n groot mate maar oor die private, dit wat in die “binnekamer” gebeur, my geloof, so sê ons, is ‘n private saak. Die private geloof is egter ‘n geloof wat gebreek het met Jesus van Nasaret…


Adriaan Vlok “got his feet washed” @ Amahoro

June 9, 2009

Ek’s by Amahoro Africa. ‘n Netwerk van vriende en nog-nie-vriende wat saam kuier oor Afrika en die kerk aan die ander kant. Finominale lesings en gesprekke! Ek is ongelooflik impressed met die kwaliteit van Afrika-teoloë wat ons hier vind. Sal seker oor tyd meer daaroor blog…

vlok & callahanAdriaan Vlok het ons vandag besoek, en sy storie oor hoe hy voete gewas het vertel. Daardie storie het baie al gehoor, en baie van ons oor jokes gemaak al. Ek sal minder jokes daaroor maak na vandag, dit was ‘n powerfull verhaal. Maar wat veral uitgestaan het was toe Shaun Callahan, long-time kerkplanter hier van Jo’burg en stem in die emerging gesprek, wat deel van die paneel saam met Vlok was, begin vertel oor sy eie grens-ervaringe.

Hy was deel van Koevoet, as jy nie weet wie dit is nie, dan is jy waarskynlik post-PC gebore. Koevoet was die mees geweldadige been op die grens gewees, genadeloos. Shaun se sielkundige het hom egter aanbeveel om sy woede nie op ‘n sisteem te probeer uithaal nie, maar om ‘n naam te kry waaraan hy die woede kan koppel. Vir Shaun was hierdie persoon Adriaan Vlok. Hy het gevloek met die naam van Adriaan Vlok. Vandag het Shaun vir Vlok vergewe.

Dit was ‘n diep moment, en sê iets oor ons Afrikaner geskiedenis, oor ‘n regering wat sy jong manne grens toe gestuur het, baie van hulle heeltemal opgeskroef het, wat hulle glad nie voldoende, en baie keer bloot glad nie, ge-debrief het nie. Shaun was een van hierdie jong manne, en oom Adriaan in daardie regering. Shaun en oom Adriaan is simbool vir die versoening wat tussen ‘n Afrikaner generasie wat te jonk was om direk verantwoordelik te wees vir Apartheid, en die Apartheid sisteem, en hulle wat daar agter gesit het, in baie gevalle nog moet plaasvind.

Elkgeval, oom Adriaan het aangebied om ook Shaun se voete te was, en Shaun het gevra hy wil asseblief oom Adriaan se voete was, want ook hy het nodig om hierdie man op wie hy al sy haat uitgehaal het te vergewe.

Voete was mag dalk vir baie ‘n outdated ritueel wees, en hoef nie die ritueel te wees wat almal gebruik vir versoening nie. Maar vir hierdie mense is dit real, en die versoening wat hulle simboliseer is ongelooflik noodsaaklik in ons Afrikaner gemeenskappe!


jakaranda se reversed anglicization en anit-politics polemic

June 1, 2009

My dag om uit die kas te klim. Ek luister Jakaranda. Ek ken die Jakaranda 94.2 thingy wat hulle heeltyd ding, ek begin al van die omroepers se name te ken. Ek luister nou wel nie baie radio nie, net as ek in die kar is (so 2000km per maand, baie daarvan in die stad, so dis darem ‘n aansienlike aantal ure), maar as ek radio luister, dan is dit Jakaranda. Hoekom? Wel, ek dink ek mag dalk wat musiek aanbetref my tyd met so paar jaar gemis het, so ek like dit om ‘n stasie te luister wat “ou bekendes” speel, waar ek elke kort-kort bietjie Bon Jovi, Roxette, of watookal wat meer as 10 jaar oud is te hoor. Maar lately begin ek oorweeg om ‘n skuif te maak.

Aanvanklik het ek nie big issues gehad met die engelse Jakaranda omroepers wat nie Afrikaans kan praat nie, maar lately begin ek te wonder daaroor… hoekom doen hulle dit? Is dit net ek wat so gutt feel kry dat hulle speel met ‘n neo-Afrikaner nasionalisme en Afrikaanse taal herlewing, en deur op die emosies van hulle wat simpatiek tot hierdie bewegings is te speel verkoop hulle die stasie. Ek bedoel, as Afrikaners heeltyd sit en moan dat hulle taal van hulle weggevat word (wat absolute nonsens is), wat beter om jou stasie te verkoop as ‘n klomp rou engelse wat gebroke Afrikaans kom praat? Lekker reversed anglicization, of nie?

Ek is all for freedom of speech. Ek sal fight daarvoor dat ‘n meerderheid opinie nooit die stem van ‘n minderheid mag dooddruk bloot omdat hulle ‘n meerderheid is nie. Ek is heeltemal daarvoor dat verskillende opinies en ideologieë deel van ons publieke gesprek moet word wat soek na die toekoms van ons land en wêreld. Maar as freedom of speech beteken jy mag enige twak kwytraak, dan raak ek geïrriteerd. In die hele turbulent politiese tyd die laaste paar maande kan ek nie onthou dat Jarakanda my ooit gehelp het om sinvol te dink oor wat in die land aan die gbeur is nie, al wat hulle gedoen het is om die spot te dryf met al wat politikus is. Die ondertoon wat ek heeltyd hoor is dat alle politiek en politici simpel is.

Ek kan verkeerd wees, so help my as jy meer Jakaranda luister as ek, maar ek hoor die stemme van ‘n klomp ryk wit Suid Afrikaners, wat lightly rassisties is, en net heeltyd hulleself binne die safe-zone hou dat hulle nie vir diskrimenasie aangekla kan word nie, maar steeds deurlopend besig is om ‘n boodskap wat eenheid tussen arm en ryk, wit en swart afbreek, te verkondig. Maar dit is net my gutt feel.

O, en help my sommer ook met wat ‘n goeie alternatiewe radio stasie sal wees vir my om te luister? Een waat ek my musiek uit die 80’s en 90’s sal hoor, maar waar ek ook ‘n beter gesprek oor die wêreld rondom my sal hoor?


kan die kerk Zume se woorde herhaal

May 9, 2009

Soos wat die dae na die verkiesing aanstap, kry ek meer en meer vrede oor die uitslat, dink ek meer en meer dat President Zuma net dalk ‘n goeie job hiervan kan maak, ons net dalk een helse verassing kan gee. Wel, ek hoop regtig hy doen!

Ek weet die ANC het nie altyd ‘n goeie rekord van deliver op hulle verkiesings-beloftes nie, maar ek kan nie help om te wonder of die kerk hierdie woorde sal herhaal nie. Hoeveel kerke sal bereid wees om net vir een Sondag saam te bely, te onderneem, hierdie woorde:

For as long as there are South Africans who die from preventable disease;
For as long as there are workers who struggle to feed their families;
For as long as there are communities without clean water, decent shelter or proper sanitation;
For as long as there are rural dwellers unable to make a decent living from the land on which they live;
For as long as there are women who are subjected to discrimination, exploitation or abuse;
For as long as there are children who do not have the means nor the opportunity to receive a decent education;
For as long as there are people who are unable to find work, we shall not rest, and we dare not falter.

Jy kan die hele speech hier lees.


ek en universiteitsoord en hulle alternatiewe diens

May 3, 2009

Die verkiesing is verby, so tyd om bietjie oor ander stuff te post. Wel, daar is nog baie dinge so in die nadraai van die verkiesing om oor te skryf, so dalk voel ek maar net tyd om bietjie iets anders te post.

Ek is vanaand NG Universiteitsoord toe. My vorige gemeente. 2003 was my eerste jaar, en ek was aanvanklik nie groot op Universiteitsoord nie. Kan nie mooi onthou hoekom nie, dink ek het nog te sterk vasgehou aan die jeug waarby ek was op Hoërskool. So ‘n gedeelte van 2003 het ek spandeer om bietjie rond te kyk na van die gemeentes rondom die Universiteit. Maar iewers die jaar het ek net besluit: Hierdie is my kerk. En my gewig daar begin ingooi.

Tot 2007 was ek daar betrokke gewees. In die laaste jaar wat ek daar was, veral die laaste 6 maande, het ek bykans nooit die kerkdiens bygewoon nie. Dalk was jy in Universiteitsoord, niks het verander nie. 1500 sitplekke, ‘n predikant wat daar van helshoogte af afkyk, van een verskriklike hoë preekstoel af, ‘n 4-manuaal orrel, met Wim Viljoen agter hom. 1500 studente, groot pret, groot buzz, goed geartikuleerde preke, goeie begeleiding… ek kon dit net nie meer vat nie.

Elke week het een van die wyke ‘n wyksdiens gehou, ek het die wyksdienste gaan bywoon. Een of ander ou agter ‘n kitaar wat musiek maak, gewoonlik nie ‘n band wat fyn ingeoefen is nie. ‘n Erediens waar daar die eerste tekens van ruimte vir interaksie was. Minder mense. In die saal. Daar het ek gaan stilword, en partymaal saam gesels. Daar het ek meer van kerk beleef.

Ek weet nie wat van die wyksdienste geword het in die laaste 18 maande vandat ek daar weg is nie, maar vroeër die jaar het ek gehoor hulle begin ‘n alternatiewe erediens. Eintlik het hulle van alternatiewe kerk gepraat, waarop ek redelik sterk kritiek gelewer het, maar vanaand het die dominee daar eerder van ‘n alternatiewe diens gepraat.

Dit was ‘n aangename verassing. Twee ouens met kitare wat rustig musiek maak. Tussen 10 en 15 mense wat saam sing (blykbaar was hierdie ‘n baie klein geleentheid, dis gewoonlik bietjie groter). Een van die rustigste vroue predikante wat ek nog ooit ontmoet het wat die verhaal van Thomas die twyfelaar van Johannes 20 lees. Ons uitnooi om ‘n stukkie papier te neem en by van die teksverse en vrae wat teen die mure opgeplak is te gaan stil staan. Vrae wat my nogals werklik weer laat raaksien het wie ek is. Toe sit ons weer, sy begin te gesels oor die karakters in die verhaal, ons gesels saam. Ek is ‘n buitestaander, maar ek deel ook my gedagtes: “ek dink Thomas was kwaad gewees”. Dit word deel van die woorde wat besig is om op ‘n groot stuk wit papier geskryf te word, dit word deel van die preek. As ek nie vanaand daar was nie, dan was daar iets missing gewees. Sy gesels nog, oor twyfel, oor wonder, oor God en verwondering, op ‘n manier wat my kritiese menswees laat kalm word. Toe staan ons op, staan in ‘n kring. Bid vir die girl wat in ‘n ongeluk was. Sing ‘n laaste lied. Die een ou met die kitaar spreek die seën uit. Onbekende seënwoorde… hy is nie eens die dominee nie. En toe ek uitloop besef ek… hulle het nie kollekte opgeneem nie.

Dit was vir my goed gewees. Dit was vir my ongelooflik goed gewees. Ek het baie vriende wat struggle met Universiteitsoord, en ek neem hulle nie kwalik nie. Maar vanaand het ek iets van kerkwees beleef. ‘n Ruimte waar ek mag vrae vra, waar ek mag struggle, waar ek mag twyfel.